Page 3 of 25

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 2:14 pm
by tafjak
Jake 1

Dit nou nie 'n gegewe dat die groter sal stiller/sagter wees nie. Te veel al gesien die piekeniene van kd's al groot wenkbroue laat wapper het

Mooiloop

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 2:56 pm
by JPS
Taffie baie waar,

Het al kd amper so groot soos exaust pyp gehoor wat nie so stil was soos baie kleiner Terminator nie.

Enigste rede wat ek nou ander KD na kyk is die gewig van die terminator. Van prone skiet en agterop die bakkie ens. Het ek geen klagte met myne nie het op 3 gewere. Probleem is in die bos loop met hulle. Hy maak jou klaar. En ek skiet op heeltemal ander plek met en sonder die KD. So kan ook nie net afhaal nie.

Groete
JP

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 3:42 pm
by Jake1
tafjak wrote:Jake 1

Dit nou nie 'n gegewe dat die groter sal stiller/sagter wees nie. Te veel al gesien die piekeniene van kd's al groot wenkbroue laat wapper het

Mooiloop
Dit is wat ek wil hoor ja, die decibels meter gaan ons die antwoord gee ;)

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 3:48 pm
by Jake1
Ek is deur 'n knaldemper vervaardiger van een van my knaldempers aangesê dat te veel klankdemping jou spoed gaan laat inboet.......... :confused: Is daar enige waarheid in hierdie stelling?

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 3:54 pm
by Frikkie Coetzee
Taffie

Ek is baie tevrede met die nuutste ontwerp daar van die Spitskop af. Werk baie mooi en is so stil soos Oubaas van Tonder se KD.

PS Moes jy nie die week hier by ons wees nie? Ek het vir Sakkie gese as jy kom moet jy gou draai kom maak.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 4:06 pm
by tafjak
Gromit

Ek moes al gisteraand daar gewees het. My pa ongelukkig in hospitaal van gister. Sal more deurry Tarkastad toe. Is die heel naweek by julle. Langs Spitskop, moet reeds bietjie draad op loop kry daar vir nuwe kd

Sien julle verseker

Mooiloop

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 4:08 pm
by BRNO (Pierre)
Lamtjop wrote:Roberto, Geno en ander wat al baie knaldempers op een geweer getoets het. Het jul groeppering verander tussen verskillende fabrikate, was dit soveel dat n lading verander moes word?
Groete Tjops
Lamtjop, die KD kan wel n verskil in POI te weeg bring, vernam die swaarder Kd's, maar jy kan gerus lading ontwikkeling met die kd doen, en dan daai lading netso gebruik sonder die kd.
Jake1 wrote:Ek is deur 'n knaldemper vervaardiger van een van my knaldempers aangesê dat te veel klankdemping jou spoed gaan laat inboet.......... :confused: Is daar enige waarheid in hierdie stelling?
Jake, daar is al wel gevind hier op die forum, dat met en sonder kd's wel n spoed verskil het, maar dit is amper weglaatbaar klein. My spoed op drie gewere verskil maks 30fps, en ek dienk die een is vinniger en die ander stadiger.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 7:43 pm
by Wouter Roets
Manne

Ek sal darem bitter graag wil weet wat die logiese verklaring sal wees hoe n knaldemper spoed kan verlaag. Wag in groot spanning vir hierdie verduideliking by die radio.

Groetnis
Wouter

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 7:47 pm
by Silent Hunting
Wouter,

Soos ek hom verstaan moet die koeel deur die gasse gaan nadat alles die loop verlaat het. Met kd gebeur dit nie. Dit kan NET maak dat spoed effe verhoog. (In kort)

Henk

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 7:51 pm
by bullseye
Ek weet nie of ek my verbeel nie maar n langer loop met silencer klink sagter as kort loop met silencer

Bullseye.

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 7:54 pm
by Silent Hunting
Klank verder van jou oor af........

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 9:01 pm
by Karooklong
Manne ek het 2 van Henk - Silenthunter reflex dempers op.

Een op die .243 en een op die dikloop Howa en verlede Saterdag skietdsg gehad en die peanut gallery sê hulle is baie sag. My pa vra die ander dag is jy seker die ding is reg want mens hoor amper nie die skoot nie - buite in die veld op die Karoovlaktes. My hele ondervinding van Henk se diens en sy dempers is baie baie goed !

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 9:40 pm
by Jake1
Wouter Roets wrote:Manne

Ek sal darem bitter graag wil weet wat die logiese verklaring sal wees hoe n knaldemper spoed kan verlaag. Wag in groot spanning vir hierdie verduideliking by die radio.

Groetnis
Wouter
Wouter, dit was 'n knaldemper vervaardiger wat my die interessante verskynsel vertel het..... :confused: ernstig. ;D

Re: Stilste silencer

Posted: Wed Apr 16, 2014 10:41 pm
by Kalahari
El het 'n Moose KD op, dit is al waarmee ek nog te doen gehad het, so ek kan niks verder sê nie, behalwe dat die Moose redelik duur is en vir my baie lekker werk. Ek bekruip met die bakkie en jag saans uit my skietstoel so gewig en daardie detail pla nie te veel nie.

Hierdie is in die aand geskiet met 'n redelik hoë lugdruk.

https://www.youtube.com/watch?v=1eGW-30 ... e=youtu.be

Re: Stilste silencer

Posted: Thu Apr 17, 2014 6:52 am
by BRNO (Pierre)
Kalahari wrote:El het 'n Moose KD op, dit is al waarmee ek nog te doen gehad het, so ek kan niks verder sê nie, behalwe dat die Moose redelik duur is en vir my baie lekker werk. Ek bekruip met die bakkie en jag saans uit my skietstoel so gewig en daardie detail pla nie te veel nie.

Hierdie is in die aand geskiet met 'n redelik hoë lugdruk.

https://www.youtube.com/watch?v=1eGW-30 ... e=youtu.be
Johan, laat ons nou nie doekies omdraai nie, daardie Moose werk darrem wraggies ook baie goed.

Jy kan jou asem nogals lank ophou ne. ;)

Re: Stilste silencer

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:32 am
by Geno
Kyk, volgens my is die Terminator sie KD waarteen ander gemeet moet word.
.25-06, 75gr V-Max teen 3550fps. Ek het 'n loop klaar geskiet met die KD en is bitter tevrede gewees.

http://youtu.be/L9nPNHoG-t0


Re: Stilste silencer

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:45 am
by Beretta
Geno
Stem my derde loop met dieselfde demper

Re: Stilste silencer

Posted: Thu Apr 17, 2014 2:40 pm
by Kalahari
[quote="BRNO (Pierre)"]Johan, laat ons nou nie doekies omdraai nie, daardie Moose werk darrem wraggies ook baie goed.Jy kan jou asem nogals lank ophou ne.

Pierre, as ek die finansies kan bybring sal ek seker nie iets anders gebruik nie.

Jy het mooi geluister ;) , ek het ook die volgende oggend eers agtergekom ek het nog so 'n blou skynsel in my gesig gehad na daardie langerige skoot ++>:

Re: Stilste silencer

Posted: Sat Apr 19, 2014 10:07 pm
by MEERKAT
By die veldskiete is dit nogal interesant as die manne in 'n ry le en skiet en na die skietery begin het dan praat die toeskouers oor 'n spesifieke skut se silincer wat abnormal stil is (meer 'n fluitgeluid) 9 uit die 10 is altyd dieselde fabrikaat maar laat ons eers wag vir amptelike uitslae, soos iemand gese het menslike ore is bedrieglik. Ons kry die komende week 'n silencer / blitzbreker kombinasie waaroor met groot lof gepraat word en blykbaar baie stil is. Miskien kan die ene ook getoets word Geno?

Groetnis
MEERKAT

Re: Stilste silencer

Posted: Sun Apr 20, 2014 4:21 pm
by cassie_calvinia
die stilste silencer is ongetwyfeld, die man sin wat links van my skiet, want daai oor van my is maar taamlik doof! haha

Re: Stilste silencer

Posted: Sun Apr 20, 2014 6:30 pm
by Silent Hunting
Ek sal weer links voor kom sit.

Re: Stilste silencer

Posted: Sun Apr 20, 2014 6:36 pm
by cassie_calvinia
Silent Hunting wrote:Ek sal weer links voor kom sit.
en monriqe agterop in die sneeu!

Re: Stilste silencer

Posted: Sun Apr 20, 2014 7:00 pm
by Silent Hunting
Hahahahaha. Net so. Hy mag die keer warmer aantrek.

Re: Stilste silencer

Posted: Sun Apr 20, 2014 7:00 pm
by cassie_calvinia
nee, nie warmer aantrek, net voor in die bakkie sit! haha

Re: Stilste silencer

Posted: Sun Apr 20, 2014 7:01 pm
by Silent Hunting
Op Ansie se stoel?