Page 3 of 3

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Fri Apr 24, 2020 7:53 am
by william007
Baie dankie manne vir die inligting.
Ons jag redelik baie buffels, en laas jaar ons uit die klomp wat ons gejag het het 3 gestorm wat gewond is en van hulle was net kwaad, en my 375 ruger het mooi gewerk .
Ek is besig met 450 en 458 Lott dit gaan maar my backup geweer wees. Ek nie die 45-70 so goed geken nie , wou hoor wat julle gevoel is oor hom.

Weer eens baie dankie. Hoop ons kan gou weer buffels jag.

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Fri Apr 24, 2020 8:06 am
by Frederik
William die 450 en 458 lott gaan mooi werk self jou 375 Ruger oefen net om raak te skiet niks stop regtig 'n buffel nie selfs nie 'n 600NE of 700NE.
As jy so gaan bly om buffels te jag met kliente kry 'n hond en leer hom al is dit net om die buffel vir 'n sekonde se aandag af te trek, hy sal ook vinnig vir jou uitvind of die buffel wat le nog lewe of nie.

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Fri Apr 24, 2020 2:08 pm
by william007
Baie dankie Frederik. Ja ek het nou n baie oulike Wirehare terrier gekry. En hy is lekker op en wakker. Besig om hom te leer.
Ja nou Block die locdown ons n biekie. Het so lekker buffel en leeu jagte gehad. Moet maar aan skuif . Vat maar houe omdat ons nie met die kliente kan jag die jaar nie.

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Fri Apr 24, 2020 2:13 pm
by Thunderhead
Hond op n buff vat Baie van die stress weg maar Hond moet nie op band wees nie maar Los hardloop.

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 9:00 am
by Swys14
uit respek vir die swart dood sal ek nooit maar nooit 'n buffel met 'n kleiner kaliber van 'n bakkie af skiet nie...selfde geld vir 'n leeu of enige gevaarlike wild for that matter. Dis 'n persoonlike ding, ek het niks teen mense wat dit doen nie.

'n buffel is ook nie 'n melk koei nie...so as ek hom per voet jag wat volgens my die enigste manier is om die swart dood te jag soek ek 'n 505 Gibbs in my hande veral as hy gekwes is en hy WIL jou bestaan kanselleer.

Ek's baie seker jy sal 'n buffel kan dood met 'n 30 Cal en die regte koeel geplaas op die regte plek maar dit vat 'n man wat of baie braaf is of baie dom is om dit op die regte manier te doen, te voet.

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 9:31 am
by Francoisv
Ek het al baie gewonder oor die buffeljag etiek en reëls. Of die onbesproke gentleman's rules daarvan. Ek dink 'n 338 op 100 tot 400 meter sal baie effektief wees. Nie iets wat ek al gedoen het of ooit gaan doen nie. Ek wonder maar net.

Shoot straight


Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 11:23 am
by Nico de Jager
My seun het n buffelkoei met sy 270 en n 130gr Barnes TTSX geskiet.
Die koei het plankdwars gestaan en hy het haar styf agter die blad geskiet. Sy het 10 treë gestrompel en toe geval. Ek het die koeël aan die anderkant onder die vel met my mes uit gesny.
Ek stem 100% saam met wat die manne soos Wouter, Frederik en DWB hier bo sê.
Hy het egter die geleentheid gekry en op daai staduim was sy 270 die grootste kaliber waarmee hy goed kon skiet.
Dit was n once off en almal weet die 270 is nie n buffelkaliber nie.
Groete

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 12:09 pm
by Supacow
n 270 boks maar so bo sy gewigsklas

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 12:34 pm
by DWB
Supacow wrote: Mon Jun 27, 2022 12:09 pm n 270 boks maar so bo sy gewigsklas
'n Buffel se horing in jou h#l ook! :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 1:14 pm
by Capt. Yoda
Eland en Buffel het baie die selfde been sturktuur en daar is al baie Elande met die kruppel70 geskiet, verskil is net as die Eland hol hol hy gewoonlik weg van jou af en met die buffel gaan jy soos Deon se n horing in jou hol kry

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 2:24 pm
by Frederik
Capt, beenstruktuur dalk maar nie vel nie daardie los vel op buffel is baie dikker en soms ook nog gepak met modder ook.
Buffel is deur ons Vader gemaak om leeu pakslae te kan gee eland nie.

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 2:46 pm
by Capt. Yoda
Ja nee ek stem saam Frederik

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 5:04 pm
by Joe13
Nou lekker gelees, ek dink meeste van ons gewone jagters verstaan nie hoe ratel taai n Buffel is nie.

Nou dat ons gesels oor buffels, my oom het jare al droom gehad om buffel te jag en vra my altyd wanneer maak ons plan.

Hy kry toe n super werks geleentheid in Afrika en skiet/jag 21 buffels in 1 jaar. Opi poot met 375 en 416.

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Mon Jun 27, 2022 10:58 pm
by Cobus(Cobb)

Re: Buffel Jag -kleinste kalibers

Posted: Tue Jun 28, 2022 9:37 am
by Eight
Ek verstaan die minimum op buffel is n 375. Ek wonder maar net altyd oor n 338 WM met 275 A frames teen 2600fps. N premium punt met n baie goeie SD. Sy tekortkoming egter is die deersnee wat kleiner is.

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Tue Jun 28, 2022 10:21 am
by jdpretorius
Hier is so bietjie spring mielies op n koue Dinsdag Image... rakende 338wm vs 375H&H
Vir die wat nie baie hou van lees nie, het die ou ook n YouTube stukkie hier oor.

https://www.ronspomeroutdoors.com/blog/ ... mph-magnum

https://m.youtube.com/watch?v=yBQX3RtltEI


Sent from my SM-A515F using Tapatalk


Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Tue Jun 28, 2022 12:52 pm
by Frederik
[youtube]https://www.youtube.com/watch?v=nvJXWqqwIpc[/youtube]

Johan, expert se jy :laugh: :laugh:

Re: Buffel Jag -kleinste kaliber

Posted: Tue Jun 28, 2022 1:03 pm
by jdpretorius
Frederik wrote:[youtube]https://www.youtube.com/watch?v=nvJXWqqwIpc[/youtube]

Johan, expert se jy Image Image
Ja mater ek verstaan nog nie regtig die "expert" narrative nie Image.....spring miellies met so bietjie sout ja.

Meeste van ons kyk ook dalk onwillekeurig na iets uit ons eie gekleurde lense.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk