Page 3 of 9
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Feb 09, 2015 10:35 pm
by fanie.myburgh
DWB wrote:Dit sal nie ideaal wees om met ou army ammo te jag nie.
Jy soek sagtepunt ammunisie
Ek stem saam ek sal maar net oefen met die weemag ammo. ek het baie lank laas oop visier geskiet. Ek sal bietjie die 174gr hornadys try en kyk wat hulle maak.
Dankie.
Sjoe dis darm n mooi Kameelperd daai..
Groete
Fanie
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Feb 10, 2015 5:14 pm
by Broadbandboer
PhilipJordaan wrote:fanie.myburgh wrote:Broadbandboer, Ek wou nou ook dieselfde se.... Ek het laas jaar 'n .303 wat ek by my oupa gekry het ook oopvisier gehou.. Ek het 'n paar weermag rondtes wat ek mee kan oefen.
Is hier manne in die Bende wat met .303 skiet? Wat se patrone gebruik of laai julle? Hopelik kan ek ook deel raak van die bende in die winter..
Groete
Fanie
Hallo Fanie. Ja man, die 303 manne is volop op die forum. Om jou vraag te antwoord oor ammunisie, 174 grein Hornady Ronde neuse en S335 loop soos pap en kaiings!
Presies wat Philip gese het.
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Feb 12, 2015 6:29 am
by Suikermuis
Goeiedag almal
Ek het verlede jaar die voorreg gehad om eienaar van n 303 No4 Mk1* te word, steeds in sy oorspronklike vorm. Baie groot pluspunt van die wapen is dat hy steeds die Parker Hale gaatjievisier op het. Val gaatjievisiere ook onder hierdie onderwerp of is ek nou waar ek nie hoort nie?
Rondom ammunisie laai ek 174gr Frontier Spartans voor S335 kruit. Dis n spesiale roer wat vir my sentiment het, so ek skiet nie heeldag en aldag met hom nie. Hy het darem verlede jaar sy eerste bok, n rooihartbees, platgetrek. Hierdie jaar is daar of n gemsbok of n rooihartbees op die spyskaart.
Indien die gaatjievisiere nie onder hierdie onderwerp pas nie ra ek om verskoning. Sit maar die flikker aan en gaan verby.
Groete
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Feb 12, 2015 6:31 am
by DWB
Hy tel ook darem!
Re: Oop visier bende.
Posted: Sun Feb 15, 2015 8:11 pm
by Johan van Wyk
Ek het al `n hele paar bokke met my .318 geskiet met die oopvisiere. Dit doen mens goed om af en toe so bietjie te bekruip.
Re: Oop visier bende.
Posted: Sun Feb 15, 2015 9:03 pm
by Suikermuis
Stem saam met Johan van Wyk. Darem lekker om hulle te bekruip en te moet werk vir daai stukkie biltong.
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Mar 03, 2015 9:22 am
by DWB
Kan hierdie seker bylas:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/IMG-20150228-WA0020.jpg
Die gat wat die 404 op die uitgangswond gemaak het was groter as verwag.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/IMG-20150228-WA0011.jpg
Mooi die are bo die hart af geskiet.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/IMG-20150228-WA0015.jpg
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Mar 17, 2015 7:04 pm
by Suikermuis
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Mar 17, 2015 7:40 pm
by Philip_R
My .375H&H is ook nou so maand oopvisier, gaan n paar wilde varke soek met hom.
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon May 25, 2015 10:07 am
by Smitstertjies
Het lekker oop visier rooibok gejag die naweek. Het hierdie outjie vir so 3 ure gestalk met die 416 en toe naby genoeg gekom.
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon May 25, 2015 10:13 am
by DWB
Welgedaan! mooi gemaak!
Ek moet seker nog my foto ook hier by sit

Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Mar 07, 2016 7:29 am
by Suikermuis
Goeiedag almal
Saterdag middag het ek en my vrou gou na ‘n dam gaan kyk. Sy het bestuur en ek het agterop gestaan. Oom Tripod het my onlangs gehelp om ‘n lading te kry vir die 125gr Kriek jagkoeëls in my 6.5x58 en ek was baie gretig om hulle te gaan toets. Terwyl sy stadig in die paadjie gery het, het ek ‘n vlakvark gesien, afgeklim en vir haar gewys om aan te ry. Die vark het gelukkig op die bakkie gefokus, wat my die geleentheid gegee het om versigtig nader te gaan. Op ongeveer 60m het die Portugees gepraat.
Vlakvark 07.03.2016.jpg
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Mar 07, 2016 7:47 am
by DWB
Baie mooi! Baie geluk
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Mar 07, 2016 7:49 am
by Hilux01
Lekker
Julle manne wat so vroeg in die jaar al julle rekeninge oopmaak maak my jaloers
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Mar 07, 2016 7:58 am
by Dolf014
Suikermuis; ek het nou amper gedink jy het my mauser se vark foto gesteel.
Ek het die varkie met dieselfde geweer as jy geskiet.
Nogal n groot ooreenkoms tussen die 2 fotos.
Groete.
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Mar 07, 2016 8:59 am
by Alwyn
My BWB van laas jaar met die 404 by Carl hulle..
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Mar 07, 2016 9:01 am
by DWB
Baie Mooi Alwyn,
Manne, net dat julle weet, Alwyn het nie 'n kalf geskiet nie, hy homself is net effens van 'n bulletjie!

Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 4:19 am
by Pappabeer
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 7:41 am
by Carlc
Baie mooi diere daai PB. Maak my sommer baie jaloers. Dink ek moet my 9x57 mauser afstof en 'n trippie bos toe reel net vir hom. Hy is ook nog oop visier.
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 8:19 am
by Pappabeer
Dankie Carl. Die 9x57 is n uitstekende kaliber. Watse geweer het jy?
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 10:16 am
by Carlc
Dis n Obendorf mauser. Dit was my pa se grootwild geweer wat hy in die laat 50s en vroeè 60s in wat nou die DRC is gebruik het. Dit was maar n nood leer bid geval want dit was die enigste kaliber groter as 7x57 wat hy kon kry waarvoor hy genoeg amunisie kon kry. Buffel en leeu was volop en hy moes gereeld probleem diere wat naby die myn waar hy gewerk het "uitgesorteer" het.
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 10:36 am
by DWB
Lekker Dewald!!!!!!!!!!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 12:41 pm
by BenJacobs
My een 303 is my oop visuur skiet yster. Ek het ongelukkig nog net makoue en kolganse met hom keskiet. Ek het egter eendag amper 'n groot fout begaan:)
Ek sien 'n groep kolganse vlieg en in die kamp oorkant my gaan sit. Ek skat hulle op so 400m en ek wil die kans vat op die grootste een in die middel. Nou op daai afstand maak die visuur die hele gans toe. Ek lê toe aan skiet. En toe word die gans 'n springbok. Die bok het gelê en na my kyk. Gelukkig is dit toe 350m en nie 400 nie. Ek kry darem die 500m gong hier by ons so 3 uit elke 5 skote raak.
Groete Ben
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 1:49 pm
by ruaanb
Lekker mnr Beer mooi bokke!
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 5:12 pm
by Pappabeer
Carlc wrote: Sat Mar 07, 2020 10:16 am
Dis n Obendorf mauser. Dit was my pa se grootwild geweer wat hy in die laat 50s en vroeè 60s in wat nou die DRC is gebruik het. Dit was maar n nood leer bid geval want dit was die enigste kaliber groter as 7x57 wat hy kon kry waarvoor hy genoeg amunisie kon kry. Buffel en leeu was volop en hy moes gereeld probleem diere wat naby die myn waar hy gewerk het "uitgesorteer" het.
Carl dis werklik n lekker geweer om te hê, en goed dat hy in die familie bly. Ek kan aan min kalibers dink wat meer underrated is as die 9x57. As ek n A of B graad Mauser by my versameling kan voeg doen ek dit môre. Daar was onlangs n geboor-en-tapte een op gunafrica, maar ek vermoed hy het n nuwe kolf ook. Nie wat n ou soek nie.