Page 3 of 80
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 28, 2011 6:58 am
by Christo
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 28, 2011 7:20 am
by Geno
Shindzela (Pierre) wrote:
Geno
Dis meer eintlik n vakansie oord, die plaas deel kom maar tweede - Thaba Monate Game Lodge.
Ek ken daai plek, het skool gegaan in Warmbad.
Jou buurman was my tegniese tekene onnie, George Baartman.
Hy maak messe, of eintlik kuns stukke.
Groete,
Eugene
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 28, 2011 7:25 am
by Freek
Die w?reld is klein, ek was op Nylstroom geno. Lekker rugby gespeel daar by julle... Naboom was die sterk span daai tyd.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 28, 2011 10:00 am
by Geno
Freek wrote:
Die w?reld is klein
Nes jy daar se mater!
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 28, 2011 10:52 am
by Skolla
Freek wrote:
Die w?reld is klein,
Snaakse gesegde die bostaande - want dit is heel moontlik die grootste ding wat ons mense ooit sal ken.

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 28, 2011 6:02 pm
by 222SAKO
Middag almal,
Nuut op site en reeds heelwat geleer!
Hoop ek kan ook 'n bydrae op 'n stadium maak.
Karoo groete!
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 28, 2011 9:15 pm
by KSV
222SAKO,
Welkom mater, gesels saam? Klomp hoenders van enerse vere hier.
Maak mooi!
Hein
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 29, 2011 7:15 am
by Stefan764
Skolla wrote:
Freek wrote:
Die w?reld is klein,
Snaakse gesegde die bostaande - want dit is heel moontlik die grootste ding wat ons mense ooit sal ken.

Oom Skolla dit lat my dink an wat n ou my noudiedag se toe iemand hom se die lewe is kort. Hy se toe: " man! Dis die langste ding wat ooit met jou sal gebeur!!"
Groete
Stef
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 29, 2011 7:42 am
by Skolla
Stefan764 wrote:
die lewe is kort. Hy se toe: " man! Dis die langste ding wat ooit met jou sal gebeur!!"
Stef
Daai is ook waar.
Moet s?, dit voel nie aldag so as jy die ouderdom nader waar die uitgegroeide bome begin kap word nie.
Groete
Skolla
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 29, 2011 8:21 am
by Wouter Roets
222Sako
Baie welkom hier en hoop jy geniet dit! Ek is seker jy sal n bydrae kan maak!
Groetnis
Wouter
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 29, 2011 9:47 pm
by roux cf
222sako
welkom maat! Ek is bly om te sien ek's nie die enigste 1 wat hou van daai klein, vinnige kaliber nie
222 groete, Charl

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 29, 2011 10:25 pm
by JPS
Baie welkom 222Sako, seker jy sal baie hier leer soos ek ook elke dag doen.
Groete
JP
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Apr 02, 2011 8:43 pm
by Blackie Swart
Hi daar julle.
My naam is Blackie Swart en woon in Alexanderbaai in die Noord Kaap.Ek jag al die afgelope 5 jaar jakkalse maar het die jaar eers dit op meer ernstige wyse begin doen.Ek was ongelukkig ook 1 van die mense wat gedink het dat ek behulp van n cd uit die bakkie die jakkies kon skiet.Dankie aan Neil van ROSH PINAH in Namibie wat my oe oopgemaak het en my gewys het hoe om dit reg te doen.Ek nou in tussen vir my n Foxpro aangeskaf en n skietstoel gebou.Ek het reeds sukses behaal rondom my en in die Boesmanland.Glo met alle inligting wat verkry word by die forum kan ek net vorentoe gaan.

Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Apr 02, 2011 8:52 pm
by Monrique (SJ)
Baie welkom Blackie, geniet dit.
Groetnis
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Apr 02, 2011 8:55 pm
by KSV
Blackie,
Welkom en geniet. Jy moet daai poliesman van Karasburg se hy moet jou mooi leer.
Maak mooi!
Hein
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sun Apr 03, 2011 7:01 pm
by Stefan764
Welkom Blackie Swart!
"Oh Liewe Lulu.......sal jy vanaand by my kom doedoe.....die liefde brand hier in my hart soos voodo...." hahahahaha, mis ek nou Stella Beesfees
Groete
Stefan
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Apr 04, 2011 9:37 am
by Joey
Hi daar,
Nuut op site........ek geniet al die insette en informasie eb probeer soveel moontlik op te lees. Slegs Tikka 222 Rem op die oomblik maar my Rem 700 .308 is oppad!
Groete
Joey
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Apr 04, 2011 9:53 am
by Freek
Welkom al die nuwe mense! Moet nie net kyk en lees nie asb. stry bietjie so nou en dan ook.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Apr 04, 2011 11:00 am
by Wouter Roets
Baie welkom aan al die nuwe manne!
Geniet dit hier en soos Freek se neem asb deel aan gesprekke! Oor die algemeen is hier great ouens wat almal baie welkom laat voel so moenie skaam wees nie!
Grotnis
Wouter
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:35 pm
by Jagtersdok
Welkom manne en maninne dis lekwa om julle hier te h
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Apr 06, 2011 10:57 am
by Boeremeisie
Goeie dag!!!!!!!!
Ek is besig om 'n ekspo te doen oor die Rooijakkals. Ek wil graag weet wat dink julle: sal die rooijakkals probleem in SA opgelos kan word?
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Apr 06, 2011 11:09 am
by KSV
Daar gooi jy nou 'n klip in 'n byenes in!
Voel welkom en begin 'n nuwe topic onder probleemdier beheer en vra daai vraag daar.
In elk geval welkom weer van my kant af. Ek glo jy gaan baie hulp kry met jou ekspo.
Hier is vrinne wat by skoue omgaan en ons kant van die saak bevorder. Hulle sal weldrae 'n bydrae lewer tot jou vraag.
Maak mooi!
Hien
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Apr 07, 2011 9:43 am
by PITSMIT
welkom al die nuwe manne julle is nou op die regte plek het ook onlangs nuut aangesluit en is al klaar deur n klomp great manne gehelp met my vrae. moenie skaam wees om te vra nie hier is n smart klomp manne wat graag help.
geniet die forum
pitsmit
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sun Apr 10, 2011 9:09 am
by John
Hi almal,
Is nuut op die forum.Wil my net bekend stel.
Ek neem al 33 jaar deelaan skiet kompetisies, meestal Diensskiet en toe Combat Rifle.
Is nou al vir 2 jaar lid by SA Jag en Wildbewaring, en neem graag deel aan hul kompetisies.
Besit n 270 pre 64 Winchester en 243 musgrave.
Sal beslis voorentoe n paar vrae vra,aangesien ek nou op n laat stadium begin het om self te herlaai.
Groete
John Best
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sun Apr 10, 2011 9:46 am
by Christo Els
Welkom Johan
Wees gerus en nie gevrees om al jou vrae te vrae.
ek het ook laat begin of eintlik nog nie (wag vir wapen liksens), maar het al heelwat geleer.
Ek sien jy is van PE hoop vang vis (die in die water)
Verder gesels net leeker saam