Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
Johan
As ek 'n raai kan vat sal ek sê dit gaan oor twee redes. Vraag en aanbod, en omset. Ek glo daar word meer RH gewere verkoop as LH. So die LH geweer wat op sy rak staan, kan moontlik langer op sy rak staan as die RH geweer so indirek verloor hy omdat hy al twee RH gewere kon verkoop het vir die plek van daai LH. Daarom dink ek voer hul minder LH gewere in, en omdat die moontlikheid daar is vir 'n langer verkoopstyd vir die LH, laai hul die prys om op te maak daarvoor.
My 2c
Groete
Ruan

- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Nee man, hulle is duurder omdat die linkshandige gewere baie meer akkuraat is as regshandige gewere..... Jy kan maar kyk- die hotkloue skiet altyd kringe om die manne wat regs skiet.... so dis seker maar omdat linkshandige gewere inhirent meer akuraat is....musgrave270 wrote:Johan
As ek 'n raai kan vat sal ek sê dit gaan oor twee redes. Vraag en aanbod, en omset. Ek glo daar word meer RH gewere verkoop as LH. So die LH geweer wat op sy rak staan, kan moontlik langer op sy rak staan as die RH geweer so indirek verloor hy omdat hy al twee RH gewere kon verkoop het vir die plek van daai LH. Daarom dink ek voer hul minder LH gewere in, en omdat die moontlikheid daar is vir 'n langer verkoopstyd vir die LH, laai hul die prys om op te maak daarvoor.
My 2c
Groete
Ruan
- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Dis nou n Teorie wat nog nie in die veld bewys is nie Meneer Vorster.. NOTEDPieter Vorster wrote: Nee man, hulle is duurder omdat die linkshandige gewere baie meer akkuraat is as regshandige gewere..... Jy kan maar kyk- die hotkloue skiet altyd kringe om die manne wat regs skiet.... so dis seker maar omdat linkshandige gewere inhirent meer akuraat is....![]()
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Ruan, jy is moontlik reg, ek weet nie. Ek sou graag dat die manne wat met die goed werk ons kom antwoord. Wat ek wel kan se is dat indien die handelaars so redeneer, hulle in alle waarskynlikheid nog langer met daai voorraad gaan sit, want dis 'n no brainer dat die gemiddelde persoon waarskynlik eerder vir 'n goedkoper, regshandige geweer sal gaan. Ek glo ook dat linkshandige skuts minder is as regshandige skut, maar dis nie onmoontlik om daardie ratio te bepaal nie, en dan daarvolgens jou bestellings te plaas. As ek spesifiek 'n geweer gaan bestel vir linkshandige doeleindes, dan dra die agent mos ne risiko nie. S & O en ander handelaars, wil julle nie hier kom kommentaar lewer nie, asseblief!
Pieter, dink nou net hoe 'n opswaai in verkope van linkshandige roere daar nou gaan plaasvind as die manne eers daai inligting absorbeer...
en dan gaan hulle nog duurder word!
Pieter, dink nou net hoe 'n opswaai in verkope van linkshandige roere daar nou gaan plaasvind as die manne eers daai inligting absorbeer...
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Johan,
Byt vas die meeste handelaars is besig met Huntex.
Byt vas die meeste handelaars is besig met Huntex.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
Hoekom begin jy nie 'n nuwe Topic Links handige gewere nie?
Dan as al die manne klaar is met die Huntex dan kan hulle kom komentaar daar lewer
Dan as al die manne klaar is met die Huntex dan kan hulle kom komentaar daar lewer
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
Musgrave het destyds met n groot poging LH gewere begin bou. Hulle was vas oortuig dat daar baie ondersteuning vir hul produk sal wees. Heelaas was dit gladnie die geval nie. By talle skoue waar Musgrave destyds uitgestal het, het bulle besluit om die publiek informeel uit te vra na die gebrek aan ondersteuning van hulle LH gewere. Die LH skuts het so te sê sonder uitsondering geantwoord, dat hul reeds jare so gewoont was, om met regshandige gewere te skiet, dat hulle bloot nie regkom met LH gewere nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Ja, muscle memory is 'n sterk ding, as jy gewoond is om dit op 'n sekere manier te doen, voel 'n ander manier net nie reg nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Ek vra dan omverskoning dat ek aweregs is manne, maar na meer as dertig jaar van skiet vind ek dit nog steeds totaal ongemaklik om oor te haal. Dis basies onmoontlik om 'n sg 'cheek weld' te behou en 'n konsekwente aanlêprentjie te hê. Die slotgrendel sit aan die verkeerde kant. Jy moet die geweer uit jou skouer weghaal en na links kantel om dit te doen. Gaan kyk bietjie na snelvuur ofeninge. Konsekwent is die linkshandige ouens stadiger met slotgewere agv die oorhaal van regshandige gewere met linker hande. Musgrave is al twintig jaar in die verlede, ek is sekere mense vandag is meer geneig tot alternatiewe keuses waar dit beskikbaar is. Dat daar minder linkshandige skuts as regshandige skuts is, is verseker so, maar ek glo daar is wel 'n vraag.
Ek persoonlik sou dus in die afsienbare toekoms 'n linkshandige geweer wil koop, en selfs 'n paar, maar wil nie 'n premie betaal vir die feit dat dit linkshandig is nie. Dit terwyl al die handelsmerke waarvan ek voorgestelde kleinhandelspryse van kon kry, dieselfde prys voorlê. Dus is my afleiding dat die groothandelpryse ook identies is. Die enigste variasie in pryse is by Remington, maar selfs daar is die verskil enkele dollars, nie tientalle dollars nie.
Die argument dat Suid Afrikaanse handelaars moet kompenseer vir lae omset van die betrokke item, hou eenvoudig nie water nie. Geen regdenkende handelaar hou aan om 'n produk aan te hou, as dit nie verkoop nie. Dis my ervaring. Die ouens wat dus aanhou, hou dit aan as dit verkoop, anders sal hy bloot sy voorraad wat nie verkoop nie, van die hand sit en nie weer nuwe voorraad bestel nie.
As ek nou vir 'n handelaar vra om vir my 'n linkshandige geweer te bestel, dan dra hy mos nie risiko nie.
Korrigeer my waar ek dit verkeerd het.

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
win270 wrote:Ek was gister toe by Huntex 2014.
Die diens by S&O was maar power en die Amerikaner agter die lessenaar kyk my toe baie onseker aan toe ek die woord "Nikon" aan hom noem. Dis bloot omdat sy uitspraak van dieselfde woord 'n paar planete van ons s'n verskil! ;-)
Nietemin, na vele rondlopery het ek uiteindelik vir my die Nikon 4-12 x 40 met BCD kruishaar vir slegs R2,300 gekry by Zimbi Books & Guns se stalletjie. Ek weet dis goeie waarde en met die 30-jaar lange waarborg en plaaslike naverkoopdiens wat Nikon het, is ek gerus. My besluit is die resultaat van al die vooraf huiswerk wat ek gedoen het en al die manne wat ook op hierdie forum al gepraat het dat Nikon baie goeie waarde bied vir die prys wat mens betaal.
Julle wat nog by Huntex 2014 'n draai moet gaan maak, geniet dit!!
Ai man, ek reken elke persoon/ klient is geregtig op a graad diens, en reg so,maar jy moes self kon sien, en besef, dat die helfde van die skou se besoekers by die S&O stalletjie was. Dit sal ook interresand wees om te weet wie die Amerikaner is waarna jy verwys, wat nie van die Nikon produkte weet nie, aangesien dit seker een van die produkte is waarvan S&O getalle gewys per jaar verkoop.win270 wrote:Ek was gister by Huntex 2014 en op soek na 3-9 x 40 of 4-12 x 40 (of 50) teleskoop. In my geval doen ek eers vooraf deeglik navorsing oor pryse by verskillende verskaffers en ek lees soveel moontlik "reviews" oor die betrokke teleskoop wat ek wil aankoop. Prys en waarde vir geld is vir my groot oorwegings. Gert, ek dink ons altwee stem baie saam oor die betrokke aspekte.
My begroting is ook beperk en dus het ek vooraf op die Nikon besluit. Toe ek by Huntex kom, is die diens by S&O maar power en die Amerikaner agter die lessenaar kyk my baie onseker aan toe ek die woord "Nikon" aan hom noem. Dis bloot omdat sy uitspraak van dieselfde woord 'n paar planete van ons s'n verskil! ;-)
Nietemin, na vele rondlopery het ek uiteindelik vir my die Nikon 4-12 x 40 met BCD kruishaar vir slegs R2,300 gekry by Zimbi Books & Guns se stalletjie. Ek weet dis goeie waarde en met die 30-jaar lange waarborg en plaaslike naverkoopdiens wat Nikon het, is ek gerus. My besluit is die resultaat van al die vooraf huiswerk wat ek gedoen het en al die manne wat ook op hierdie forum al gepraat het dat Nikon baie goeie waarde bied vir die prys wat mens betaal.
Dis nou maar sommer net my 2-sent . . .
Geniet die soektog en deel die uitkoms met ons, Gert!
Ek is bly jy het reg gekom met jou scope. Jy het verseker n wenner produk en reeks gekoop, ek dink soms moet ons passievolle jagters net so bietjie die groter prentjie raaksien.
Vertel ook asb van die nuwe BCD kruishaar. Sover ek weet het Nikon nog net die BDC, en dis die een wat die drie klein sirkeltjies ophet.
Veiligheid eerste manne!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
Johan, ek dink jy het n punt. As jy bestel en dan betaal, is die risiko tog joune. Ek is seker iewers gaan iemand jou help
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=81&t=28794
As jy nie van die pryse hou nie, hou verby. Julle doen skade aan die eienaar van daardie onderwerp se besigheid met onbenullige geskerts.
Kyk onder aan is daar net 'n opsie wat se "post reply" daar staan nerens niks van "you must reply now" nie, dis 'n keuse wat dalk moet verander na "please only reply if you can make a positive contribution" met "pop up messages" wat vra "are you you sure you want to reply?" en daarna "are you absolutely bloody sure you want to reply on this topic?"

Ek lei af dat hierdie ook eerder trofeediere is en nie biltongdiere nie. Pryse sal verskillend wees. EK is ook ongelukkig een van daai manne wat al gereageer het oor pryse wat ek gedink het te duur was...

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Ek stem Jaco, as die prys jou pla hou dan maar aan droom van daai lappie grond waar jy nog na hartelus verniet kan skiet soveel jy wil. Daai dae is verby !!!
Laat die wat het betaal en laat ons maar aanhou kwyl oor hulle masiewe mylpale...elkeen op sy eie mishoop...hulle kyk nie op ons neer nie(wys my een plek hier waar n bevooregte n armsalige af geknou het), hoekom sal ons hulle dan so beswader net oor hulle bereid is om op te staan en werk te maak van hulle lewens

Last edited by Marc on Sat May 03, 2014 1:38 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Ek wil sommer net weer hier kommentaar lewer. Ek het al so bietjie gaan rondkrap op webwerwe en advertensies en ek moet in alle redelikheid se dat die linkshandige gewere wat van die geweerwinkels adverteer nie noodwendig altyd duurder kos nie. S&O se webwerf is 'n voorbeeld daarvan. Daar is van hulle linkshandige gewere wat duurder is as hul regshandige ewekniee, en daar is linkshandige gewere wat gelyksoortig geprys is as hul regshandige boeties. Almal wys egter nie as beskikbare voorraad nie, dus kan ek nie bepaal of die pryse verwys na ou voorraad se pryse en of dit wel relevante pryse is nie. My afleiding is egter dat mens maar moet rond'shop' totdat jy kry wat jou smaak en jou sak pas.Johan Nel wrote:http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ad#p379860
Bg draad verwys. My vraag om hierby aan te sluit, hoekom is 'n linkshandige geweer in Suid Afrika duurder as 'n regshandige geweer. As 'n voorbeeld dui Ruger op hulle webwerf aan dat die prys op die linkshandige geweer dieselfde as 'n regshandige geweer.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
Wouter
Hierdie een is vir jou.
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/srimage_zpsf153f9b9.jpg
Hierdie een is vir jou.
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/srimage_zpsf153f9b9.jpg
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Hy het dit nodig nadat hy in die slagyster getrap het! 
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Hier is mos party van die manne wat dit https://www.youtube.com/watch?v=EtOzUVfO2rQ doen as hulle gek mee geskeer word. Is tog so jammer.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
BLOK wrote:Hier is mos party van die manne wat dit https://www.youtube.com/watch?v=EtOzUVfO2rQ doen as hulle gek mee geskeer word. Is tog so jammer.![]()
![]()
Die end resultaat kan natuurlik ook n slagyster genoem word
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
BLOK wrote:BLOK wrote:Hier is mos party van die manne wat dit https://www.youtube.com/watch?v=EtOzUVfO2rQ doen as hulle gek mee geskeer word. Is tog so jammer.![]()
![]()
Die end ruseltaat kan natuurlik ook n slagyster genoem word![]()
![]()
![]()
Goeie een Blok
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Oom PW en ander na aanleiding van waar die nou trek http://jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t= ... 75#p388775
Ek gesels vandag met 'n kollega. Hy vertel my dat van die myn manne wat nou so bietjie tyd op hande het gaan jag. Sommer 2 bussies, toe hulle by die hek stop sê hulle vir die ander bus se insittendes julle kan nou maar uitrek en hoef nie vir die res van die naweek weer aan te trek nie. Ongelukkig is hulle deel van die versamel naam Jagter in SA, sê wat jy wil dit is wat die publiek sien.
Nou stel julle voor wat so naweek gebeur, dit walg my.
Dalk is die boer medepligtig ek weet nie, maar as hy nie is nie wonder ek. of hy maak baie geld of lei verlies.
Ek gesels vandag met 'n kollega. Hy vertel my dat van die myn manne wat nou so bietjie tyd op hande het gaan jag. Sommer 2 bussies, toe hulle by die hek stop sê hulle vir die ander bus se insittendes julle kan nou maar uitrek en hoef nie vir die res van die naweek weer aan te trek nie. Ongelukkig is hulle deel van die versamel naam Jagter in SA, sê wat jy wil dit is wat die publiek sien.
Nou stel julle voor wat so naweek gebeur, dit walg my.
Dalk is die boer medepligtig ek weet nie, maar as hy nie is nie wonder ek. of hy maak baie geld of lei verlies.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
Ek wonder nou het Rupert en Michael van Breda iets in gemeen?
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=20&t=32254
http://www.jaracal.com/memberlist.php?m ... ile&u=4378
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/15ead0712776262736fe7d1e978ecd1c_4378_zpsa221d395.jpg

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Hijacking en ander geskerts!
Ja Frikkie. Een is 'n broodboom kenner en die ander een ken brood.Frikkiedbr wrote:Ek wonder nou het Rupert en Michael van Breda iets in gemeen?![]()
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=20&t=32254
http://www.jaracal.com/memberlist.php?m ... ile&u=4378
![]()
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/15ead0712776262736fe7d1e978ecd1c_4378_zpsa221d395.jpg
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Hijacking en ander geskerts!
Banke,
Ek het nou amper van my stoel af geval R30 diens vir 'n kontant deposito wat gemaak is onder R100
Waar gaan die banke een ??
Ek het nou amper van my stoel af geval R30 diens vir 'n kontant deposito wat gemaak is onder R100
Waar gaan die banke een ??