Wat gaan aan met lam pryse????

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Smitstertjies »

wlm wrote:Smitstertjies
Die definisie van 'n prysnemer is iemand in die ketting wat nie sy prys kan verhoog as sy insetkoste verhoog nie.
Voor die onlangse opwaartse beweging was vleispryse vir 3 jaar ongeveer 30% laer as 2010. In die tydperk was daar geweldige prysstygings in brandstof, elektrisiteit, lone en veevoer. As prysnemers kon veeprodusente nie die kostestygings aan hulle kopers deurgee nie.
Ek weet nie hoe die kleinhandel sy pryse bepaal nie. Verduidelik asb. Ek vra nie om sarkasties te wees nie maar omdat ek regtig belangstel.
Manne, voor ons verder gesels, ek kritiseer glad nie die boere nie, ek kom self uit n boere familie. Ek wil net graag my kant as retailer stel, omrede soveel mense altyd die "supermark" die skuld gee as pryse hoog is. Dit was dieselfde destyds met die melk bedryf. Ek besit n Spar, so ek gaan nie namens ander groepe praat nie. As Spar retailer kan ek my vleis by enige verskaffer koop, mits ek promosies wat Spar aanbied honoreer asook aan die kwaliteit standaarde voldoen. My pryse op my rakke word absoluut deur vraag en aanbod bepaal. Ek koop karkaste aan en doen dan bloktoetse soos voorheen genoem. My mikpunt is om 20 % bruto wins voor uitgawes op n karkas te maak. Uit daai 20 % dek ek dan my uitgawes. Daar is 10 slaghuise in ons klein ou dorpie Bronkhorstspruit, waarvan 4 supermarkte is. Ek hou al die slaghuise se pryse dop, en moet somtyds my pryse drasties sny onder die 20 % marge om in lyn te bly met my mededingers. Somtyds voel ek , ek gaan nie my prys sny nie, dan kyk ek na my verkope. As ek nog steeds n sekere hoeveelheid vsn n produk verkoop al is die prys hoog, en ek is tevrede hou ek die prys so, maar as verkope begin daal dan moet ek noodgedwonge die prys laat val. So om jou te antwoord , my pryse word deur vraag en aanbod bepaal.Onthou ook asb dat markkragte baie stadig reageer. Die geweldige styging in elektrisiteit bv, gaan eers oor n jaar op kleinhandel sy invloed he. My kragrekening het verdubbel in die laaste 3 jaar, maar ek kon dit nie deurgee na die verbruiker nie. Die supermark industrie gaan later gedwing moet word om pryse agv eskom op te sit
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by 222 Sako »

Ons slag meeste van ons lammers by n slagpale wat die lammers op uitlaai gewig uitbetaal en nie die 3% aftrek storie nie. Ek moet sê die lammers hang ook nie vir dae daar voor hulle gelaai word nie. In my omgewing, Bloem, Kroonstad en n paar ander slagpales is daar nie 1 wat sy uitslag % klop nie. Het nog nooit by hom onder 49% geslag nie, meeste van die tyd 50% plus. Dit maak n groot verskil.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by sako 30-06 »

Smitstertjies wrote:
wlm wrote:Smitstertjies
Die definisie van 'n prysnemer is iemand in die ketting wat nie sy prys kan verhoog as sy insetkoste verhoog nie.
Voor die onlangse opwaartse beweging was vleispryse vir 3 jaar ongeveer 30% laer as 2010. In die tydperk was daar geweldige prysstygings in brandstof, elektrisiteit, lone en veevoer. As prysnemers kon veeprodusente nie die kostestygings aan hulle kopers deurgee nie.
Ek weet nie hoe die kleinhandel sy pryse bepaal nie. Verduidelik asb. Ek vra nie om sarkasties te wees nie maar omdat ek regtig belangstel.
Manne, voor ons verder gesels, ek kritiseer glad nie die boere nie, ek kom self uit n boere familie. Ek wil net graag my kant as retailer stel, omrede soveel mense altyd die "supermark" die skuld gee as pryse hoog is. Dit was dieselfde destyds met die melk bedryf. Ek besit n Spar, so ek gaan nie namens ander groepe praat nie. As Spar retailer kan ek my vleis by enige verskaffer koop, mits ek promosies wat Spar aanbied honoreer asook aan die kwaliteit standaarde voldoen. My pryse op my rakke word absoluut deur vraag en aanbod bepaal. Ek koop karkaste aan en doen dan bloktoetse soos voorheen genoem. My mikpunt is om 20 % bruto wins voor uitgawes op n karkas te maak. Uit daai 20 % dek ek dan my uitgawes. Daar is 10 slaghuise in ons klein ou dorpie Bronkhorstspruit, waarvan 4 supermarkte is. Ek hou al die slaghuise se pryse dop, en moet somtyds my pryse drasties sny onder die 20 % marge om in lyn te bly met my mededingers. Somtyds voel ek , ek gaan nie my prys sny nie, dan kyk ek na my verkope. As ek nog steeds n sekere hoeveelheid vsn n produk verkoop al is die prys hoog, en ek is tevrede hou ek die prys so, maar as verkope begin daal dan moet ek noodgedwonge die prys laat val. So om jou te antwoord , my pryse word deur vraag en aanbod bepaal.Onthou ook asb dat markkragte baie stadig reageer. Die geweldige styging in elektrisiteit bv, gaan eers oor n jaar op kleinhandel sy invloed he. My kragrekening het verdubbel in die laaste 3 jaar, maar ek kon dit nie deurgee na die verbruiker nie. Die supermark industrie gaan later gedwing moet word om pryse agv eskom op te sit
Ek is nie seker hoeveel betaal jy per karkas nie,maar ek verstaan nie die 20% wins mooi nie.Ek koop net n hele lam as ek lam koop aangesien die supermarkte se lam pryse te hoog is.So ek koop maar by die slaghuis.
Pryse is soos volg +/-.
Loin Chops R89/kg-R120/kg.
Shanks R89/kg - R110/kg.
Nek R89/kg
Braai chops R89/kg.
Leg of lam R89/kg - R110/kg.

So hoe maak jy dan net 20% wins?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Carl »

Sako
Bruto wins beteken Smittie koop die karkas vir R1000 en verkoop die parte vir R1200. Dan moet hy nog al sy koste ivm met die R1000 lam betaal. Slagter, verpakking & etiket, kassiere, verkoeling, huur, bydra tot kapitaal toerusting ens... en dan moet hy nog 'n rand of 2 huistoe vat. Tjoppies het dalk 40% wins waar nek net 10% op het :)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Smitstertjies »

Sako , ter inligting van almal gaan ek my bloktoets van laasweek op lam hier plaas. Soos Carl tereg genoem het, moet ek sekere dele van die karkas ver onder kosprys verkoop. Vet en bene wat nie deel van die gewone snitte is nie maak amper 15% van die karkas gewig uit, en vir dit kry ek nie eers R9 n kilo nie.

Soos julle kan sien op die bloktoets moes ek tjoppies vir R114-21 per kilo verkoop om my 20% bruto wins te kon bereik. Onthou bruto wins is nie wat ek in my sak steek nie. Dit is die verskil tussen wat ek vir die lam betaal en waarvoor ek hom verkoop. Dan kom al die uitgawes af.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by 222 Sako »

Ek sien jou punt 30 06. My lam prys is R51. Plus btw plus 20%=R69,77. Jy betaal R89 vir nek. R19.23 wie kry dit? Transport moet seker iewers bykom en wat nog?

Ek wil nie n slagpale slaghuis of wat hê nie. As mens dink die of daai ou maak te veel geld kan jy dit ook gaan doen.
Boer is my liefde en dis hoekom ek dit doen, verseker nie vir die geld.
Daar is manne wat meer presies kan sê, maar in 94 was ons min of meer 65 000 boere in die land. Nou ongeveer 32 000. Dalk is kos in die stadium nog goedkoop teen wat vir ons voorlê......
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by sako 30-06 »

Smitstertjies wrote:Sako , ter inligting van almal gaan ek my bloktoets van laasweek op lam hier plaas. Soos Carl tereg genoem het, moet ek sekere dele van die karkas ver onder kosprys verkoop. Vet en bene wat nie deel van die gewone snitte is nie maak amper 15% van die karkas gewig uit, en vir dit kry ek nie eers R9 n kilo nie.

Soos julle kan sien op die bloktoets moes ek tjoppies vir R114-21 per kilo verkoop om my 20% bruto wins te kon bereik. Onthou bruto wins is nie wat ek in my sak steek nie. Dit is die verskil tussen wat ek vir die lam betaal en waarvoor ek hom verkoop. Dan kom al die uitgawes af.
Baie dankie vir die informasie,baie lekker gesprek die.Gee n mens baie beter insig van wat werklik gebeur.
Leer baie uit die onderwerp.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by sako 30-06 »

222 Sako wrote: Dalk is kos in die stadium nog goedkoop teen wat vir ons voorlê......
Dis presies waarvoor ek bang is.
Soos dinge lyk weet ek nie eers of ons nog skaapvleis gaan kry nie.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Smitstertjies »

Daar is manne wat meer presies kan sê, maar in 94 was ons min of meer 65 000 boere in die land. Nou ongeveer 32 000. Dalk is kos in die stadium nog goedkoop teen wat vir ons voorlê.....
Hierdie wat jy se is baie waar. Ek het vanoggend na n interessante gesprek op Radio Pretoria geluister na Dr Mulder. Hy waarsku dat kospryse die hoogte gaan inskiet indien die ANC met hulle planne aangaan.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Jaco123 »

cg rossouw wrote:Ek kyk na ou state van my, in 2005\6 het ons tussen R26 en R29 vir lam gekry. Diesel was R6.10. Kyk wat kry ons nou en wat kos brandstof. As ons produkte elke week opgaan soos waarvoor ons goed aankoop sou nie gemoun het nie.
wlm wrote:Voor die onlangse opwaartse beweging was vleispryse vir 3 jaar ongeveer 30% laer as 2010. In die tydperk was daar geweldige prysstygings in brandstof, elektrisiteit, lone en veevoer. As prysnemers kon veeprodusente nie die kostestygings aan hulle kopers deurgee nie.
Dit is waar dat inset koste verdubbel het die afgelope paar jaar, maar die produsente kry nie dubbel die prys nie. Net soos ek die verbruiker kry ook nie dubbel my salaris nie. Ek het gou gekyk en my salaris het slegs met 40% in totaal opgegaan die laaste 7 jaar. Met die gevolg is, ek koop minder. My werkgewer gee ons slegs inflasie verhoging. Party mense sien die stakings en dat die mense vir 20% staak en dan 12% verhoging kry. Dit is die minimum loon trekkers en nie vir die gemiddelde ou op straat soos ek nie. Ek kan ook nie dikteer wat my werkgewer my betaal nie.

Op die einde van die dag is dit die produsent, middel man, en verbruiker wat verloorders is.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Wayne »

Smitstertjies, thanks for the break down, very interesting and obviously this shows that the Block man is a key person in the chain, he makes sure that the offcuts are kept to a min.
I also herd the other day that the average age of farmers in S.A is over 55, that is scary. The youngsters do not want to come into a business that can not pay them the big salaries that there mates are getting in cities.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Smitstertjies »

Wayne wrote:Smitstertjies, thanks for the break down, very interesting and obviously this shows that the Block man is a key person in the chain, he makes sure that the offcuts are kept to a min.
I also herd the other day that the average age of farmers in S.A is over 55, that is scary. The youngsters do not want to come into a business that can not pay them the big salaries that there mates are getting in cities.
Wayne , the biggest problem is our government. Farmers in South Africa are treated as Persona non Grata by the government. We surely are the only country in the world that treat their farmers like that. If I were a youngster and had to choose a career, it would be difficult to choose one where everyday I have to hear that I stole land, and where my safety is in jeopardy. I do not think that money is the only reason youngsters doesn't want to farm any more.

For what it is worth, I hope that Cyril Ramaphosa can become more influential in the ANC. Although he has his mistakes , I think he is one of the few that will side with the farmer.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by DawieKotze »

Smitstertjies - hoe bepaal julle die "indeks" syfer?

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Smitstertjies »

Dawie , die indeks syfer is slegs n aanduiding van die gewildheid van die snit op die karkas. Die indeks het geen invloed op die totale opbrengs uit verkope in randwaarde op die karkas nie, maar reguleer slegs hoe die pryse tussen snitte opgedeel moet word, om by die 20% wins vir totale karkas uit te kom. (DWS vir watter snit moet ek meer vra as die ander)

Bv as ek die indeks op vet verander na die van loin tjops , maar die indeks van loin tjops verander na die van vet sal my totale verkope nog steeds R 1898 uit die karkas wees, maar vet gaan nou R100 per kilo wees en loin tjops R 20 per kilo arguments onthalwe.

Ek kan met die indeks rondspeel soos ek wil, dit gaan my nie meer geld in die sak bring nie. Die indeks kan egter ook verskil van winkel na winkel. In n area waar voorkwart of kookvleis baie gewild is kan jy n groter indeks daaraan toedeel wat natuurlik die prys op jou voorkwart hoer sal maak, maar dan jou agterkwart se prys weer laat val.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by DawieKotze »

Dankie vir die verduideliking.

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by wlm »

Ai manne, dit is darem lekker as ons vriende onder mekaar die kennis so uitruil.
CG, ek het die slim manne loop vra oor die afval-storie. Klaarblyklik is die Ooskaap redelik uniek wat afvalle betref. Daar is 'n groot mark vir vars afvalle wat daagliks direk aan die publiek kan verkoop word. Noordkaap se afvalprys nader aan R20. Dit moet eers gevries word en dan vervoer word na grootmaat-kopers.
Die prys van velle het ook 'n groot invloed op vleispryse. Prys van dorpervelle het was aan die begin van 2014 rondom R150 en nou in Augustus R70. Dit is so R4/kg minder op 'n 20kg lam in die slagpale se sak.
Smitstertjies, dankie vir die bloktoets ek het weereens iets nuut geleer.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by ROBBIE1 »

Manne dankie, ekt nou omtrent gelees!!

My probleem is die boer kry R52/kg karkas gewig, maar ek betaal by die groothandelaar R75/kg, dans dit mos die ferdomde slagpale wat die geld maak!!! Ek sit met die selfde ding as Smitstertjie, Meat World, Makro op my voorstoep. Ek moef ook n bestaan maak, maar wie gaan daai rugtjops koop teen R100pkg as makro R80 vra?

Ek soek n direkte verskaffer, n boer wat ek mark prys kan betaal, my normale opmerk vat, maar volumes doen, dis volgens my die uitweg. Dan sny mens die groothandelaar uit wat meer geld as ek en die boer saam in sy blerrie sak druk, deur bokkerol te doen!!!
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Wayne »

Robbie, unfortunately we are too far from you.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Wayne »

Smitstertjies
Can I quote the figures from your block test at our next farmers meeting, I will not mention where I got it from, many members have asked what the break down of a carcass is, your print out sums it up nicely, have you got anything like this on a beef carcass.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Wat gaan aan met lam pryse????

Post by Smitstertjies »

Wayne wrote:Smitstertjies
Can I quote the figures from your block test at our next farmers meeting, I will not mention where I got it from, many members have asked what the break down of a carcass is, your print out sums it up nicely, have you got anything like this on a beef carcass.
Hi Wayne, you are more than welcome. PM me your email then I will sent it to you tomorrow. I do have for pork, beef and lamb.

One must also remember that block tests can differ from butchery to butchery and depends on how a blockman works the carcass, but this one of mine will be a very good indication of what is happening in the industry.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply