Page 3 of 4

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Aug 07, 2025 7:34 am
by Geno
Eduard Venter wrote: Wed Aug 06, 2025 1:25 pm By verre die swakste skote wat ek al gesien het is die groot dubbels met oop visiere.
Dan stamp ek hom houtgerus eerder met my .243 en 'n ballistic tip op sy oor ;)

Maaaaaar... Daarvoor het ek my .416 darm om die ding te doen soos hy gedoen moet word. Nie oor dit wet of wat ookal is nie, maar oor dit goeie maniere is, net soos dit goeie maniere is om nie te spin en rev voor die kerk nie. Dis nie onwetting nie, dit maak net van jou 'n fieta.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Aug 07, 2025 8:20 am
by Jaco vdW

Maaaaaar... Daarvoor het ek my .416 darm om die ding te doen soos hy gedoen moet word. Nie oor dit wet of wat ookal is nie, maar oor dit goeie maniere is, net soos dit goeie maniere is om nie te spin en rev voor die kerk nie. Dis nie onwetting nie, dit maak net van jou 'n fieta.
Dit som die gevoel oor buffel-jag op.
Nie net om gou 'n buffel te gaan skiet nie

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Aug 07, 2025 8:50 am
by Eduard Venter
As beroepsjagter is dit maar my werk om met fietas ook te jag soms

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Aug 07, 2025 8:58 am
by JAGTERSREG-JRM
Gevaarlike Wild Romanse.......dis ma hoe hy loop. Met die regte kombinasie kan n "lever" ook aangewend word. Kan wel uit ervaring se dat dit een van die gemaklikste roere is om in ruigtes en lang afstande te dra. Groot kanonne kan sy tol eis en n man vinniger moeg maak wat ook kan lei tot swakker skoot plasing. Moenie my verkeerd verstaan nie ek en my 470 ken mekaar goed maar da is wel ook ander kombinasies wat kan werk. Met die regte kombinasie koele en ladings kan 45/70 Buffel en Katte plat trek. Wag op daai video dat ons bietjie kan sien....

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Aug 07, 2025 11:29 am
by DWB
Met die regte koeel is dit virseker doenbaar, al glo ek mens kan beter.

Maaaaaaar as hy nie die roer so vertappit het nie, so dit beter af gegaan het :D

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Aug 07, 2025 11:52 am
by tripodmvr
@DWB. Ek hou van die nuwe woord vir 'n bling skietding.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Aug 07, 2025 11:53 am
by JAGTERSREG-JRM
DWB wrote: Thu Aug 07, 2025 11:29 am Met die regte koeel is dit virseker doenbaar, al glo ek mens kan beter.

Maaaaaaar as hy nie die roer so vertappit het nie, so dit beter af gegaan het :D
Ja kyk.........ek verkies n houtkolf bo enigiets anders en as die SBL uitgekom het met stainless en walnut was dit my eerste keuse maar op n "AR Rig" van n 45/70 te maak is net vir my ook helemal verkeerd. Hierdie val in die liga van n Rigby geweer te vat, voorste visier af te haal en n knaldemper op te sit............sal nooit n stilmaker op n bigbore klein kry nie.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Fri Aug 08, 2025 8:14 am
by Wouter Roets
Boys kyk bietjie wat se negetiewe kommentare daar nou is op sosiale media oor die miljoener Amerikaner wat sy lewe verloor het met n buffeljag. Enige negatiewe nuus plaas ons passie onder onnodige druk en hier het ons n oertelnek wat nou net sy nuutste aansoek ingesit het.

Ek het al baie gesprekke so om n braaivleis vuur gehad oor geskikte wapens met die jag van gevaarlike wild en my redenasie nog altyd is ja jy kan en gaan dit heel moontlik reg kry, maar gaan jy daai wapen nog steeds met vertroue gebruik as die jag suid gaan? Hierdie is nog altyd vir my n rule of thumb as dit by die keuse van wapen sowel as komponente kom.

Groetnis
Wouter

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Fri Aug 08, 2025 8:59 am
by Glocked
Ek stem saam Wouter. Of as jy die jag heeltemal alleen op jou eie sou doen, geen ondersteuning van 'n PH met sy kanon wat saam is nie, dis net jy, en jou geweer/kaliber/teleskoop/komponente en ervaring....maak die kombinasie dan nogsteds soveel sin soos jy gedink het ?

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Fri Aug 08, 2025 11:51 am
by tripodmvr

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sat Aug 09, 2025 7:14 pm
by Alwin
tripodmvr wrote: Fri Aug 08, 2025 11:51 am https://youtu.be/TVsj4UZEUpU
Die manne wat weet van die goed moet my nou asb reghelp:
Is dit nodig om die kolf tot by jou heup te laat sak voor jy die grendel van die geweer kan werk?
Ek het nog altyd die ding gelaai met die kolf in my skouer en die visiere op die teiken...

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sat Aug 09, 2025 7:24 pm
by JAGTERSREG-JRM
Alwin wrote: Sat Aug 09, 2025 7:14 pm
tripodmvr wrote: Fri Aug 08, 2025 11:51 am https://youtu.be/TVsj4UZEUpU
Die manne wat weet van die goed moet my nou asb reghelp:
Is dit nodig om die kolf tot by jou heup te laat sak voor jy die grendel van die geweer kan werk?
Ek het nog altyd die ding gelaai met die kolf in my skouer en die visiere op die teiken...

Uit die skouer uit loop nie sleg nie maar glo ook soos meeste van die maniere ia dit persoonlike keuse. Uit skouer is uit die aard van die saak die vinnigste

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sun Aug 10, 2025 1:25 pm
by DWB
Dis maar ñ each to his own geval, ek herlaai in die skouer, Frederik sak sy geweer, hy skiet baie vinnig, maar hy het ook minder wind weerstand as ek ;D

Maar op een plek vir ñ vinnige 3 skote kan ek die lever darem redelik vinnig swaai

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sun Aug 10, 2025 1:31 pm
by Rudi Fischer
Ek laat sak die geweer.
Met die 602 se aksie (slot) was so lank is en ek wat geneig is om in my geweer in te le, vermoet ek daar is nie genoeg spasie vir die slot of my gesig nie in die selfde spasie nie.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sun Aug 10, 2025 1:38 pm
by junglejulian
Ek verkies om die geweer uit die skouer te haal.dan kan ek sien dat die dop uikom,nuwe rondte ingaan.ek het al baie gesien hoe iemand die slot shortstroke oor hy gewoond is aan n standaard lengte aksie waarmee hy gewoonlik jag en nou ewe skielik magnum lengte aksie moet oorhaal.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sun Aug 10, 2025 1:54 pm
by DWB
Rudi, jou grootste risiko is dat daai snor van jou aan iets kan vashaak :D

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sun Aug 10, 2025 2:01 pm
by tripodmvr
Sit jou slimkind!!! Nou lekker gelag.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sun Aug 10, 2025 2:19 pm
by Rudi Fischer
DWB wrote:Rudi, jou grootste risiko is dat daai snor van jou aan iets kan vashaak :D
Jy praat die waarheid Image

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Aug 11, 2025 11:57 am
by Frederik
Ja ek haal uit my skouer uit dit is maar tweede natuur en werk mooi vir my.

Terloops blykbaar was 2 dae agter buffel aan te veel moeite toe slaan hulle hoor met sy .22 Creedmore om rooibokke te kap.
So daar kom 'n tweede hoofstuk hopelik die keer met ordentilike koeel soos 'n Spoor Bullet Company koeel.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Aug 11, 2025 12:00 pm
by JAGTERSREG-JRM
Frederik wrote: Mon Aug 11, 2025 11:57 am Ja ek haal uit my skouer uit dit is maar tweede natuur en werk mooi vir my.

Terloops blykbaar was 2 dae agter buffel aan te veel moeite toe slaan hulle hoor met sy .22 Creedmore om rooibokke te kap.
So daar kom 'n tweede hoostuk hopelik die keer met ordentilike koeel soos 'n Spoor Bullet Company koeel.
HOOR HOOR
Sien jy volg sy videos....... ;D

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Aug 11, 2025 1:05 pm
by Frederik
JAGTERSREG-JRM wrote: Mon Aug 11, 2025 12:00 pm HOOR HOOR
Sien jy volg sy videos....... ;D
Wou graag weet wat het toe gebeur maar daar het toe niks gebeur nie. ;D

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Aug 11, 2025 1:09 pm
by JAGTERSREG-JRM
Moet bieg ek het dit ook gesien

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Aug 12, 2025 11:50 am
by henried
Biggest outdoor, hunting, and gun YouTube channels:

1: Outdoor Boys – ~16.4M
2: Demolition Ranch – ~11.8M
3: hickok45 – ~8M
4: FPSRussia – ~6.9M
5: Garand Thumb – ~4.26M
6: Colion Noir – ~3.1M
7: Iraqveteran8888 – ~2.75M
8: Forgotten Weapons – ~2M
9: Bowmar Bowhunting – ~2.5M (would be around here if placed in exact order)
10: Tim Wells Bow Hunter – ~1.9M
11: AirArmsHuntingSA – ~587K
12: Flinter The Hunter – ~415K
13: DruryOutdoors – ~431K
14: Impact Shooting – ~358K

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Aug 12, 2025 12:22 pm
by savage(P Coetzer)
Toe ek nog klein was het ek baie Power rangers en Biker mice from mars gekyk. Toe word ek groot en hou op na die gemors kyk. 358k mense daar buite kyk seker nog steeds biker mice en power rangers……

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Aug 12, 2025 12:32 pm
by Capt. Yoda
As julle n lekker local ou wat dit netjies doen wil support kyk Mat Dubber se goed/AirArmsHunting, as jy iets wil leer oor "veg wapens" Garand Thumb, groot man wat groot bokke met n boog skiet, Bowmar Bowhunting

Kentucky Ballistics het ok hier by die 5.5mil mense wat hom volg ma sy videos is maar vir mense wat nie baie van gewere wil leer nie en net sien hoe blikkies kos ontlplof

Demo Ranch/On the Ranch bestaan ongelukkig nie meer nie :(