Page 3 of 3
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Mon May 17, 2021 8:39 am
by EtienneA
Dagsê Sako
Ek sal dit neem. Het jou PM gestuur.
Groetnis
Etienne
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Mon May 17, 2021 9:28 am
by sako 30-06
EtienneA wrote: Mon May 17, 2021 8:39 am
Dagsê Sako
Ek sal dit neem. Het jou PM gestuur.
Groetnis
Etienne
Doodreg, kontakbesonderhede gestuur op PM.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Mon May 17, 2021 8:58 pm
by Nella
sako 30-06 wrote: Wed May 12, 2021 9:12 pm
Nella wrote: Sat Apr 17, 2021 1:01 pm
Middag Sako
Is die brisket en ander vet gemêng in een pak of word dit apart verpak?
Ek stel defnetief belang in so 20 tot 30kg se vet.
Ek kom die naweek van die 8 mei af na jou wereld toe dan kan ek kom haal indien moontlik.
Anders kan ek met n vriend probeer reël om dit vroeër op te tel.
Nella, ek vra onverskoning.
Ek het op een of ander manier jou boodskap gemis.
Jammer daaroor.
Geen probleem nie Sako...

Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Wed Jun 16, 2021 11:29 am
by sako 30-06
Daar is weer 30kg beskikbaar indien iemand belangstel.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Tue Jun 22, 2021 11:55 am
by Fano
Kan iemand dalk al vir ons terugvoer gee oor hoe die Wagyu vet in droewors en gewone wors werk? Sal ook handig wees om te weet hoe dit hou na paar maande se vries.
Ek sien Butcher Boys in Vanderbijl adverteer ook nou; R37.50/kg.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Tue Jun 22, 2021 2:15 pm
by sako 30-06
Fano wrote: Tue Jun 22, 2021 11:55 am
Kan iemand dalk al vir ons terugvoer gee oor hoe die Wagyu vet in droewors en gewone wors werk? Sal ook handig wees om te weet hoe dit hou na paar maande se vries.
Ek sien Butcher Boys in Vanderbijl adverteer ook nou; R37.50/kg.
So beteken dit jy wil nie vet by my koop nie?

Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Tue Jun 22, 2021 2:18 pm
by sako 30-06
Ek gaan hopelik volgende week n eland skiet, so ek sal die vet self gebruik.
Dis nou as ons president nie ons grense toemaak nie.
Sal kyk of ek weer kan kry as iemand belangstel.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Wed Jun 23, 2021 3:41 pm
by Fano
Sorry man, ek probeer nie jou post of jou besigheid hi-jack nie!
Het per toeval die advertensie in ons plaaslike koerant gesien. Ek is eintlik baie meer geinteresseerd om te hoor by die manne wat al die vet gebruik het hoe dit werk in braaiwors en droewors. Miskien iets wat meer van ons kan oorweeg in toekoms as die produkte goed uitdraai.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Thu Jun 24, 2021 7:54 am
by sako 30-06
Fano wrote: Wed Jun 23, 2021 3:41 pm
Sorry man, ek probeer nie jou post of jou besigheid hi-jack nie!
Het per toeval die advertensie in ons plaaslike koerant gesien. Ek is eintlik baie meer geinteresseerd om te hoor by die manne wat al die vet gebruik het hoe dit werk in braaiwors en droewors. Miskien iets wat meer van ons kan oorweeg in toekoms as die produkte goed uitdraai.
More Fano
Ek trek sommer jou been. Gaan asb voort, dis altyd lekker om nuwe resepte ens te probeer.
So as daar n beter en goedkoper vet is wat gebruik kan word sal dit ons almal kan help.
Die draad gebruik ons sommer vir algemene wenke om die lekkerste wors te maak.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Wed Mar 30, 2022 9:25 am
by sako 30-06
Ek het weer so 50kg se vet beskikbaar indien iemand so belangstel.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Mon Apr 04, 2022 10:38 am
by KalahariKlong
As daar net 'n manier was om hulle op Kathu te kry.
Wat is jou prys nou per kg.
Groete
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Mon Apr 04, 2022 1:12 pm
by sako 30-06
KalahariKlong wrote: Mon Apr 04, 2022 10:38 am
As daar net 'n manier was om hulle op Kathu te kry.
Wat is jou prys nou per kg.
Groete
Prys is nogsteeds R50/kg.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Thu May 07, 2026 4:39 pm
by LouisR
Baie ou draad, maar waar koop julle tans vet vir wors en maelvleis, Tienie ek neem aan jy is nou uit dit uit. Op soek in Pta/Gauteng area , slaghuise rondom my voel bietjie rof?
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Thu May 07, 2026 7:29 pm
by Eduard Venter
Louis, as Tienie jou nie kan help nie kan jy vir my n WhatsApp stuur. Ek sal kan help wanneer ek weer in Pta is. Maar as Tienie antwoord koop eerder by hom asb.
Groete
Nul723345015
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Fri May 08, 2026 7:05 am
by Carel-Chris
Ek het my laastes by Impala gekoop. Hulle is tussen Brits en Harties, maar laai 2x per week in Pretoria af.
https://shop.impalavleis.co.za/
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Fri May 08, 2026 7:44 am
by sako 30-06
Eduard Venter wrote: Thu May 07, 2026 7:29 pm
Louis, as Tienie jou nie kan help nie kan jy vir my n WhatsApp stuur. Ek sal kan help wanneer ek weer in Pta is. Maar as Tienie antwoord koop eerder by hom asb.
Groete
Nul723345015
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
More more. Eduard jy kan die manne verseker help as jy kan, ek sal kyk of ek weer kan kry.
Re: Brisket en beesstert vet
Posted: Sun May 10, 2026 8:14 am
by LouisR
Goeie môre, ek het reggekom dankie, goeie diens gekry teen baie billike prys by Pegasus vir ander wat ook beplan om wors te maak die jaar.