Page 24 of 30

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 8:07 am
by Geno
Frikkie
Ek hoop jy wen die bosvark jag!

Hier is Jaco se pak honde besig om te werk.
http://youtu.be/Kc_G_Je4_qA


Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 8:22 am
by DWB
Hehehehehe, lekker man Geno.

Dis vark jag daai!

Ek sal maar vir Frikkie moet kom Back-up :D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 8:49 am
by tafjak
Appels!

Sien ek die 2manne wat by my kom kuier in Junie 2014. Sien uit om julle hier te he^.

Maak julle planne, ek is reg vir julle.

Mooiloop

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 8:51 am
by FCLoretz
Baie Geluk aan al die manne wat gewen. Julle almal verdien dit!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 8:53 am
by Eugene
Frikkiedbr wrote:Ja nee ek sien so Henk.
Sal geduldig wag, geen probleem nie.
Ek mos bietjie suiker water drink vir die skok, maar lekker skok, aai
Frikkie, my aanbod staan steeds! Kies jou jag en ek sal jou vat en jy kan my geweer ook gebruik!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:03 am
by Frikkiedbr
Dankie Eugene, alles reg ek sal maar sien wat bly oor, as die manne gekies het.
Dit maak tog nie saak watter een nie want dit sal 'n belewenis wees, en baie spesiaal.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:04 am
by ROBBIE1
Baie baie geluk aan almal wat iets gewen het, geniet die pryse hoor!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:11 am
by Silent Hunting
tafjak wrote:Appels!

Sien ek die 2manne wat by my kom kuier in Junie 2014. Sien uit om julle hier te he^.

Maak julle planne, ek is reg vir julle.

Mooiloop
Taffie,

More. Sien uit na die trip. Sal jou seker vroeg in die jaar kontak vir reelings.

Groete,

Henk

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:17 am
by GreyGhostGear
Jakkalsgat wrote:Aansporingsprys wenners


nommer


125 - Silent Hunt
250 - Spanner
375 - Carl
500 - Jan Thuynsma
700 - 303
800 - Pappabeer
900 - Rooies
1000 - Pappabeer
1200 - Brno (Pierre)
1500 - HugoV
1689 - Laaste nommer - Silent Hunt

Meeste kaartjies gekoop - Wenner wil anoniem bly.
Baie geluk Jan met no.500 - ek kontak jou in Januarie vir jou Jaracal hemp en pet reelings.
As ek die besigheid reg verstaan wen Henk en Dewald die ander 2 hemde?
Groete,
Petrie.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:20 am
by Silent Hunting
Petrie,

Ek het nou weer so deur die posts gelees en tot my verbasing sien ek jy stuur/ bring vir my en Pappabeer ook 'n hemp. Sweet. Baie dankie.

Henk

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:26 am
by BRNO (Pierre)
So wanneer gaan die mense begin pryse kies?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:34 am
by Dries Skiet
En daar kry ekke alweer tokkol!

Baie geluk aan al die gelukige manne, die grootste wenners is die kinders.

Frikkie my aanbod staan, kry jou pampiere reg.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:35 am
by Jakkalsgat
More Manne

Ek weet nie wie almal deel is hiervan nie maar Petrie en Eugene dankie vir my hemp.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:50 am
by Jan Thuynsma
Ek is nou net terug van SWA af en hoor toe so met 'n ompad van my broer dat ek iets gewen het in die lucky draw en sommer ook 'n hemp. Baie dankie.
Hoe nou verder ?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:07 am
by Silent Hunting
Jan,

Glo jy kan kies as SAKO 75 klaar gekies het.

Henk

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:22 am
by Marc
Eugene wrote:
Frikkiedbr wrote:Ja nee ek sien so Henk.
Sal geduldig wag, geen probleem nie.
Ek mos bietjie suiker water drink vir die skok, maar lekker skok, aai
Frikkie, my aanbod staan steeds! Kies jou jag en ek sal jou vat en jy kan my geweer ook gebruik!
Ek bied my dienste aan as slagter/kamphand ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:24 am
by Eugene
Dankie manne en baie geluk aan die wenners! Dankie ook vir die persone wat my en Jean se "lucky draw" geborg het, dit was werklik onnnodig, maar dit word vreeslik waardeer!

Die gelde in die bankrekening is nou net aan Loeriehuis oorbetaal en ek sal hulle bedanking later hier plaas!

Vreugde en vrede vir julle manne!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:30 am
by Frikkiedbr
Baie geluk aan al die wenners, maar almal wat wel hier by gedra het is GROOT wenners.
Mens is baie trots om saam sukkel goeie mens hier op die forum te wees.

Dankie

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:35 am
by Marc
Eugene wrote:Dankie manne en baie geluk aan die wenners! Dankie ook vir die persone wat my en Jean se "lucky draw" geborg het, dit was werklik onnnodig, maar dit word vreeslik waardeer!

Die gelde in die bankrekening is nou net aan Loeriehuis oorbetaal en ek sal hulle bedanking later hier plaas!

Vreugde en vrede vir julle manne!

Wie gaan die video vir ons laai, ek brand om dit te sien O0

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:36 am
by Geno
Frikkiedbr wrote:Baie geluk aan al die wenners, maar almal wat wel hier by gedra het is GROOT wenners.
Mens is baie trots om saam sukkel goeie mens hier op die forum te wees.

Dankie
Ja, ons sukkel partykeer, maar ons kom ander kant uit.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:38 am
by Stefan764
Lekker Frikkels!!

Kry net vir jou n goeie stel oormowwe. Dis nou nie vir die skiet nie, dis om jou te beskerm in die aande om die kampvuur teen daai prokureur se "verbal diarree"...

Baie geluk al die manne wat ietsie gewen het. Tog deel van die lekker ook!

Ek sal nooit daai tannie se gesig vergeet nie. Maak my n trotse Jaracal lid...

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:40 am
by Pappabeer
Môre manne.

Jaco, Eugene & Jean,

Baie dankie vir die uiterste goeie reëlings wat julle deur die loop van die kompetisie in julle eie tyd getref het. Jaco, dankie vir die bymekaar trek van alles en die afronding, en deurlopende vinnige terugvoer aangaande kaartjie nommers.

Ek sal dan nou maar die wag breek. Ek sal die Thwane lodge jag neem.
Dit was n lang toss up tussen hom en die Vaal ribbokke by Cassie, maar daai sal maar moet wag. Calvinia is BITTER VÊR van Zululand waar ek volgende jaar gaan wees.

Weereens baie baie dankie vir al die reëlings en die pryse

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:43 am
by Arnold
Baie geluk ouens!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:46 am
by DawieKotze
Jakkalsgat wrote:Troosprystrekking, Nommers word weer in trek volgorde gegee en wenners kies asb in daardie volgorde.

1) 1066 - Sako75
2) 1053 - Jan Thuynsma
3) 812 - Pappabeer
4) 946 - African
5) 1490 - Hugov
6) 1294 - Andre
7) 1249 - Carl
8) 689 - Jaco Strydom
"

1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
4 – Silent Striker Silencer - Borg Peet Malherbe
5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrique
9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian
11 - Numenor Reflex Supressor - borg - Numenor - gereel deur G-Force
12 - Numenor supressor - borg: Numenor - gereel deur G-Force
13 - Spotlight dimmer - borg: Pitsmit + 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason asook - 1 x Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
14 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
15 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
16 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
17 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
18 - Geno en G-Force (G&G VARMINTING) borg 'n "guided" jakkalsjag ( bosvark/vlakvark/rooikat) 1 nag op 'n plaas met 'n hoë jakkalspopulasie, wat nog nooit geroep is nie. Snacks, koeldrank, gewere, ammo ingesluit. Die prys is geldig vir 1 jaar vanaf trekking. Waarde: R1500.0

Kies manne! Kies! ;D ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Fri Dec 20, 2013 10:47 am
by Pappabeer
Silent Hunting wrote:
tafjak wrote:Appels!

Sien ek die 2manne wat by my kom kuier in Junie 2014. Sien uit om julle hier te he^.

Maak julle planne, ek is reg vir julle.

Mooiloop
Taffie,

More. Sien uit na die trip. Sal jou seker vroeg in die jaar kontak vir reelings.

Groete,

Henk

Taffie, baie dankie vir die Koedoe en Springbok, ek sien uit om jou te ontmoet en julle deel van die wêreld te jag. Ek het gebrand om stil te bly na ek die kaartjie nommer gekry het.

Ja SH, ons sal maar die Oos Kaap op horings moet neem in die nuwe jaar...
GreyGhostGear wrote:
Baie geluk Jan met no.500 - ek kontak jou in Januarie vir jou Jaracal hemp en pet reelings.
As ek die besigheid reg verstaan wen Henk en Dewald die ander 2 hemde?
Groete,
Petrie.

Dankie Petrie, jirder, soos dit nou aangaan gaan ek meer Predator hemde in my kas hê as Birkley self...

Dankie vir die sponsor, sien uit dat jy saam kom draai maak in Taffie se wêreld.