Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by Rasmus »

Gawie

Onthou in die Kaap werk alles anders. Ons die res van die mense in Suid Afrika werk met mense wat nie kan of wil Afrikaans praat nie...... In die res vd land vlot alles nie soos in die DA regeerde Kaap nie.

Elke DFO wil ook Haan op sy eie mishoop wees. Laasjaar kon die "stelsel" nie aansoeke aanvaar voor die 90 dae tydperk nie. Dit is wat ons plaaslike DFO gesê het. Nou ewe skielik het die Hoof van die SVR besluit almal wie se lisensies nie vroegtydig ingedien is nie, is kriminele......

Ewe skielik sing ons DFO ook n ander deuntjie........

As die stelsel gewerk het, en almal onder dieselfde kam geskeer was GReat! Maar ongelukkig is dit nie die geval nie.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by Gawie(13mm) »

Suikermuis wrote:
Die afgelope vier weke probeer ek by ons plaaslike DFO n afspraak kry. Elke slag as ek hom direk op sy selfoon skakel, is hy egter nie voor sy rekenaar nie of besig om prisoniers te vervoer of in n "meeting".
Dan kontak jy die stasie bevelvoerder per epos en CC die Hoof van die CFR in op die epos. Verduidelik mooi in jou beste Engels dat die DFO sy pligte versuim. As dit nie help nie, kontak jy die Provinsiale DFO en laat albei se gatte geskop word.
Jy sal verbaas wees hoe vinnig jy terugvoer kry. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by Suikermuis »

Gawie(13mm) wrote:
Suikermuis wrote:
Die afgelope vier weke probeer ek by ons plaaslike DFO n afspraak kry. Elke slag as ek hom direk op sy selfoon skakel, is hy egter nie voor sy rekenaar nie of besig om prisoniers te vervoer of in n "meeting".
Dan kontak jy die stasie bevelvoerder per epos en CC die Hoof van die CFR in op die epos. Verduidelik mooi in jou beste Engels dat die DFO sy pligte versuim. As dit nie help nie, kontak jy die Provinsiale DFO en laat albei se gatte geskop word.
Jy sal verbaas wees hoe vinnig jy terugvoer kry. ;D
Dankie Gawie, sal dit in gedagte hou.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by Hein22 »

Gawie(13mm) wrote: " wag tot ek uitgevang word, dan sal ek 'n poging aanwend".
Nie almal oortree aspris die wet nie. Somiges vergeet bloot eenvoudig. Onthou jy altyd alles? Met hierdie hele storie wat nou kop uitsteek moes ek self al my kaartjies uitpak en verval datums nagaan.
User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by Henry »

Ek het vir my Reminders opgestel op Google Calendar.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by Gawie(13mm) »

Hein22 wrote:
Gawie(13mm) wrote: " wag tot ek uitgevang word, dan sal ek 'n poging aanwend".
Nie almal oortree aspris die wet nie. Somiges vergeet bloot eenvoudig. Onthou jy altyd alles? Met hierdie hele storie wat nou kop uitsteek moes ek self al my kaartjies uitpak en verval datums nagaan.
Ek vergeet soms om my gulp op te trek, so enige iets is moontlik. ;D
Hierdie draad is op die 11 de November 2015 begin. Indien jy dit toe gelees het en nou eers wakker skrik is jy mos nou net moedswillig. Dit is nou Maart maand. Hoeveel keer moed jy nou nog herinner word?
Almal van ons wat aan 'n Jagtersvereniging behoort, is deur ons organisasies van die verwikkelinge ingelig.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by twinhunter »

Ek stem 100% saam met Gawie,deesdae word daar ook nie meer vir jou 'n "reminder" gepos om te sê dat jy jou voertuig lisensie moet hernu nie. Indien jy wel vergeet om dit te doen is jou voertuig na 21dae eintlik onwettig op die pad en sodoende het jy 'n helse boete. Dieselfde geld maar as jy nie betyds jou vuurwapen lisensie hernu nie al wat verskil is dat die boete bietjie erg is en die lank en die kort van die saak is dat die reels daar is dis maar net jou keuse om dit na te kom of nie.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by Hein22 »

Ok
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by Chevvy SS »

Ek verneem gister uit 'n betroubare SAPD bron dat daar nou "opgetree" gaan word teen alle laat aansoeke, wat die oues (sover terug as 2012) insluit. Daar is egter nog nie 'n vasgestelde riglyn oor wat die sogenaamde optrede gaan behels nie. Daar is meer as 138 000 laat aansoeke.

My persoonlike opinie is dat die CFR nie oor die nodige kapasiteit beskik om die aansoeke te verwerk nie. Daarom word ouer aansoeke nou oor dieselfde kam geskeer as die nuwes wat onder die nuut toegepaste 90 dae regulasies val. Miskien is die doel van hierdie hele oefening om nog 'n klompie handwapens uit sirkulasie te kry met mense wat gatvol vir die rompslomp is.

Ons is almal bewus daarvan dat die wet nagekom moet word soos DFO 13mm sê. Daar is egter ook nog 'n staande hofuitspraak dat die ou groen lisensies nog steeds geldig is. Daar word ook 'n hofaansoek voorberei om die nuwe twak wat deur pappegaaislaai gebruikers uitgedink is die hoof te bied.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by swc-tr »

Chevvy +1000!!
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Dringende nuusbrief vanaf SAJWV

Post by ruaanb »

Was vanoggend gou daar by my DFO vir bietjie papier werk. Saam met my is daar 'n ander persoon besig wat moet heraansoek doen vir sy bevoegdbaarheid wat al in 2013 verval het! Sy verskoning is dat Brackenfell DFO hom nooit laat weet het dat sy bevoegdheid kaartjie/sertifikaat afgehaal kan word nie. Party mense pluk net eenvoudig 'n lat vir hulle eie gatte.
Post Reply