Page 3 of 3
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Fri May 02, 2014 7:35 pm
by Frikkie Coetzee
Ludwig. Daai skote kan maklik onder 5 duim wees.
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Fri May 02, 2014 8:07 pm
by junglejulian
Ek dink johan van rensburg sou graag wou saamspeel daar by jou frik.hy het by sy pa hul vandag self n paar stoute skote geskiet op 700m.was ongelukkig net op ghonge gewees.
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Sat May 03, 2014 7:41 am
by Frikkie Coetzee
Julian dit is seker so. Ek sal hoor as by terug is.
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Mon May 05, 2014 8:44 am
by James Wilson
Ludwig wrote:Hier is die herwinde A-Max uit die Takbok. Hy het heel goed bymekaar gebly, maar neem in ag, impak spoed was 2357fps. Ek beskou dit as maksimum impak spoed vir die A-Max. Ek het hom nog nie geweeg nie. Sal laat weet sodra ek het. Deursnee meet nou 21mm (+- 3 x kaliber grootte) op wydste punt.
Ludwig, moet dit nie minimum wees nie?
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Mon May 05, 2014 9:02 am
by James Wilson
Ok ek verstaan. Jy gaan dus nie naby( 100-300m) skote neem nie.
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Mon May 05, 2014 9:07 am
by Geno
Netjies Ludwig! Lyk na n lekker jag wat julle gehad het!
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Mon May 05, 2014 9:27 am
by Eugene
Wat van 'n woordjie van dank aan die "slagter" wat al die koeels en mantels vir jou moes herwin?
En wat nie sy eie koeels, na 'n ywerige soektog, kon vind nie....

Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Tue May 06, 2014 3:11 pm
by Marc
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Tue May 06, 2014 3:28 pm
by Frikkiedbr
dis nou lekker leer en lees hier. En dat Ludwig weer terug is hier.
http://i531.photobucket.com/albums/dd351/EkiTeebi/Smilies/popcorn.gif
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Thu May 29, 2014 4:21 pm
by Swys14
Mooi fotos! Ludwig, wat sal jy reken is 'n goeie impak spoed vir daardie A-Max koeel?
of om meer spesifiek te wees...vir 'n 208gr A-Max uit 'n 300WM...
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Thu May 29, 2014 4:38 pm
by Swys14
Ludwig wrote:Dankie Swys. Die A-Maxe is effens harder as die V-Maxe, maar taamlik sagter as 'n gewone loodkern jagkoeel. Ek het nou tot op hede 2 takbokke, 3 koedoes en 'n rooi ribbok met die A-Max geskiet. Afstande van 200m tot 440m. Ek sal nie sê mens kan 'n onomwonde afleiding uit so klein hoeveelheid gevalle maak nie, maar as ek hieruit 'n afleiding kan maak, dan sou ek sê impakspoed op die A-Max moet maksimum 2400fps wees en verkieslik 2300fps of laer. Ek kan nog nie sê wat wat sal die minimum impakspoed wees vir die koeel om nog sy werk te doen nie, maar ek glo darm mens sal heel veilig wees tot op 1500fps impakspoed. Dit gesê, mens moet onthou die A-Max was nooit ontwerp as 'n jagkoeel nie.
Ek glo ook die koeels sal mooi werk op langer afstande en wat ek al gelees het en hierso sien blyk dit die geval te wees.
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Thu May 29, 2014 5:00 pm
by Swys14
Ludwig wrote:Vir die persoon wat lang afstande wil jag, is daar swaarlik 'n beter opsie. Ja, daar is kompetisie koeels met hoër BC's wat die F-klas en daai manne verkies, maar daardie koeels se terminale verrigting is baie wisselvallig. Die ander gewilde opsies wat weer jou sagter tipe jagkoeels is, soos Hornady SST en Nosler Ballistic Tip, het weer nie die BC van die A-Max nie. Ek het baie lank rondgelees oor watse koeel sal werk vir lang afstand jag, want ek het beplan om die geweer se kamer dimensies te ontwerp vir daadie 1 koeel so ek moes baie seker wees hy gaan werk. Ek is tot dusver nog nie 'n dag spyt nie.
Nee kyk duidelik skop hy gat!

Ek het toevallig daarvan begin lees op
www.ballisticstudies.com se web tuiste waar hulle die koeel se ternminale werksverrigting ook hoog aanslaan veral teen laer impak snelhede. Ludwig ek gaan nou vir jou 'n baie dom vraag vra maar hoe laat sny mens 'n kamer vir 'n spesifieke koeel? Jy het seker die "reamer" bietjie verander of hoe?
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Mon Jun 02, 2014 10:54 am
by henried
Baie mooi!
Re: Ludwig se jag fotos
Posted: Mon Jun 02, 2014 11:12 am
by VdWalt
Netjies!