Page 3 of 8

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Fri Nov 01, 2013 4:32 pm
by Nickvn
5 minute later en hulle is weg………..

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Tue Jan 21, 2014 9:51 am
by Jean Marais
Hallo Nick, mooi 2014 vir jou. Is ek te vroeg om navraag te doen oor die beskikbaarheid van SWB en blesbokke daar by jou. Sal graag weer vir jou wil kom kuier die jaar.

Groete

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Tue Jan 21, 2014 10:45 am
by Nickvn
Hi Jean, alles van die mooiste vir 2014 vir jou ook.

Nee jy is nie te vroeg nie. Ek is besig om die finale lys by mekaar te sit vir die jag hierdie jaar. Daar is baie diere wat sal moet afkom. Ek sal jou laat weet sodra ek die pryse gekry het van die eienaar. Ons kyk om so begin Maart al te begin jag. Groete

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Tue Jan 21, 2014 3:39 pm
by Giepie
Mooi, ek dink ek is weer in vir 'n blessie of 2 dalk vanjaar.

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Tue Jan 21, 2014 7:11 pm
by Nickvn
Dit is reg so. Ek het die voorgestelde pryse aan die eienaar gestuur, wag net vir terugvoer. Die pryse gaan baie goed wees. Die jaar gaan daar n paar Rooihartbeeste en zebra ook saam met die Swart Wildebeeste en Blesbokke wees. Ek sal julle laat sodra ek die go ahead kry. Groete

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Tue Jan 21, 2014 9:09 pm
by Jean Marais
Baie dankie Nick. Ek sien baie uit om weer met jou te kan kuier. Hopelik die keer bietjie langer as die vorige keer. Sal 'n lekker groepie kan saambring.

Groete.

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Thu Jan 23, 2014 4:26 pm
by Nickvn
Hi Jean ja nee sien uit om julle weer te sien hier. Ek het die nuwe pryse gekry en vir jou ge email. Check net of jy dit gekry het.

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Thu Jan 23, 2014 4:47 pm
by ROBBIE1
Nick post sommer die pryse asb, ek weet ook van kliente wat moontlik kan belang stel.

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Thu Jan 23, 2014 6:23 pm
by Nickvn
Hi Robbie, hier is dit. Ek kan nie die spreadsheet aanheg nie, so maar in rowwe vorm hier, maar dit gee darem die pryse. Gee my n skree vir meer detail.


Bokke Manlik Vroulik # beskikbaar
Blesbok R950 R950 15 20
Swart Wildebees R2 600 R2 400 18 6
Rooi Hartebees R3 500 Geen 6 0
Zebra R5 800 Geen 3 0


Sorry die formatting wil nie werk nie. Lyk maar sleg.

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Thu Jan 23, 2014 8:42 pm
by Rasmus
Hallo Nick

Wanneer wil julle begin? Kan mens al bespreek.

Groete

Rasmus

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Thu Jan 23, 2014 9:21 pm
by Nickvn
Hi Rasmus, ons gaan vanaf die 1 Maart begin jag.

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Fri Jan 24, 2014 11:19 am
by Jean Marais
Hallo Nick

Beskikbare datums asb. Ek neem aan dit gaan weereens midweek jagte wees.

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Fri Jan 24, 2014 12:29 pm
by Nickvn
Hi Jean. Die dagboek is nog oop. Kies jou dag en laat my weet. Ja dit sal in die week wees. Daar is ook ander akkomodasie wat bietjie goedkoper is hier langsaan as jy wil oorbly.

Laat maar weet.

Re: Swart Wildebeeste in Belfast area

Posted: Fri Jan 24, 2014 1:06 pm
by Jean Marais
Dankie Nick. Ek laat jou so gou moontlik weet. Ek net met die res van die manne gesels.

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Mon Jan 27, 2014 10:24 am
by Nickvn
Hallo Almal

Vir die wat belang stel om hier te kom jag is die volgende dae nog oop.

25 Maart
8 April
15 April
22 April
29 April

6 Mei
13 Mei
20 Mei
27 Mei

Hierna is dit nog oop.

As die dae nie werk vir jou nie gee my n luitjie en ons maak plan.

Groete
Nick
0 agt 2 4525323

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Jan 28, 2014 4:53 pm
by BRNO (Pierre)
Nick, wat is die pryse van die akkomodasie?

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Jan 28, 2014 4:58 pm
by Nickvn
By die lodge (4 ster) is dit R999 per persoon bed en ontbyt.

Daar is ook naby akkomodasie 3 (ster) vir R450 per persoon bed en ontbyt. Daar is ook n "self catering" huis beskikbaar wat 6 mense kan slaap vir R400 per persoon.

Groete .

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Jan 28, 2014 5:14 pm
by Hugov
Hello Nick hoop dit gaan goed!
Kan ek asb 25 Maart vasmaak ek en Doep wil graag weer kom draai maak.

Groete Hugo

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Jan 28, 2014 6:39 pm
by Nickvn
Hier het n sandtrapper aankom wat baie van julle seker sal ken. Vanoggend saam met hom uit gegaan om n paar bokke te skiet in die mis. Kon net so 100 - 150 m sien. Eerste Blesbok geval op so 220m met die 30-06. Gelukkig het die mis gelig en kom ou Gerhard sy .375 uithaal en die SWB bekruip. Soos julle kan sien was dit suksesvol.

IMG_3627.jpg
IMG_3632.jpg

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Jan 28, 2014 6:44 pm
by Nickvn
Hugov wrote:Hello Nick hoop dit gaan goed!
Kan ek asb 25 Maart vasmaak ek en Doep wil graag weer kom draai maak.

Groete Hugo

Hugo, reg so, vas gemaak vir jou. Sien uit om julle te sien.

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Feb 04, 2014 11:36 am
by Jacod
Hello Manne... jinne maar ek was lanklaas op die blad.

H... dankie vir die invite and Nick waardeur dat jy ons weer kan help. Sien baie uit daarna soos altyd.

Groete,

Jaco

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Feb 18, 2014 12:36 pm
by Nickvn
Vanoggend se jag. Netjiese rooi hartebees bulletjie. Net so oor die 21" gemeet.
IMG_3668.jpg

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Feb 18, 2014 1:27 pm
by Gerhardu
Middag Nick

Kan jy vir my pryse stuur asb?

gerhardu375@mweb.co.za

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Tue Mar 04, 2014 2:37 pm
by Nickvn
Ons het vanoggend weer gaan jag. Die weer was maar bewolk, nat en winderig, maar die manne het mooi gegooi.
IMG_3718.jpg
IMG_3711.jpg
IMG_3716.jpg
Angelo met sy Harley Davidson.

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Wed Mar 05, 2014 8:57 am
by abba
Dankie Oom Nick vir n wonderlike dag gister en die Harley gaan ek ry!!!!!!!!!!