Page 3 of 5

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jun 24, 2024 3:04 pm
by Lategan1
MOoi Sas, vertel bietjie oor daai geweer met 2 snellers?

Beste.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jun 24, 2024 4:00 pm
by saswart
Dankie manne!
Frederik wrote: Mon Jun 24, 2024 12:48 pm Massiewe rooibok baie geluk.
DWB wrote: Mon Jun 24, 2024 1:10 pm Liewe genade Mr Swart!!!!!!!! Welgedaan!
Ja dankie Deon en Frederik, ons BASA manne het die jaar behoorlike groot Rooibokke tussen ons geskiet!
Lategan1 wrote: Mon Jun 24, 2024 3:04 pm MOoi Sas, vertel bietjie oor daai geweer met 2 snellers?

Beste.
Lategan, dit is vir my nogal 'n lekker roer die. Dit is 'n Brno Model 22h in 7x57. Ek het 'n paar jaar my oe op so een gehad en finaal besluit om een te kry nav Dewald / Pappabeer wat sy eie fotos destyds hier op jaracal geplaas het van so paar Brno's (ek soek nog so FN wat hy ook het). Die enigste ding wat ek nog gewoond moet raak is jy moet die set trigger eers trek voor jy die voorste sneller "kan" gebruik. Jy hoef nie, maar as jy nie doen is my geweer se voorste sneller regtig baie hard en ek sal skote verseker trek. Ek het hom al gestel, maar hoe meer jy stel, hoe meer affekteer dit jou haar sneller as die set trigger gebruik word. DIe safety is ook heetemal anders as enige ander roer - ek maak nooit slot toe nie, so die pla darem nie te veel nie.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 27, 2024 7:02 am
by Eduard Venter
Liewe ouers daai rooibok het 'n stel horings aan hom. Baie geluk met die mooi bokke!

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 27, 2024 9:03 am
by Zane de Beer
Mooi bokke daar Stephen!!

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 9:27 am
by Geno
Ek en paar pelle was op ons jaarlikse voorsit skiet waar ons op uitnodiging help om bokke te klas vir 'n teelprojek.
Alle ramme sonder oorplaatjies en die ooie met swak genetika word doodgeskiet. Ons het in 2 dae hier in die 120 bokke geskiet.
My geweer van keuse was 'n .243Ackley met 70gr Nosler Varmageddon teen 3880fps.

Image

Image

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 9:36 am
by Geno
Verledeweek was ons jaarlike gesins-trip met die boog.
My dogter van 8 het haar kwesbok spook van verledejaar begrawe met 'n koedoebul wat sy op 31y met die Ravin R26X kruisboog geskiet het.
400gr pyl, teen 400fps is kwaad! Grim Reaper 100gr Pro Series broadhead.

Image

My laaitie van 6 het hierdie blesbok ooi geskiet ook met die Ravin R26X. Van al die ooie in die trop was haar horings die kortste vir haar ouderdom toe besluit ek dat hy haar moet skiet vir die trop se beswil. 30y skoot, toe begin die bok stap net toe hy skiet. Skoot is deur een long, die lewer en die pens. Ons het 'n uur gewag en opgevolg, ek moes wel eintlik 2ure wag, maar dit was amper donker. Die bok het opgestaan en weggestap, maar ons kon nader kom toe skiet ek die bok op 60y met die kruisboog plat.

Image

Elke sessie oppad skuilings toe het ons hierdie trop blesbokke gekry. Ek het toe die ram vanaf 'n mobiele skuiling (ook bekend as jagbakkie) op 49y geskiet met die Ravin om darm nog iets in die yskas te sit.

Image

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 10:12 am
by Capt. Yoda
Lekker Geno, mooi Koedoe daai!

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 1:04 pm
by Frederik
Mooi Gedeon Geno, lekker as die kinders so in die veld groot word.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 1:43 pm
by Capt. Yoda
Geno wrote: Mon Jul 01, 2024 9:27 am Ek en paar pelle was op ons jaarlikse voorsit skiet waar ons op uitnodiging help om bokke te klas vir 'n teelprojek.
Alle ramme sonder oorplaatjies en die ooie met swak genetika word doodgeskiet. Ons het in 2 dae hier in die 120 bokke geskiet.
My geweer van keuse was 'n .243Ackley met 70gr Nosler Varmageddon teen 3880fps.

Image

Hoe se daai boer waar ons gejag het “slat hom gou met daai lang yster”

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 2:06 pm
by Geno
Hahahaha net so! Daai lang yster het 'n koper trekbok gemors in een van die langhoring-bok kampe op 750m in die hol, innie hol geskiet. :laugh:

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 4:15 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse Manne

Hiermee een van die bietjie oper jagte vir die jaar. Die 7mm Rem het weer soos n JET geloop. Die 1x Bwb koei is geskiet op 640m, Rooihartebees op 420m, Blesbok op 320m en die Bwb Bul (eerste een vir die oggend op die voete) op 390m. Moet se die roertjie verbaas my en kan nie vir beter vra nie.

Kry ongelukkig nie die Rooihartebees foto gelaai nie die oudjie is te groot

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 4:28 pm
by Capt. Yoda
Mooi BWB daai Kobus

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2024 6:52 pm
by Kaalvoetthysie
Geno wrote:Verledeweek was ons jaarlike gesins-trip met die boog.
My dogter van 8 het haar kwesbok spook van verledejaar begrawe met 'n koedoebul wat sy op 31y met die Ravin R26X kruisboog geskiet het.
400gr pyl, teen 400fps is kwaad! Grim Reaper 100gr Pro Series broadhead.

Image

My laaitie van 6 het hierdie blesbok ooi geskiet ook met die Ravin R26X. Van al die ooie in die trop was haar horings die kortste vir haar ouderdom toe besluit ek dat hy haar moet skiet vir die trop se beswil. 30y skoot, toe begin die bok stap net toe hy skiet. Skoot is deur een long, die lewer en die pens. Ons het 'n uur gewag en opgevolg, ek moes wel eintlik 2ure wag, maar dit was amper donker. Die bok het opgestaan en weggestap, maar ons kon nader kom toe skiet ek die bok op 60y met die kruisboog plat.

Image

Elke sessie oppad skuilings toe het ons hierdie trop blesbokke gekry. Ek het toe die ram vanaf 'n mobiele skuiling (ook bekend as jagbakkie) op 49y geskiet met die Ravin om darm nog iets in die yskas te sit.

Image
Baie geluk die klein span skiet mooi

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jul 02, 2024 8:30 am
by saswart
Netjies, geluk Geno, daai lyk soos baie gelukkige kiddies met hul jagbokke!

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jul 02, 2024 9:05 am
by Apie
Geno wrote:Ek en paar pelle was op ons jaarlikse voorsit skiet waar ons op uitnodiging help om bokke te klas vir 'n teelprojek.
Alle ramme sonder oorplaatjies en die ooie met swak genetika word doodgeskiet. Ons het in 2 dae hier in die 120 bokke geskiet.
My geweer van keuse was 'n .243Ackley met 70gr Nosler Varmageddon teen 3880fps.

Image

Image
70gr @ 3880fps aka The Guillotine

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jul 02, 2024 8:21 pm
by NicoSmit
So 2weke terug die swartwildebees geskiet met die Musgrave 3006 en 165gr Hornady Interbond naby Klerksdorp .Die bul se horings het gemeet 23,5 duim links en 24 duim regs. My seun het ook 'n mooi koei geskiet

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jul 02, 2024 8:38 pm
by Nico Harris
Terwyl almal so lekker spog! Ek die gelukkie oorgekom so paar weke terug. Die mnr beeste gevang op ons bees plaas on zululand- ezemvelo/parkeraad toe n skade permit gegee.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jul 02, 2024 8:40 pm
by Nico Harris
Nog n paar-

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jul 02, 2024 8:47 pm
by Andre308
Nico Harris wrote: Tue Jul 02, 2024 8:38 pm Terwyl almal so lekker spog! Ek die gelukkie oorgekom so paar weke terug. Die mnr beeste gevang op ons bees plaas on zululand- ezemvelo/parkeraad toe n skade permit gegee.
Maak ons dag, en vertel dat jy hom met die Creedmoor agter die oor gepiets het >:D

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jul 02, 2024 8:52 pm
by Nico Harris
Andre308 wrote: Tue Jul 02, 2024 8:47 pm
Nico Harris wrote: Tue Jul 02, 2024 8:38 pm Terwyl almal so lekker spog! Ek die gelukkie oorgekom so paar weke terug. Die mnr beeste gevang op ons bees plaas on zululand- ezemvelo/parkeraad toe n skade permit gegee.
Maak ons dag, en vertel dat jy hom met die Creedmoor agter die oor gepiets het >:D
Nee darem nie!

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Wed Jul 03, 2024 6:23 am
by Frederik
Dat ben een groote leeuwn jongen!!

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Wed Jul 03, 2024 8:17 am
by sako 30-06
Damn, dis n monster van n leeu, baie geluk.

As ek mag vra, hoeveel beeste het die man gevang voordat jy hom kon skiet?

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Wed Jul 03, 2024 8:39 am
by Nico Harris
Hy het een gevang by ons. Maar heelwat probleme by die gemeenskap langsaan veroorsaak.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Wed Jul 03, 2024 10:28 am
by Jacques1988
Pragtige leeu mooi gedoen, Is hy met n hael geweer 00 agter op linker boud/heup geskiet of is daai merke wat hy in die bos opgetel het?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Wed Jul 03, 2024 12:41 pm
by Nico Harris
Daai is healgeweer. In die opvolg was van die gidse ooreiewerig!