Page 3 of 5
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 08, 2019 4:42 pm
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/4f8c9a20b3c243b19846c395fbc40e4e.jpg
Ek meet nie horings nie en ek jag vir die bok met die meeste vleis eerder as horings, maar hierdie bok se horings was bitter lank. Ek dra size XXL bike handskoene en het abnormaal breë hande met kort vet vingers


.
Bok het 25kg uitgeslag in kamp waar daar net klip en bos oor is met niks gras nie. Eintlik hartseer hierdie bok moet monster wees na normale reën en mooi gras.
2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 08, 2019 4:51 pm
by tau
Het toe op my eie so paar bokke op skoonma se wildplaas geskiet
Alles helemal te ver na my smaak. Die droogte het die bokke aan die hol en die wind het my nie kans gegee nie. Nog so een met .243 geskiet en toe oorgeskuif na 6.5 Creedmoor.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/d767610ee5e59578ab963b11a73ab1bc.jpg
Laaste bok met .243
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/e513eb96172ea20ce2bd4e41b467e320.jpg
Eerste bloed met die 6.5 Creedmoor.
Toe klaar gejag en bietjie op Ai-Ais gaan sleg-lê vir 6 dae. Vrydag toe bel bestuurder my hy kort vleis vir werkers.
Kon my verste bok met 6.5 Creedmoor skiet op 610m bietjie ver terug en bok se rug was af en net daar gelê. Kon darem vinnig opvolg met doodskoot.
Toe my laaste bok van vakansie en naaste skoot ook op 270m......toe kap ek hom agter die blad net om op 'n high af te sluit.
Ek is nou so naar vir vir vêr skiet ek wil net haelgeweer en oopvisier skiet vir drie maande

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 08, 2019 5:00 pm
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/566f27e1200b8b2d5aa1218fb9c93a91.jpg
My Laaste en naaste bok van die vakansie.
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 08, 2019 6:42 pm
by Izak H
Ek en my 2 seuns het die naweek ook so draai gery saam met vriende
20190706_114835.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 08, 2019 7:59 pm
by Rudi Fischer
Het twee keer die jaar gaan jag.
Eerste bok was n ou Eland koei wat ek net die 375 H&H met 300gr Norma Oryx geskiet het op 50m.
Skoon karkas was 180kg (naby Ellisras)
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/0afceb3e0f7120d7c6acb886307e5c72.jpg
Tweede bok was n probleem Rooi Hartebees wat die boer wou geskiet gehad het in Standerton se wereld.
6.5 Creedmoor met die 130gr Berger VLD Hunting. (Sal maar stil bly oor die afstand)
Een skoot bok het twee tree geneem en in mekaar gesak.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/e4700601700ac22951639de60d7d0c76.jpg
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 08, 2019 10:36 pm
by tau
Rudi Fischer wrote:Het twee keer die jaar gaan jag.
Eerste bok was n ou Eland koei wat ek net die 375 H&H met 300gr Norma Oryx geskiet het op 50m.
Skoon karkas was 180kg (naby Ellisras)
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/0afceb3e0f7120d7c6acb886307e5c72.jpg
Tweede bok was n probleem Rooi Hartebees wat die boer wou geskiet gehad het in Standerton se wereld.
6.5 Creedmoor met die 130gr Berger VLD Hunting. (Sal maar stil bly oor die afstand)
Een skoot bok het twee tree geneem en in mekaar gesak.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190708/e4700601700ac22951639de60d7d0c76.jpg
Baie geluk!!!
Lekker gras daar vir diere
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Tue Jul 09, 2019 8:28 am
by JacquesT (Stompe)
Well done kerels, hier is darem 'n paar mooi bokke hier met lekker stories.
Tau baie geluk met jou mooi skoot, al die oefening het afbetaal. Persoonlik dink ek jy is 'n ongelooflikke veelsydige jagter, om 24km 'n dag te stap met 'n oopvisier roer agter rooibokke aan en die vleis is in die koelkamer, en dan 'n maand daarna lang afstand jag suksesvol uit te voer, sit nie in enigeiemand se murg nie.
Groete
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Tue Jul 09, 2019 8:33 am
by tau
Izak H wrote:Ek en my 2 seuns het die naweek ook so draai gery saam met vriende
20190706_114835.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Lekker!!! Voorreg om saam et jou kinder te kan jag. My vrou of ek bestuur en dan sit kinder agter saam met skut of voor in bakkie terwyl ons plass deur ry. Ons kyk waters en drade en diere en jag so tussen-in. Vandag terug by die werk dan mis jy daai saamwees met jou mense. EK is gelukkig my vrou en kinders is gemaklik in die veld.
My Seun is 9 en kon ongelukkig nie bok kry nie, skote was net te ver. Hy het wel leer pense trek en afslag en biltong maak.
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Tue Jul 09, 2019 8:34 am
by tau
JacquesT (Stompe) wrote:Well done kerels, hier is darem 'n paar mooi bokke hier met lekker stories.
Tau baie geluk met jou mooi skoot, al die oefening het afbetaal. Persoonlik dink ek jy is 'n ongelooflikke veelsydige jagter, om 24km 'n dag te stap met 'n oopvisier roer agter rooibokke aan en die vleis is in die koelkamer, en dan 'n maand daarna lang afstand jag suksesvol uit te voer, sit nie in enigeiemand se murg nie.
Groete
Ek skiet tenminste konstant sleg

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Tue Jul 09, 2019 8:36 am
by Eugene
Pragtige bokke en verhale manne! Dis ook vir my goed dat die jonger geslag saamgeneem word en ook geleentheid kry om te leer van jag. Doen so voort!
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Tue Jul 09, 2019 8:44 am
by joe rocket
tau wrote:JacquesT (Stompe) wrote:Well done kerels, hier is darem 'n paar mooi bokke hier met lekker stories.
Tau baie geluk met jou mooi skoot, al die oefening het afbetaal. Persoonlik dink ek jy is 'n ongelooflikke veelsydige jagter, om 24km 'n dag te stap met 'n oopvisier roer agter rooibokke aan en die vleis is in die koelkamer, en dan 'n maand daarna lang afstand jag suksesvol uit te voer, sit nie in enigeiemand se murg nie.
Groete
Ek skiet tenminste konstant sleg

Nou jok jy. Van 50m oop visier tot 1080m met scope. Hoe meer jy oefen hoe beter raak jy.

. Ongelukkig kan jy nie daar op die Duitswes plaas naby skiet nie. Dit is waar veelsydigheid inkom.
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 22, 2019 2:37 pm
by J le Roux
Hierdie Waterbok bul was nou 'n lekker gelukkie.
Ons het 'n vinnige jagnaweek in die Bylsteel omgewing gereel. Met ons eerste trippie veld toe het ons heelwat Nyalas en Koedoes gesien. Ek het egter gehoop om my eerste waterbok bul te skiet.
Later het ons gelukkig 'n paar waterbokke van die bakkie af gewaar, ons het verby gehou en ek en die eineaar se seun is 'n hele ent verder afgelaai. Na wat na 'n ewigheid voel het ons die koeie raakgeloop. Die Bul was nie in sig nie. Toe die koeie ons opmerk het hulle op 'n draffie laat spaander. Die bul moes nog in die area wees en ons het verder gesoek.
So paar minute later het ons hom opgespoor, oppad watergat toe. Ek kon nie my geluk glo toe ek 'n mooi plankdwars skoot kry nie. Ek wou geen kanse vat nie, en het laat loop toe die S&B Klassik my 30-06 Howa vertel dis nou middel-blad tyd. Dubbel long skoot met 180gr Nosler Accubonds. Die bul het nog asem gehaal toe ons by hom kom, en die breinskoot is gegee omdat my 3 messe nog veilig in my jagsakkie by die kamp laat le is

.
Ek is nie 'n trofee man nie, maar is dankbaar vir die mooi vleis en die 28 duim horings.
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 22, 2019 2:59 pm
by DWB
Pragtig! Baie geluk!
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 22, 2019 3:47 pm
by ruaanb
Baie geluk met die mooi bul!
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Mon Jul 22, 2019 8:46 pm
by 30-0Kwes
Eerste "groot bok" met die 30-30. Sy het wel so 60+ meter gegaan na die skoot. 103kg karkas gewees 5ure na die skiet.
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sat Jul 27, 2019 6:11 pm
by Diesel Dog
Ons is terug van die jaarlikse springbok oes .Nie teenstaande die droogte kon ons 132 sprinbokke skiet,onderander die ram met mooi horings .
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190727/ded7dccaaa68487131eac161fa630816.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190727/e012eaa21a9676bb5722c0a434aa6d87.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190727/60da67e34e13d06cfffd29a4025cb08f.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
DD
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sat Jul 27, 2019 7:33 pm
by Gian_dP
Diesel Dog wrote:Ons is terug van die jaarlikse springbok oes .Nie teenstaande die droogte kon ons 132 sprinbokke skiet,onderander die ram met mooi horings .
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190727/ded7dccaaa68487131eac161fa630816.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190727/e012eaa21a9676bb5722c0a434aa6d87.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190727/60da67e34e13d06cfffd29a4025cb08f.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
DD
Lekker DD! 6mm HK die job gedoen?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sat Jul 27, 2019 7:49 pm
by Diesel Dog
Lekker DD! 6mm HK die job gedoen?
Mooi gewerk ,ek het op die tweede dag 7 bokke uit n trop geskiet in 3 minute tussen 302 m tot 410 m ,die ram is op 302m geskiet.Ek is baie tevrede met die kombinasie net te swaar vir leopard-crawl oor die klippe.
DD
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sun Jul 28, 2019 8:16 am
by Dale SH
DD
What do you do with all that meat ?
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sun Jul 28, 2019 9:54 am
by Diesel Dog
Dale SH wrote:DD
What do you do with all that meat ?
We get orders from friends and family and a treat for employees and the local old age home.
DD
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sun Jul 28, 2019 8:55 pm
by Karoo-jagter
Ons moes self n klompie bokke uitskiet agv die droogte in die Karoo. Bokke is maar ligter as gewoonlik. Nie lekker om bokke te sien swaarkry nie. Weet net van een ooi wat nie dragtig was nie, die bokke verwag reën. Het 80 geskiet in 4 ure met 'n voorsit jag tussen 6 skuts. Het sover 110 bokke afgehaal. En so nou en dan gebeur daar maar so glips met 'n tag ram.
20190725_151244.jpg
20190725_145842.jpg
20190628_074154.jpg
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sun Jul 28, 2019 9:36 pm
by ruaanb
Hoe kyk mens daai pienk tags mis. ?
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sun Jul 28, 2019 9:38 pm
by Blitzzz
Maklik, jy fokus op daai grote horings
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sun Jul 28, 2019 9:49 pm
by Karoo-jagter
ruaanb wrote:Hoe kyk mens daai pienk tags mis. ?
Dit is juis die probleem, in die ander oor sit nog n geel een ook. Die ram was in die aand geskiet. Sal maar volgende keer reflector tape opplak.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Posted: Sun Jul 28, 2019 9:57 pm
by ruaanb
Karoo-jagter wrote:ruaanb wrote:Hoe kyk mens daai pienk tags mis. ?
Dit is juis die probleem, in die ander oor sit nog n geel een ook. Die ram was in die aand geskiet. Sal maar volgende keer reflector tape opplak.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
dit maak sin.....reflector tape hahaha