Page 3 of 3

Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke

Posted: Thu Jul 16, 2015 7:24 am
by Giepie
Wanneer gaan Koos Barnard 'n boek skryf? Ons wag Koos. ;D

Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke

Posted: Thu Jul 16, 2015 7:33 am
by win270
Wie van julle het dalk die boek van oorlede Prof Fritz Eloff gelees, "Jagters van die Duine"?

Dit handel oor die Kalahari-leeus.

Ek sien dis hier beskikbaar:
http://protea.bookslive.co.za/blog/2014 ... die-duine/

Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke

Posted: Thu Jul 16, 2015 8:32 am
by tau
win270 wrote:Wie van julle het dalk die boek van oorlede Prof Fritz Eloff gelees, "Jagters van die Duine"?

Dit handel oor die Kalahari-leeus.

Ek sien dis hier beskikbaar:
http://protea.bookslive.co.za/blog/2014 ... die-duine/
Ek het in 2005 gewerk in die Kgalagadi en as geskenk op my vertrek uit die Kaap het my Ma die boek vir my gegee. Ek het Loffiesdraai op 'n tyd weekliks verby gery amper. EK was die gids vir die nossob Eco-roete en het oor die 100 aande in my tent geslaap in 2005 in die park. So ek kon my in die boek inleef. EK moet se dit is versot daarop om 'n boek oor 'n area of avontuur te lees en dan in die area te wees of te gaan.

En van Leeus rol het ek nie geglo nie, tot ek dit gesien het. Daai kat vat houe en breek nie sommer soos 'n mens nie :):

Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke

Posted: Thu Jul 16, 2015 8:41 am
by ANDRIES
Ek is mal oor Ron Thomson se boeke veral die een wat hy nou net beskikbaar gestel het en wat handel oor die bosoorlog.

Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke

Posted: Thu Jul 16, 2015 8:43 am
by matewis
Andries, wat is die boek se naam?

Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke

Posted: Mon Dec 28, 2020 5:55 pm
by Hennie Oelofse
Ek is opsoek na Kevin Robertson se "Africas most dangerous" as iemand dalk kan help of wil verkoop.