Page 3 of 3
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Fri Feb 26, 2016 6:59 am
by Vlakvark Soldaat
En jy lees eerste oor dit hier by jaracal...
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Fri Feb 26, 2016 8:23 am
by Marc
Baie geluk, meeste sal nooit die vooreg hê om so ou man eens onder die oog te kry nie. Dis voorwaar n jag van n leeftyd !
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Fri Feb 26, 2016 9:06 am
by kopskoot
Marc wrote: meeste sal nooit die vooreg hê om so ou man eens onder die oog te kry nie. !
Koos is darem nie so' oud nie, en hy beweeg baie rond,mens sien hom gereeld by skiet dae ens.

Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Fri Feb 26, 2016 9:49 am
by Baasvark
kopskoot wrote:Marc wrote: meeste sal nooit die vooreg hê om so ou man eens onder die oog te kry nie. !
Koos is darem nie so' oud nie, en hy beweeg baie rond,mens sien hom gereeld by skiet dae ens.

Skerp

)
Manne ek dink dis 'n besonderse prestasie om so bok in die sak te kry!
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Fri Feb 26, 2016 9:52 am
by Koos Barnard
He-He!!! Ja nee, ek sien kopskoot is weer heel pittig vanoggend.
Mooi loop
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Fri Feb 26, 2016 10:10 am
by Marc
kopskoot wrote:Marc wrote: meeste sal nooit die vooreg hê om so ou man eens onder die oog te kry nie. !
Koos is darem nie so' oud nie, en hy beweeg baie rond,mens sien hom gereeld by skiet dae ens.

Minora !
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Fri Feb 26, 2016 1:02 pm
by Ferdi
So slim soos 'n boom vol uile
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Sat Feb 27, 2016 8:38 pm
by projagter
Die gewone jagter kry nie meer vandag geleentheid om so 'n bok te jag nie. Nie eens in die winter/jagtyd nie. Nie die finansies nie en ook nie die geleenthede nie. Mooi bok en sommer so in die somer as 'n tussentydse gelukkie.
Koos hoe lyk dit met 'n joppie daar by die redaksie. Ou Andre is seker groen van jaloesie dat hy nou so uitmis..
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Mon Feb 29, 2016 9:02 am
by Bedel
Ag nee wat. Andre kan nie sleg voel nie.
Hy het oor jare die treintjie se wiele op gery.
Mooi bul.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Mon Feb 29, 2016 11:29 am
by vossie1
Geluk Oom Koos,dat twee "ou" bulle mekaar nou so moet raakloop

Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Mon Feb 29, 2016 5:00 pm
by tau
Baie Geluk Oom Koos. Bitter mooi bul.
kopskoot wrote:Marc wrote: meeste sal nooit die vooreg hê om so ou man eens onder die oog te kry nie. !
Koos is darem nie so' oud nie, en hy beweeg baie rond,mens sien hom gereeld by skiet dae ens.

Kopskoot is oopkop vandag.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Mon Mar 14, 2016 11:39 am
by Bedel
Tau jou
" Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!! "
laat 'n mens mos dink.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Tue Mar 15, 2016 6:53 pm
by Smitstertjies
Daarsy Oom Koos. Ek het nou bitter lekker aan Oom se storie gelees in die nuutste SA Jagter.
Gary Player het altyd gese :" The more I practice the luckier I get" Daai bul was vir Oom bestem na al die jare se gesoek.
Wel gedaan!
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Mar 16, 2016 7:30 am
by Baasvark
Dankie Koos, ek het jou storie baie geniet!
Daar was 'n tyd toe ek nie kon jag nie (vir omtrent 5 jaar). Julle stories was die naaste wat ek toe aan jag kon kom. Ek moes my maar inleef in die stories as of ek self daar was.....
Dis lekker as die skrywer eerlik is en dieselfde menslikheid openbaar soos die res van ons!
Net een klag - die boek is te dun! Gaan jag meer en skryf meer asb!
Weereens welgedaan en dankie!
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Mar 16, 2016 9:00 am
by Suikermuis
Dankie Oom Koos vir die storie en ook vir Oom se eerlikheid oor die foutjie wat ingesluip het. Oom kon dit gelos het en niemand sou weet nie. Dit stel vir ons almal n voorbeeld.
Nogmaals geluk met die pragtige bok.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Thu Mar 17, 2016 3:44 pm
by Koos Barnard
Smitstertjies, Baasvark en Suikermuis
Baie dankie vir die mooi woorde, ek waardeer. Van my pa het ek geleer dat liegstories en jakkalsdraaie soos dwaalkoeëls is - hulle tref jou wanneer jy dit die minste verwag en dikwels waar dit die seerste maak. Daarom glo ek 'n man moet maar by die waarheid hou en jou foute erken. Dit was vir my 'n bitter pil om te sluk en net my vrou sal presies weet hoe erg dit my gepla het want sy was my kampassistent gedurende die jag. Elke aand as ek moeg en voetseer by die kamp kom het die kampvuur al gebrand en was die donkie gestook. en die kos op die kole. Juweel van 'n antie daai.
In elk geval. Ek was die afgelope paar dae in die Kruger Wildtuin. Het olifante bekruip saam met Kevin Robertson (Doctari) Naaste wat ons was, was presies 8 tree en toe dreig die bul ons. Dan voel jy baie klein. Dis 'n kursus vir voornemende buffel en olifantjagters. Jy doen ook praktiese skietwerk op drie lewensgroot olifantteikens om te sien of jy die brein kan tref uit verskillende hoeke. Baie lekker. Ek vertel meer daaroor in die Junie-uitgawe.
Mooi loop