Re: Wie het al buffel gejag?
Posted: Fri Jun 05, 2020 6:08 pm
Smitsterties baie geluk met die prag buffel.
Jou storie het my inspireer om gou myne ook hier te vertel.
Vriende van my hul het 'n plaas daar tussen Thaba en Rooiberg en ongelukkig gaan dit ma swaar op die plaas, so hul het besluit om van hul ou koeie te jag vir so ekstra inkomste. So het ek ook die kans gekry op 'n "budget" buffel jag, al is dit dalk meer 'n management hunt. Ma soos een van my vriende gesê het, 'n buffel bly 'n buffel al is hy op 'n toe plaas of in die oop Moz delta.
Ek het so bietjie met Wouter gesels voor die jag aangesien my Steyr nie 270gr Barnes wou voer nie (wat my eerste keuse was) en het ek besluit op 300gr Woodleigh.
Lang storie kort het my eerste naweek op die plaas (6 Desember 2019) het nie uitgewerk nie aangesien erge reën was my tyd kort en kon ek nie 'n skoot kry op die spesifieke koeie die keer wat ons hul gekry het nie. So 28 Feb het ek weer 'n kaans gekry om haar te gaan soek. My vriend (OupaZA op die forum was saam met my). Die Vrydag kon ons hul nie vind nie en Saterdag oggend na so bietjie rond ry het ons die trop gekry. Ons het hul bekruip, maar hul het ons gewaar en weg gehol. Ons was op voet agter na en kon hul weer kry ma die keer was hul ekstra versigtig en toe ons binne skiet afstand kom het hul die pad gevat. Ons moes weer op die bakkie klim en na 'n rukkie kry ons hul waar hul in 'n oopte staan. Ons het nader beweeg tot op die rand van die bos waar ons steeds kom skuil in die koelte van 'n boom. Daar het ek dooierus gevat en het ons die diere begin deurkyk vir die spesifieke koei, hul het so op 70m van ons af gestaan. Vir lank het het die buffels in 'n bondel saam gedrom soos hulle maak en kon e net nie 'n oop skoot op die koei kry nie. As ek reg onthou het ons omtrent vir 1.5 ure so gestaan en wag vir 'n skoot toe sy die eerste keer alleen aan die regter kant gaan staan. Die skoot het geklap, dit het goed gevoel en die trop is daar weg. Minder as 30m verder het hul gestop en weer begin saamdrom. Ons kon die koei glad nie sien nie en het na 10min besluit om nader te gaan en die diere te verjaag aangesien ons vermoed het sy lê daar. Met die dat hul weg hol lê sy toe daar morsdood, ons het nooit eers 'n bulk gehoor van haar nie. Die skoot was mooi op die blad en met die slag het ons gesien ek het die bokant van die hart saam met die twee longe raak geskiet.