Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by win270 »

Well said, Dimitri!! It's all about attitude, respect for both nature and prey, knowledge and personal skills WITHOUT breaking the bank with more and more gadgets to impress everyone around.

It's been a long year and let's get closure about this topic, too. A lively debat is healthy and I don't see this as having winners and losers - just common sense and respect for nature and prey.

Happy hunting and best wishes for 2014!!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Eugene »

Dimitri, die ding is tot vervelens al bespreek en ek dink nie dis nodig om dit weer van voor af te doen nie. Dit het vir my oor tyd duidelik geword, dat mense baie maklik iets wat hulle nie verstaan nie, as verdag en "oneties" wil afmaak....

My vraag is steeds: Geniet jy jou "fair chase" W&S meer! as jy ander vorme van jag as skiet kan afmaak? Indien wel, is daar mos darem 'n doel tot die gesprek! Indien nie, wat is die doel daarvan, behalwe om jouself in 'n hoër boksie as die "skieters" te plaas?

Hierdie tipe "crap" het al hoeveel gemeenskappe, kerke, forums, verenigings en vriendskappe gekos. Hoe lank gaan dit nog moet aanhou?

Ek het meer respek vir die man wat van 'n bakkie, uit 'n hide of van 'n koppie af, sy bok met een skoot doodskiet, sonder lyding en opvolg, as die "ware jagters" wat met oop visiere in die bosse rond sluip, gewaagde skote deur takke en blare vat en dan ure agter 'n gekweste bok aan voeter...

Ek hou nie daarvan om van 'n bakkie te jag nie. Dis 'n persoonlike keuse en het niks met geloof, moraliteit, politiek of etiek te make nie. Ek spandeer egter nie elke moontlike oomblik om vir bakkie jagters te vertel dat hulle eintlik tweede klas jagters is nie. Ek gaan niks daarmee bereik, behalwe om onmim en konflik te saai nie....

Dr Lukas Potgieter was 'n groot gees in geweer- en jagkringe en ek het eindelose respek vir hom en het al sy boeke opgeslurp! Hy was egter nie 'n god nie, maar 'n gewone mens met voorkeure en subjektiewe opinies. Omdat hy gesê het jy moet agter 'n bok aanloop om 'n jagter genoem te word, maak dit nie 'n wet nie.....

En as dit is, noem my dan 'n skieter, ek sal dit met trots aanvaar. Eerder as 'n "jagter" wat 'n spoor van konflik en onmim agter my laat nie....
Aim small, miss small
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by James Wilson »

Win270, ek onderbreek hierdie gesprek om net eers iets aan jou te verduidelik. Sien dit asb in die lig wat ek dit probeer oordra. So n bietjie meer as n jaar terug het dieselfde gesprek ook hier opgevlam en het baie nadelige invloed gehad op die forum. Om dit te voorkom is toe sekere stappe geneem. Hierdie topic van jou, het jy aanvanklik begin met so bietjie meer tong in die kies as noodwendig iets anders. So n lekker stukkie warm Afrikaanse skryfkuns deur een van die jagters helde van ons land. Die gesprek het stadig maar seker in n volwaardige etiese debat oor langafstandjag ontwikkel. Dit is teen die reels van die forum. Menende daar is n plek n jaar terug gemaak, en langafstand jag en die etiese vrae daarondom mag net daar bespreek word. In n poging om die lelike insidente van daardie tyd te voorkom.

Moet dus nie ophou om die debat te geniet nie, sit dit slegs op daardie plek voort. Hiermee dan die link vir almal om te gebruik soos die reels voorskryf: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=140&t=13932.

Ek los die topic vir eers oop as iemand nog op die oorspronklike skrywe van ou Dok wil reageer. Etiese debat oor lanafstand jag slegs op die link so bo deurgegee.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Dimitri »

James, since you made 3 comments on the topic before deciding that the debate should be taken elsewhere I hope you will allow me this second post.

1. For all practical intents and purposes, I disagree with your statement about risk. It is the person behind the weapon that takes the risk. The key is to practise and to be sure before taking the shot. Someone sitting at the waterhole could also take a risky shot. They could also simply be one of those people that recklessly take risks.

2.
Ludwig wrote:As jy graag die etiese aspekte van langafstand jag wil bespreek, is jy welkom om dit hier te plaas. Geen etiese besprekings rondom langafstand jag sal toegelaat word op ander onderwerpe onder hierdie afdeling nie.

Mooiloop
Ludwig
It seems to me that the rule as explained by Ludwig referred to discussions on the Long-Distance Shooting section. Win 270 did not post his article in that section therefore I don't think the rule should apply in the "Rifle Hunting" section.

Furthermore, it seems odd that there should be a special "protection" for ethical debates about long-distance shooting across the breadth of the Forum?

3. I made no mention of ethics in my previous post.

4. Win 270 started the topic. It is his topic. Since I don't believe any rules are being transgressed by discussing this in the "Rifle Hunting" section as opposed to the "Long Distance" section don't you think you should ask Win270 whether he would mind if all future comments are made in the section you referred to.

I think you are being a bit over-zealous here James.

Eugene complains that this has been debated ad nauseam yet he participates and has his say each time. And so he should. The point is that it is interesting and that as long as people post respectfully without insulting each other then we adults should be allowed to continue this discussion in this section where I don't think any specific rule has been set against such discussions.

If I have missed the reference to a rule specifically banning such discussions from the "Rifle hunting" section then I apologise.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by James Wilson »

Dimitri dankie, alles geldige punte. Ek herhaal deur te se hier was baie onsmaaklikhede oor langafstand jag en die etiesie debat daaroor. Daar is toe besluit dat as jy daaroor wil gesels sal daar n spesifieke plek wees daarvoor sal wees. Een van die redes daarvoor is dat die herhaling van sekere stellings nie gebeur nie dit het nou sopas weer gebeur. So die rede waarom dit op n spesifieke plek geplaas word is dus duidelik. Die vorige insidente het gemaak dat ons lede verloor het en ander lede neem omtrent nie meer deel nie. Ons gaan nie weer daardie kans vat nie.

Eugene het getik terwyl ek getik het

Langafstand jagetiek bespreking slegs hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=140&t=13932
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Eugene »

James, dankie, ek het eintlik gesê en gelees wat ek wou oor die onderwerp. Dimitri, daar is niks wat nog nie gesê is oor die onderwerp nie en wat ek en jy hier praat, is reeds genoem en niks nuuts nie.

Ek geniet debat, maar kom ons los dit tot die volgende artikel van een of ander bekende sy opwagting maak....
Last edited by Eugene on Tue Dec 31, 2013 2:55 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by karelroos87 »

Ek self sal nie oor sulke afstande jag nie. Ek voel die selfde as Ghillie Man aan die einde van die dag is dit jou keuse watter manier en met watter toerusting jy jou stukkie vleis meer vastrek, en watter toerusting jou en jou vermoe die beste pas, ek verwys ook na n artikel in die maand se Wild en Jag waar die skrywer se dat die enigste tyd wat jy werklik eerlik is is langs die vuur alleen net jy en die natuur. Solank die bok of watter prooi jy dan ookal in die vesier of kruishaar het, `n "respectful" een skoot dood skoot gee en nie laat "suffer" nie.

Sodra jy die sneller trek is jy verantwoordelik vir wat daarna gebeur.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Fritz »

Ek het 'n groot probleem met "namecalling" en "labelling" tensy altwee partye dit goedkeur. Kan Win270, boskamper en Dimitri asb teruggaan na my vorige post en vir my sê wat my "label" is of in watter kategorie ek nou juis val. My pa het my nie leer jag nie ek moes hom leer en sy patrone vir hom laai, dus sal so bietjie vaderlike lyding van julle kant af grootliks waardeer word.
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Boskamper »

Eisch, maar die manne raak warm, dis net n gesprek waar elke ou sy rede gee waarom hy dink soos hy dink, en doen soos hy doen, dis net n gevoel, of mening wat ons gee, baie, met "tong in die kies" gedagte, en ek dink baie sinsnedes, het nie regtig modder aan nie al dink ander deelnemers so,
Ons behoort elkeen se opinie te eerbiedig, en nie regtig modder gooi nie.
Ek is nie lank hier nie, en geniet elke oomblik en elke gesprek, en het nog nie eers n duik in die topic's gelees nie. ::)
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by James Wilson »

win270 wrote:Manne, ek weet daar is baie van julle wat fantastiese toerusting het en vaardighede ontwikkel het om netjies te skiet oor "baie ver afstande". Dis inderdaad 'n kuns op sy eie.

Lees ook aangehegte artikel deur wyle Dr Lucas Potgieter . . . mens moet die skrywer se humor verstaan en waardeer wat hy sê. Daar's baie om oor na te dink.

Geniet dit.


Manne, ek glo dat win 270 met ons iets hier wou deel wat meer tong in die kies is as iets anders asook om op die koop toe om n stukkie Africana skryfkuns gedeel. Ek wil nie topic sluit nie in die gedagte dat iemand oor die artikel en die humor en dalk so bietjie oor ou Dok wil gesels. Langafstand jagetiek egter SLEGS hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=140&t=13932
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13571
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Capt. Yoda »

Ek hou van LR jag, gadgets koop en gebruik.Elke paar maande n nuwe scope koop om te toets, self my ammo herlaai met die beste doppe en koels wat ek in die hande kan kry. Aande deur sit om die doppe reg te kry, elke lading een vir een met die hand weeg.Duisende rontes elke jaar op die baan uit skiet en oefen.Ek hou van bakkie jag as dit moet en walk en stalk om lekke te ontspan in die bosveld met my 30.06 met sy 3-9x40 scope in die hand saam met my Pa. Na alles hou ek baie van vles vat en ook van n Jak so nou en dan in die aand stamp. Is ek nou jagter D of E of is ek net deurmekaar...of het ek klaar te veel vles gevat?



So laaste een voor ek weer iets gaan gooi...
Die grootste probleem met ons jagters in die land is dat elke jagter glo hy is geregtig op n opinie teen oor n ander jagter.Bepaal jou by jou goed en doen dit tot die beste van jou vermoe.Jy weet nooit more byt die LR/Walk and Stalk/Bakkie jag/Jak jag gogga jou ook dalk.

Het eendag gehoor toe iemand n pel van my vra hoekom hy rook en weet hy hoe sleg dit vir hom is toe vra my maat vir die kerel weet hy sy oupa het 102 jaar oud geword. Heel verslae vra die ou hom toe of sy oupa ook gerook het toe se hy nee ma hy het sy neus uit ander mense se sake uit gehou.

Voorspoed vir 2014 boys
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Fritz »

Boskamper wrote:Eisch, maar die manne raak warm, dis net n gesprek waar elke ou sy rede gee waarom hy dink soos hy dink, en doen soos hy doen, dis net n gevoel, of mening wat ons gee, baie, met "tong in die kies" gedagte, en ek dink baie sinsnedes, het nie regtig modder aan nie al dink ander deelnemers so,
Ons behoort elkeen se opinie te eerbiedig, en nie regtig modder gooi nie.
Ek is nie lank hier nie, en geniet elke oomblik en elke gesprek, en het nog nie eers n duik in die topic's gelees nie. ::)
Ja nee ek kan sien jy is nie lank hier nie, nie omdat ek jou join date kan sien nie, maar omdat jy heeltemal onbewus is van hoe volatile die gesprek kan raak. Gaan kyk maar na Win270 se heel eerste post, hy het probeer om dit op 'n taktvolle manier oor te dra, nie sommer inval en begin wette neerlê oor wie nou regtig "skieters" en wie "jagters" is nie. Ludwig het juis die forum verlaat oor ouens wat net nie die nodige respek vir LA jag kon betoon nie. As jy iets slegs het om te sê oor dit, hou dit vir jouself . Ek sal nooit op hierdie forum ouens se metodes wat uit hides of wat van van bakkies af jag sleg sê, al sal ek dit nooit self toepas nie (ek jag darem so nou en dan saam kliënte van die bakkie af). Wat dink jy was dr. Lucas se siening daaroor gewees? Sal jy dit onder die boogafdeling plaas? Natuurlik nie. Daar is 'n rede hoekom win270 nie die artikel onder die LA jag afdeling gaan plaas het nie, want ek kan jou belowe, dan waas daar sewe soorte.....

Ek vra jou nou mooi, as jy nie vir alle fassette van hierdie wonderlike sport en tydverdryf 'n plekkie in die son wil gun nie, sal ek maar elke keer daar wees om jou reg te help. Dit belowe ek :). So wees nou 'n nice ou en hou op om 'n instigator te wees, en dan later kommentaar te lewer oor hoe "kwaad die manne word". Geen kwade gevoelens van my kant af nie, maar dit is goed wat gesê moet word, veral omdat jy en win270 nuut is :)

Lekker braai, lekker kuier. Sien julle in 2014
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Fritz »

Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek. - Spr 17:14
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Frederik »

Wie het die boek oor etiek geksryf ?
Almal volg maar reels en idees soos tye verander en soos dit hulle pas.
Vir my om 'n rooibok, vark of wildebeest te bekruip tot ek hom kan spoeg is net so lekker soos wat met my .270 en my spesiale lading 'n blesbok op 350m klits ek jag en jy jag jy jag op jou manier ek jag op my manier maar ek en jy JAG. Ons maak 'n dier dood so vining as moontlik oefen daarvoor kry die regte toerusting en is toegewyd daarop maar ons JAG jy maak dood en ek maak dood.

Het ek of jy enige wette oortree met ons verskillende manier van jag nee het ek met 'n lekker gevoel die aand gaan slaap van my suksesviolle jag JA ek hoop jy het ook en voel nie sleg dat jy net 1km geloop het voordat jy jou rooibok geskiet het nie en nie 5km nie maar die resultaat is dieselfde ons JAG en maak diere dood. Ek sien nie die antis baklei oor watter dier eers gered word voor die ander nie hulle is almal ANTI.
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by roux cf »

Frederik,

Baie dankie! Ons as jagters, almal van ons, het genoeg probleme van mense wat teen ons stry en baklei! Kom ons respekteer mekaar, en bevorder jag as n geheel, nie net sekere aspekte nie!

Kom ons los die "tong in die kies", want na my mening is dit sommer net n verskoning om iemand te byt en nie die gevolge te wil dra nie!

Mooiloop in 2014
Groete,
CF
Locked