Page 21 of 400
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 12, 2014 9:47 am
by Capt. Yoda
Ja dit is die groot suiwer wit Gemsbok. AfrikinesOryxSnowWhitetes.
Enigste probleem is jy gaan hulle self moet slag maar aan die ander kant spaar jy weer n paar rand want jy hoef nie die "tracker" te betaal nie
Het ook al gehoor die gemmies is baie meer hardegat as hulle boeties en na 5 of n Saterdag middag is dit blykbaar baie makliker om hulle te jag
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 12, 2014 9:47 am
by Johan Nel
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 57#p366757
Jakkalsgat wrote:Marc wrote:Jakkalsgat wrote:Het nog baie teen R3800
Waar loop hulle Jaco

Orania
Afrikaner Gemsbokke...

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 12, 2014 9:50 am
by Johan Nel
BLOK wrote:Ek reken n pakkie koeksusters is by die dagfooi ingereken. En ek wonder wie is die gids, seker Goose.
Die nimlike...

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 12, 2014 10:22 am
by Marc
Is hulle wit en swart of rooi en swart

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 12, 2014 10:25 am
by Capt. Yoda
Marc wrote:Is hulle wit en swart of rooi en swart

Hulle is wit en jet
Re: Scope levels
Posted: Wed Mar 12, 2014 10:14 pm
by PWV
As al hierdie uitvindings onder die post, "Gadgets, 'n boer maak 'n plan", geplaas word, is dit alles bymekaar en hoef mens nie so te soek nie.
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 5:44 am
by Geno
Pieter Willem Vorster wrote:As al hierdie uitvindings onder die post, "Gadgets, 'n boer maak 'n plan", geplaas word, is dit alles bymekaar en hoef mens nie so te soek nie.
Oom Pieter.
Die topic is onder die regte afdeling, so dit is gladnie moeilik om te soek nie.
Groete
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 5:57 am
by Reggie Gerber
Ek wil nou nie hierdie draad hijack nie maar....
Ek dink dat om n spesifike projek elke keur tussen 13 blaaie op die gadgets draad te gaan soek is moeliker as om net die "topic" op die Projekte self ontwerp draad te soek.
Groete
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 7:52 am
by Marc
Reggie Gerber wrote:Ek wil nou nie hierdie draad hijack nie maar....
Ek dink dat om n spesifike projek elke keur tussen 13 blaaie op die gadgets draad te gaan soek is moeliker as om net die "topic" op die Projekte self ontwerp draad te soek.
Groete
Ek stem Reggie, dis Baie makliker om n search te doen vir n topic as om deur ses bladsye te moet gaan lees vir n spesifieke ding.
Geno wrote:Pieter Willem Vorster wrote:As al hierdie uitvindings onder die post, "Gadgets, 'n boer maak 'n plan", geplaas word, is dit alles bymekaar en hoef mens nie so te soek nie.
Oom Pieter.
Die topic is onder die regte afdeling, so dit is gladnie moeilik om te soek nie.
Groete
As "ons" tog net wil leer om nie allerhande nutelose en nie bydraende snert tussen in die feitlike drade te plaas nie( dis nou wat nie feitlik bydrae tot n draai nie) sal dit ook Baie Baie makliker wees om n draad te volg en bly n man geintereseerd in die onderwerp eerder as om te verdwaal tussen al die nutelose bydraes wat puik onderwerp versuip
My 5c
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 8:18 am
by Arnold
Ek stem, die draad is onder die regte afdeling en hoort gladnie by boer maak n plan nie. Dit sou dieselfde wees om vir Gawie te sê hy moet sy kolf bou projek onder daai draad sit ...
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 8:44 am
by G-force
Baie netjiese werk Marco.Sal jou toekomstige projekte dop hou.
Hoe kan iemand verwag dat die man onder gadgets moet plaas as hy die levels wil verkoop?
Re: Scope levels
Posted: Thu Mar 13, 2014 8:57 am
by PWV
Reggie Gerber wrote:Ek wil nou nie hierdie draad hijack nie maar....
Ek dink dat om n spesifike projek elke keur tussen 13 blaaie op die gadgets draad te gaan soek is moeliker as om net die "topic" op die Projekte self ontwerp draad te soek.
Groete
Jy is reg, Reggie! Nie daaraan gedink nie.
Groetnis
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 1:41 pm
by Johan Nel
Johan van Wyk wrote:Johan,
Die korrekte benaming vir die Mauser 98 aksie is "M98". Die "M" staan vir "Modell", soos die "mod" op jou geweer. Die benaming "K98" is iets wat in Suid-Afrika ontstaan het. By wie weet ek nie maar daar was nooit so iets soos `n "K98" in die Mauser fabriek nie. Vermoedelik dalk Musgrave of selfs Gregor Woods van Magnum. Ek is regtig nie seker waar die wanbenaming die eerste keer kop uitgesteek het nie.
Die naaste ding aan `n "K98" wat ek in enige van die aanvaarde bronne kon opspoor is die M98k. Dit was `n variant van die standaard Mauser oorlogsgeweer wat tot en met 1945 in beperkte produksie (net meer as 6 miljoen is gemaak - `n druppel in die emmer in vergelyking met die totale aantal Mausers wat geproduseer is) was vir `n paar jaar. Die enigste verskil tussen hierdie variant en die gewone M98 was `n effense korter loop wat afgedraai was om gewig te spaar, effens anderse visier en `n gelamineerde kolf.
Ouens wat praat van `n "K98" verwys eintlik na `n "M98" sonder dat hulle dit besef. Die korrekte benaming is dus `n M98 Mauser aksie.
Jammer, die bedoeling was nie om die oorspronklike draad re hijack nie!
Johan,
Ek gaan hier aan. Ek kan slegs namens myself praat. Ek lees die Magnum slaafs elke maand en het, vandat ek begin belangstel het in skiet en jag, die tydskrif gelees. Gregor Woods en moontlike ander bronne in Magnum het verwys na die K98 as die aksies gebou vir militere wapens en die M98 as aksies gebou spesifiek vir nie-militêre, kommersiele gebruik. Nou is daar verskillende lengtes mauser aksies. Die een onderskeid wat dan gemaak sou wees tussen 'n sg K98 en M98 aksie, is dat die M98 aksie se pen wat agter deur die "shroud" van die aksie steek, langer is as die vir die K98 militere aksies. Die het ek so gelees en so aanvaar as feitelik korrek. Die feit dat ek 'n geweer gekoop het met so 'n beskrywing het my oortuiging dat dit so sou wees, versterk. Ek aanvaar dat die inligting soos wat ek dit gehad het verkeerd kan wees. Mens het die aanvanklike beskrywing wat ek hierbo gegee het ast ware met moedersmelk ingekry en geen rede gehad om dit te betwyfel nie. Nou blyk dit dat die inligting verkeerd kan wees.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 1:52 pm
by Johan van Wyk
Ons het inderdaad onskollega se draad so effens van die pad af gestamp! My apologie!
My laaste antwoord op die "ander" draad was as volg:
James,
Daar is inderdaad so iets soos `n Kurz M98. Dis die heel skaarste variant van 98 Mauser en daar is min van hulle gemaak, selfs minder as die lang Magnums. Gevolglik is hulle uiters gesog en gewoonlik baie duur. Die enigste kalibers wat, sover ek weet, in die Kurz gemaak is, was die .250 Savage, 6,5x54 Mauser en 8x51. Hierdie aksies is heelwat korter as die gewone (standard-lengte) M98 en omtrent die langste patron wat mens kan inkry (en dis met moeite) is iets soos `n .243 of dalk `n .308. Daar is, sover my kennis strek, slegs kommersiele Kurz aksies gemaak, alhoewel die weergawe wat deur/vir die Meksikaanse weermag gemaak is, ook redelik kort is. Ek het egter nog nie een van laasgenoemde in lewende lywe gesien nie so ek is nie gekwalifiseerd om kommentaar hieroor te lewer nie.
Die gewone, ontwerp-vir-die-Duitse-weermag 98 is die standaard-lengte M98. Dis die "Modell" 98 en was as sodanig genoem om die ontwerp te onderskei van die '93, '95 en ander modelle. Die M98 se voorgangers was almal ook vir die oorlogsmark gebou so hulle was ook ontwerp vir die reeks van Mauser kalibers. Hulle was dus nie langer as die M98 nie.
Die M98k was inderdaad `n karabyn-weergawe van die GEWEHR 98, wat die benaming was van die oorspronklike GEWEER wat om die 98 aksie ontwerp was. Daar was egter baie ander karabyn-weergawes wat vir diverse werke soos tenk bemannings, ski- en bergtroepe en `n hele reeks ander applikasies ontwerp en gemaak was, onder andere `n M98a, wat die voorganger was van die M98k. Niemand wat ek al mee gepraat het noem die aksie `n A98 of selfs 98a nie.
Al die Mauser bronne wat ek al geraadpleeg het verwys na "M98", maak nie saak of die aksie kommersieel of weermag is nie. Die twee verskil in ieder geval maar redelik min en baie van die ouer M98's wat vir weermag doeleindes gemaak is, is in ieder geval net so goed afgewerk as enige kommersiele M98.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 3:39 pm
by James Wilson
Manne, maar hierdie hi jack topic is handig.
Johan, ek ek dink die benaming k98 hetsy reg of verkeerd is nie in SA deur Gregor of Musgrave begin nie. Ek sien baie buitelandse verwysing op die net, waar daar na k98 verwys word. Dit is dus n internasionaal aanvaarbare term. Seer sekerlik nie met sy oorsprong in RSA nie. Die Duitsers wat hier kom jag het, se Mauser aksies het nog die Nazi teken op, soos ek reeds gesê het, hulle was baie puntenerig daarop om die k agter aan die 98 te plaas.
Hoe dit ookal sy, dit wil voorkom of die jaggemeenskap oor die wereld heen die term k98 gebruik
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 3:49 pm
by Hugo
En in ander nuus, het dit aan die lig gekom dat dit vanaand moontlik gaan reen in die groter pretoria metropool.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 3:53 pm
by BRNO (Pierre)
Hugo wrote:En in ander nuus, het dit aan die lig gekom dat dit vanaand moontlik gaan reen in die groter pretoria metropool.
Jy speel seker. Kan nie wees nie.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 4:00 pm
by Hugo
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 4:16 pm
by Gawie(13mm)
Pierre, ek beskou almal hier op die forum as my vriende al verskil ek soms met hulle. Dit is 'n openbare forum en ek glo almal is geregtig op hul opinies en vra. Party van ons is net minder geduldig as ander(as jy ouer word is jy bang jou tyd raak op). As William nie die vra op die forum wil beantwoord nie, is dit sy reg, nes dit Oom Pieter se reg is om te vra.
Ek hou van die draad, want nou hoef ek nie William se draad te skaak nie.
As ek buite orde is vra ek jou ook opreg omverskoning.
Groete,
Gawie.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Mar 13, 2014 10:10 pm
by Capt. Yoda
Hugo wrote:En in ander nuus, het dit aan die lig gekom dat dit vanaand moontlik gaan reen in die groter pretoria metropool.
EFF glo dit is die ANC se skuld
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Fri Mar 14, 2014 8:25 am
by 375fanatic
James Wilson wrote:Manne, maar hierdie hi jack topic is handig.
. Die Duitsers wat hier kom jag het, se Mauser aksies het nog die Nazi teken op, soos ek reeds gesê het, hulle was baie puntenerig daarop om die k agter aan die 98 te plaas.
My vriend se 8 x 57 het ook nou moet ons net pasop dat beeld dit nie uitvind nie dan is ons voorblad
gelukkig is ons nie meer op universiteit nie

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 26, 2014 8:38 am
by Hugo
Geno wrote:DWB wrote:Daar waar die varke staan, watter spesies is dit almal?
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/ESS4.JPG
Bitter mooi versameling!
Slimgat...
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 26, 2014 11:04 am
by Geno
Tsek jy!
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 26, 2014 11:10 am
by Hugo
Geno wrote:Eben Espach is ook een van Rowland Ward se direkteure.
I repeat...
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 26, 2014 11:19 am
by NicoSmit
Wie dink julle is Nina se pa in Binnelanders Malan of daai snotneus doktertjie?