Page 3 of 57
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Nov 16, 2010 6:04 pm
by 243Songdaug
Stefan.
Die Ingense roer het my omtrent al aan die drink - toe hy nog in sy oorspronklike "hout tot voor" klof was met yster visiere het hy d?m goed groepeer, maar vandat ek hom 'n Leupold opgesit het is hy so steeks soos 'n donkie!
Eers loop gom ek die voorste bout waarmee die aksie in die kolf vasgetrek word tydens die pak proses GOED vas - moes hom uitkap(baie leliker woorde kom op in my gedagtes) met 'n bytel!
Toe skop hy weer sy scope uit - oor ek te haastig was om op die baan te kom en het nie sekergemaak dat ek nie tention op die scope plaas agv blokkies wat nie ewe hoog is nie.
Nadat hy ge-epps is moet al die doppies gefire-form raak - 1 uit elke 8 doppe bars in sy lengte oop.
Ten spyte van dit alles bly dit 'n lieflike roer en die nuwe doppe met hul skerp skouers lyk te sexy vir woorde - ek wag nog net vir Janjak om my nuwe kolf aan te stuur wat op bestelling is.
Volgende jaar moet daai Epps 'n Eland en moontlik 'n GROOOOOOT Botswana Koedoe skiet....
JB.
Ek stem met jou saam - 'n man kan net skiet wat hy kan sien.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Nov 16, 2010 8:13 pm
by Stefan764
Ek sal bietjie Donderdag se fotos opsit, Jagtersdok het my gehelp met n lading, nou moet die Leupold net saamspeel en sy baas stil sit...
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 7:52 am
by Stefan764
Hiers hy.
100m
7x64 Tikka
110gn IMPALA
49,9gn S355
TPL = 81,8mm
CCI200 primer
Norma doppe
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 11:30 am
by jmb
Stefan as daai groepering jou nie tevrede stel nie sal niks seker nie. Baie mooi ou maat. Nou moet jy nog net uitvind of die dem goed op die bok ook werk.

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 12:47 pm
by Stefan764
Thanks Johan.
Hehe, tervede is nie die woord nie... Nee eks baie bly. Neels het dam self breed geglimlag toe ons nader stap na die outjie toe...
Die praktiese toets sal ons doen vroeg volgende jaar! Ek is vol moed na die manne (Danie en JB) se putty-toetse!
Groete
Stefan
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 2:22 pm
by Jagtersdok
Ek het met Arnold se "black magic" hulp 'n nuwe lading vir my 270 Win ontwikkel.
Ek het TPL gekies met kryt en primer en hy het vir my lading met Quickload en die optimal barrel time uit gewerk.
Ek het toe gaan skiet en die ding het so gevorder.
Eerste toets groep van 3 skote op 100 meter
[img width=450 height=600]
http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0097.jpg[/img]
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 2:26 pm
by Jagtersdok
Toe gaan speel ek met die TPL en seat in 0.2mm inkremente dieper.
Met TPL 0.4mm dieper geseat as die oorspronklike TPL wat ek gekieshet, het ek toe die volgende 3 skoot groep geskiet op 100 meter.
[img width=450 height=600]
http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0103.jpg[/img]
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 2:27 pm
by Jagtersdok
Ek was toe heel in my skik en skuif oor na 200meter toe met die groep van 3 skote op 200 meter.
[img width=450 height=600]
http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0105.jpg[/img]
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 2:31 pm
by Jagtersdok
Ek het 'n pak PMP 150 grein Pro Amm punte gehad waarmee ek altyd fireform, en toe net om te toets het ek vir Arnold gevra om vir my met die goed ook 'n ou ladinkie uit te werk met PMP doppe wat glad nie voor berei is nie.
Daar het so gebruikte blesbok teiken op 200meter gestaan en ek besluit toe sommer mik vir die oog en kyk wat maak hy. Hier is die 3 skoot groepie.
[img width=450 height=600]
http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ge0101.jpg[/img]
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 2:33 pm
by Jagtersdok
Arnold
Ek wil net vir jou baie dankie s?. Jou magic werk. Die Nosler lading is met 9 skote uitgewerk. Die ander was net geskiet om vir myself te bewys ek bluf myself nie.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 2:36 pm
by boeta
Dok
Daai is sommer spogerig,Pragtig
Boeta
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 3:00 pm
by Arnold
Baie netjies Neels, ek is bly ek kon help.
Nou moet ek self net my eie raad volg

Het die naweek aan 'n groepering skiet deelgeneem en sommer 'n lading gevat wat ek uitegewerk het op papier. Ek skiet toe in 'n lelike wind 2 3 skoot groepe op 100m wat average op 17.36mm. Nou sal ek bietjie verder moet speel en sien hoe klein ek die groepies kan kry.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 3:25 pm
by Stefan764
Arnoldus, ek beaam, daai "magic" van jou werk! Neels het my daarmee gehelp.
Thanks
Stefan
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Sun Nov 21, 2010 3:28 pm
by Jagtersdok
Dankie manne
Dis darem nie te sleg vir 'n ou Musgrave 270 win nie. Hehehe
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Nov 22, 2010 8:36 am
by Stefan764
Wat se ou Raves altyd van die "nut" agter die "bolt"?

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Nov 23, 2010 9:40 pm
by theterminator
daai 270 van jou is kwaad, net die regte lading om die ogies uit te pik
sal ook so paar groeperings van my 243 cs instuur
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Nov 23, 2010 9:48 pm
by Jaco Bezuidenhout
Clarence
Het jou ge pm
Jaco
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Nov 23, 2010 11:17 pm
by Jagtersdok
Thanx Clarence
Met daai silencer van joy loop hy soos stroop. Soet en sah

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 9:37 am
by Rasmus
Arnold of Neels hoe werk julle metode.
Ek het die 3 skoot groep met my 303 geskiet en wil kyk of ek kan kleiner asook bietjie meer spoed. PMP 150gr spoed so om en by 2450 met 41gr S335
[img width=450 height=600]
http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 010782.jpg[/img]
Gese hornady dit moet PMP wees
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 9:55 am
by spekieries
Arnold
Jy moet ons meer vertel van Quick load en optimal barrel time. Is dit 'n program op die rekenaar wat 'n mens kan koop. Jagtersdok ek is ook hier in Centurion. Dit lyk my jy verstaan die storie. Ek dink ons moet mekaar raakloop dat ek die ding my eie kan maak.
Groete
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 10:22 am
by Arnold
Kyk bietjie hier ...
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=1
Rasmus, kry 'n draadborsel as dit jeuk maar moenie aan iets lol wat werk nie

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 11:15 am
by Stefan764
Arnoldus jy haal die woorde uit my mond uit.
Rassie, waarvoor wil jy nou aan daai .303 staan en krap, die ding gooi dan PRESIES???
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 11:52 am
by Rasmus
Dankie.
Daai was n mooi raakskoot maar ek sal graag bietjie meer spoed wou kry indien moontlik.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 12:18 pm
by Biltongjagter
Rasmus, wat van so 2800, selfs 2900vps as sy loop 24" lank is?
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 12:25 pm
by Rasmus
Jy praat seker van Impalas.........? Het hulle al geskiet hulle groep self nie te sleg nie ek ry met hulle so 2750
