Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Jul 10, 2014 2:34 pm
Publiseer S&O dalk gereelde nuusbriewe wat iemand dan ook op Jaracal kan laai vir almal om te lees?
Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
http://www.jaracal.com/
Gee nie om wat jy te skryf het nie, jagstorie of treurmare, jy doen dit goed! Sterkte daar in die koue Vrystaat.stan man wrote:naand mede forum lede.
ekself het ook al deur geloop onder die snydende tik vingers van mede forum lede. soveel so dat ek ook daaraan gedink het om te onttrek
maar dit daar gelaat. my moeder se altyd "moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie"
maar ons as volwasse blanke afrikaners sien mos nie die son oor n ander skyn nie. dit is mos maklik om ons monde oop te maak teenoor n ander as ons hom of haar nie in die gesig kyk nie. en dit is so maklik om n ander te beswadder op n openbare forum want dit is mos nie persoonlik nie,want jy ken mos nie die ander persoon wat die houe vat nie. hy is mos maar net nog n ander naam op die forum. en soos daar nou reeds gese is, daar is n pophuis vol nuwe lede. gelukkig is daar diegene wat n opregte bydrae wil maak, en dan is daar die ghoen koppe wat die forum en sy lede skade doen. besef die werf etters (nuut en minder nuut) nie dat dit ons almal benadeel as ons lede verloor nie. en besef hulle ook nie dat hulle negatiwiteit afvryf op ander nie,dan raak dit n ketting reaksie wat op die ou end maak dat lede onttrek.
of ons dit wil glo of nie ons het mekaar nodig om te groei. en dan het ons winkels nodig om ons goete by te koop. as jy dalk n minder lekker ervaring by n winkel gehad het beteken dit nie ons almal het slegte ervarings gehad nie. kom oor dit !!! as ek nie gelukkig oor n winkel se diens is nie gaan ek net eenvoudig nie terug nie. daar is soveel ander plekke wat jou beter sal help as jy net n bietjie wil rondkyk. maar ons is te lui om 3 straat blokke verder te ry tot by n ander winkel, nou gee ons maar die arme man n pak en tien teen een kruip ons oor 2 maande terug na dieselfde winkel toe en dan gebruik ons nie n skuilnaam nie,want ons is te 11.1.11 sleg om te erken ons het verkeerdelik opgetree.
die kort van die lank is nou maar net dit: AS JY NIE IETS GOEDS VAN N ANDER KAN SE NIE. HOU DAN JOU BOER BEK !!
as jy n probleem met n persoon of entiteit het, wees dan mans genoeg om dit in persoon te probeer uit sorteer en hou vir n slag op om jou muf wasgoed in die openbaar te was.
groetnis uit n bitter koue vrystaat uit.
Ek stem volkome saam. Moet nooit jou brûe verbrand nie. Net een dag is jy in die nood en het jy geen ander uitweg nie en is dit gewoonlik daardie einste "use-less" d@nn€r wat jou help.Fritz Hagen wrote:Ek vind dieselfde met geweersmede. Vir elke ou wat 'n slegte ervaring gehad het by 'n spesifieke geweersmid is daar tien ander wat net met lof kan praat oor hom.
Gaan waar jy gelukkig is en moenie iemand swartsmeer nie.
Ek sien deesdae artikels in sekere Jag tydskrifte dat alle SA wapensmede maar "use-less" is - maar hulle kan vinnig hulle vriende stuur om jou vir raad te kom vra namens hom. Nog iets wat na my mening die wapen berdyf seermaak.Gawie(7mm) wrote:Ek stem volkome saam. Moet nooit jou brûe verbrand nie. Net een dag is jy in die nood en het jy geen ander uitweg nie en is dit gewoonlik daardie einste "use-less" d@nn€r wat jou help.Fritz Hagen wrote:Ek vind dieselfde met geweersmede. Vir elke ou wat 'n slegte ervaring gehad het by 'n spesifieke geweersmid is daar tien ander wat net met lof kan praat oor hom.
Gaan waar jy gelukkig is en moenie iemand swartsmeer nie.
BRNO, ek weet jy verwys hier na my, en en ook later in nog van jou plasings (ek dink jou mag moontlik 'n boekhouer wees want jy tel die goedjies mooi bymekaar). Jy verwys ook na 2 lede met 1000+ plasings wat onsinnighede plaas en wie die forum nie nodig het nie; miskien is ek weer een van hulle.BRNO (Pierre) wrote:Wouter, jy kan gaan kyk by die huidige draad wat gaan oor Handelaars en pryse. Die draad oor die opening van die nuwe winkel in JHB. Die CCI primer sage waar Willem vertel is hoe hy moet besigheid doen. ek reken egter die draad is verwyder. Die fadersdag special waar Willem weereens uitgekruit is oordat dit slegs vir instap kliente was, en nie ook vir die manne wat posbestellings maak nie. Ek reken egter ook dat die draad verwyder is. Nie 100% seker nie.
Chevvy SS wrote:Tweedens dink ek nie dat dit in die algemene gees van Jaracal is nie. Terloops, wat is jou mening van Steve en Die Stem?
As jy nou nog nie die "voel" vir "ons" gekry het nie dan weet ek wratag self ook nie meer nieChevvy SS wrote:Ek het 2x gelees voor ek hierdie geplaas het.
BRNO (Pierre) wrote:Eugene, jy is 100% reg, en as myself hieraan skuldig gemaak het, vra ek die forum omverskoning. Partykeer trek ek myself die goed maar net te veel aan.Eugene wrote:![]()
![]()
![]()
Geno, beter kon jy dit nie gestel het nie!
Ek dink die naamloosheid van 'n "skuilnaam" en die afstand, gee mense baie guts agter hulle sleutelborde en rekenaarskerms.
'n Mens moet dalk net passop dat jy nie so groot "internet warrior" raak, dat jy jouself en jou mede-forum gebruikers, op die uiteinde onnodige skade aandoen nie....
Chevvy, eerstens jy is 100% reg dat ek in my skrywe na jou verwys het. Die tweede lid was ek verkeerd oor sy aantal skrywes. Die persoon het Vrydag slegs 77 gehad, en ek het nie weer gekyk hoeveel hy vandag het nie.Chevvy SS wrote:BRNO, ek weet jy verwys hier na my, en en ook later in nog van jou plasings (ek dink jou mag moontlik 'n boekhouer wees want jy tel die goedjies mooi bymekaar). Jy verwys ook na 2 lede met 1000+ plasings wat onsinnighede plaas en wie die forum nie nodig het nie; miskien is ek weer een van hulle.BRNO (Pierre) wrote:Wouter, jy kan gaan kyk by die huidige draad wat gaan oor Handelaars en pryse. Die draad oor die opening van die nuwe winkel in JHB. Die CCI primer sage waar Willem vertel is hoe hy moet besigheid doen. ek reken egter die draad is verwyder. Die fadersdag special waar Willem weereens uitgekruit is oordat dit slegs vir instap kliente was, en nie ook vir die manne wat posbestellings maak nie. Ek reken egter ook dat die draad verwyder is. Nie 100% seker nie.
Ek het ook onder snydende kritiek deurgeloop van ander "hoogheilige" lede oor die Vadersdagaanbod en as 'n moangat uitgekryt. Ek is DEEL van die S&O FAMILIE en wou net dieselfde voordeel verkry. Ek dink ook jy is verkeerd as jy dit as rede toevoeg tot Willem se vertrek, aangesien hy genoem het dat hy in die toekoms iets vir die sogenaamde posbestellers sal doen. Terloops, ek doen 99% van my bestellings aanlyn, en toe ek onlangs vir die 2de keer in die winkel was, is daar na my "profiel" gekyk (aankope) wat bepaal het vir watter korting ek kwalifiseer. Dit is die hoofrede hoekom ek uitgesluit gevoel het.
Eerstens verstom ek my dat jy voorstelle op die forum maak dat lede hulself moet verwyder en daar sonder hul klaargekom kan word. Wat plaas jou in die posisie om dit te doen? Tweedens dink ek nie dat dit in die algemene gees van Jaracal is nie. Terloops, wat is jou mening van Steve en Die Stem?
Pm's is beskikbaar om interne griewe te lug en uit te sorteer en ek dink nie die forum baat daarby om ander lede persoonlik aan te val of te verkleineer nie, tensy iemand homself natuurlik belangriker ag as die res.
Ek het 2x gelees voor ek hierdie geplaas het.
Hulle doen ja, soos bevoorbeeld nou. Daar is 'n hele paar mooi spesials oppad en raai wat....dit gaan laaste hier verkondig word so sterkte as daar limited vooraad gaan weeswin270 wrote:Publiseer S&O dalk gereelde nuusbriewe wat iemand dan ook op Jaracal kan laai vir almal om te lees?
ttgtgg wrote:Ek like jou hond
Julle ouens kan nogal bietjie te ernstig raak.
Ek herlaai, ek skiet, maar jag nie meer so baie nie want ek is nie meer lus daarvoor, ek het kennis en ervaring van so 30 jaar nadat ek 20 beword het.
Maar hier is almal slimmer as die ander en niemand gun iemand anders iets nie.
Ek ken so lid of twee hier en sien dat daar nie altyd die waarheid gepraat word nie.
Ek is uitgesproke en het so grootgeword, ek gaan praat nie tjol agter n ou se rug nie, ek vat hom aan en ons praat reguit met mekaar.
n storie wat later met n draai terug kom is nie reg nie.
Se jou ding en se dit klaar as ander nie daarvan hou nie praat terug se wat jy voel, ons almal dink anders en was verskillend deur ons ouers reg gemaak vir die wereld.
Jakkalsgat wrote:Goed manne hierdie is die Hi-jack topic en nooi ek elke "Hijacker" om nou hier te kom deelneem en te gesels oor wat ookal, hier kan almal deelneem en niemand mag kwaad raak vir niemand nie maar jy mag wel ander onderwerpe hier kom "Hijack". Jy moet net die onderwerp noem en van die punt af hier kom "post", dan is jy welkom om jou kwinkslae hier te toets.
Maak met hom wat julle wil.
Wouter Roets wrote:Kaptein
Jy sal nou moet uitkom en se wie jy is! Hoe weet jy ek het Saterdag in die "lekker" toestande geskiet? Darem nie te sleg gegaan nie en moes eintlik n beter kaliber as die 223 Ackley gevat het. Weet nou nog nie hoekom ek nie die 6.5 Creedmoor liewers ingepak het nie. Gelukkig het die 416 Rigby darem nie te veel gesukkel in die wind nie.
Die wenner van die dag het n verstommende 5 skoot groepering van niks groter as 10mm geskiet op 300m. As ek nou regtig wil puntenerig wees kon hy so 3mm links gemik het om mooi senter in die V30 kol te gewees het. Ek bedoel hierdie letterlik. Seker van die beste skietwerk wat ek al in my lewe gesien het. Die persoon oefen werklik hard en n mens is ontsaglik trots op sy prestasie.
Groetnis
Wouter
Johan Nel wrote:http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=33690
Na aanleiding van die meegaande onderwerp se opskrif "Skiet beeste met leesbril" wil ek maar net opmerk dat ek beeste maar eerder met 'n geweer sal skiet. My leesbril sal nie die pyp rook nie...
James Wilson wrote:Johan Nel wrote:http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=33690
Na aanleiding van die meegaande onderwerp se opskrif "Skiet beeste met leesbril" wil ek maar net opmerk dat ek beeste maar eerder met 'n geweer sal skiet. My leesbril sal nie die pyp rook nie...
Ek het gewag vir die een, konnie die versoekking weerstaan nie! Skerp Johan!!!
jy reken...Gromit wrote:Dink bietjie wat is Oscar se verweer in die saak.
Hy het nooit n wapen gesien nie en sy lewe was nie in gevaar nie maar hy het gedink dit is. Dit is putatiewe noodweer.
Ek dink nie hy het n been om op te staan in sy saak nie maar elke saak word op eie meriete hanteer.
As jy jou wapen rig op iemand wat besig is om jou kar te roof( roof impliseer reeds n mate van geweld) sal jy nie skuldig bevind word nie. Dit is jou reg om jou eiendom te beskerm, maar onthou net dat daar n balans moet wees tussen die verkeerde optrede en jou afweershandeling.
Jy kan nie iemand doodskiet omdat hy jou sak biltong steel nie. Maar as jy hom vriendelik versoek om uit jou kar te klim met die hulp van mr 9mm sien ek geen probleem nie. Moet hom asb net nie skiet as hy nie jou lewe bedreig nie