Page 3 of 3
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 10:14 am
by VdWalt
Ben Remington wrote:VdWalt was al 2 jaar trug genooi ....maar hy kom net nie hier uit nie....hy het 'n oop kaartjie na my vark paradys toe...
Ek was miskien nog nie daar nie, maar ek jag al meer as 2 jaar baie lekker saam met jou, Myburg en die brakke. Ek geniet
die sons ondergang, die rooi sand en gras vlaktes asof ek self daar is.
Volgende jaar gaan die kersie op die koek wees as ek self my tone in die sand kan druk, na die vuur kyk terwyl
die jakkelse in die verte skreeu. Ek dink die mooi van die Kalahari is so besonders, dat die varke jag 'n bysaak
gaan wees.
My werk was goed vir my gewees en het my baie besig gehou die afgelope 2 jaar. Dis hoekom al my jagte of 'n
dag jag of dag en 'n half jag was. Volgende jaar boek ek my tyd by julle vroeg in die jaar en al die ander verpligtinge
sal maar daarby moet inval.
Hoe langer jy wag vir iets, hoe meer waardeer jy dit as jy dit kry.
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 10:21 am
by Vlakvark Soldaat
VdWalt wrote:Ben Remington wrote:VdWalt was al 2 jaar trug genooi ....maar hy kom net nie hier uit nie....hy het 'n oop kaartjie na my vark paradys toe...
Ek was miskien nog nie daar nie, maar ek jag al meer as 2 jaar baie lekker saam met jou, Myburg en die brakke. Ek geniet
die sons ondergang, die rooi sand en gras vlaktes asof ek self daar is.
Volgende jaar gaan die kersie op die koek wees as ek self my tone in die sand kan druk, na die vuur kyk terwyl
die jakkelse in die verte skreeu. Ek dink die mooi van die Kalahari is so besonders, dat die varke jag 'n bysaak
gaan wees.
My werk was goed vir my gewees en het my baie besig gehou die afgelope 2 jaar. Dis hoekom al my jagte of 'n
dag jag of dag en 'n half jag was. Volgende jaar boek ek my tyd by julle vroeg in die jaar en al die ander verpligtinge
sal maar daarby moet inval.
Hoe langer jy wag vir iets, hoe meer waardeer jy dit as jy dit kry.
VdWalt, jou gevleulde woorde doen nou absoluut niks goed vir my, rudie en striker se reputasies nie...karring maar aan om petrol op die vuur te gooi! Hahahahaha!
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 10:35 am
by Striker.
VdWalt, soos oom se, goeie goed vat tyd! Oom is 100% korrek met daai oor Nambabwe, die natuur en omgewing is aswemrowend en idillies. Ek is mal oor daai deel van die wereld. Ek sal bitter graag my eerste Gemsbok in daai geweste sal wil skiet. Dit was nog altyd my droom van kleins af. Hopelike as dinge goed uitdraai is daar 'n kans dat ek volgende jaar die geleentheid kan kry vir so 'n jag en visvang trip. Ek hou duim vas en hoop vir die beste. Anders sal die Gemsbok moet oorstaan tot 'n volgende geleentheid. Maar gaan hom nie in SA plat trek nie.
Vlakvark Soldaat, ek dink daai swaar deur is nou net met 'n sleutel gesluit. Ons sal maar hier deur die venster moet loer om te sien wat die manne terug bring van die veld af.
Nee jammer ons Hi-Jack die draad so, wou maar net graag die draad wil lewendig hou dat daai foto's van daai mooi varke kan deur kom.
Sien baie uit daarna.
Groete
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 10:43 am
by Vlakvark Soldaat
Striker. wrote:
Vlakvark Soldaat, ek dink daai swaar deur is nou net met 'n sleutel gesluit. Ons sal maar hier deur die venster moet loer om te sien wat die manne terug bring van die veld af.
Nee jammer ons Hi-Jack die draad so, wou maar net graag die draad wil lewendig hou dat daai foto's van daai mooi varke kan deur kom.
Sien baie uit daarna.
Groete
Ek self kan nie wag vir die fotos nie! Ek sal ongelukkig sukkel om deur die venster te loer, oge is so effens swak...kan wel baie beter deur die Swarovski brille sien op my 30-Suk6!
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 10:47 am
by Striker.
Ja daai is 'n bederf Vlakvark Soldaat! As jy moeg gekyk en gewag is, sal ek graag 'n kyk deur daai brille wil vat! Moet net kyk wanneer hulle kom, net nou dink hulle ons mik op hulle dan kom weld hulle sommer daai deur toe!
Ek is te bang eintlik om deur daai brille te loer, net nou wil ek nie terug gaan na myne toe nie en wat dan.....
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 10:59 am
by Vlakvark Soldaat
Hulle kyk baie mooi na die varke hahaha!
Ben, more is jou 2 dae weer verby, fotos asb! Ek dink ons sal Ben Remington se naam moet vernader na Die Regte Vlakvark Soldaat toe!
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 11:11 am
by Striker.
Ons moet dalk maar ons eie "pol" begin en 'n paar opsies vir die mense sit, hopelik na die foto's se verskyning gaan my naam vir hom sin maak, "Vlakvark Paradys Meester Skut"
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 11:28 am
by Joe13
Paar prag fotos, hou van die laaste een waar die duif inkom vir landing.
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 11:36 am
by Rudiejacobs
Manne soos dit nou lyk is deur die venster kyk maar al opsie, want deur n scope kyk lyk my nie gaan gebeur nie!
Oom VDWALT maak dit nou al moeiliker vir ons!! Hehehehe!
Striker ek dink is al van die begin af in gesweis ou maat.
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 11:43 am
by Striker.
Rudie, kyk, ek sal nie so ver gaan nie. Daai Suid-Wes manne kan moeilik raak as jy hulle verkeerd opvryf maar hulle is sout van die aarde. Nog slegs goeie ervaringe met Suid-Wes manne gehad, Daar in hulle geweste en hier waar hulle in die vreemde is.
Ek wonder of hierdie nie 'n kwessie van Oos teen Wes Rand vir oom VdWalt is nie

Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 12:32 pm
by Rudiejacobs

Ja Striker ek dink jy slaan die spyker op die kop met die oos teen wes ding!
Is Kuruman nie in die noord kaap nie?
Is ek nou van die pad af?
Re: Paar om die krip...
Posted: Thu Nov 26, 2015 12:45 pm
by Striker.
Hahaha

. Ja jy is heeltemal reg. Kuruman is in die Noord-Kaap. Dink dit is waar hy bly. Maar soos ek verstaan het, het Ben gese die plaas is in Kuvukiland, en dit is daar in Nambabwe naby die Etosha panne. Of het ek nou die kat aan die stert beet?