Page 30 of 400
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Jul 31, 2014 6:14 pm
by Piet Pille
Gawie/ Kaptein/Carl...
Julle gee nou 'n hele nuwe dimensie aan die skietery.... om aan te vul by julle vorige wyshede, net nog so paar oorwegings:
1) Ek kan nie genoeg klem le op die belangrikheid van die regte koeels deur die regte lope nie.... in my bedryf sien ek gereeld die effek van verkeerde ammunisie en skiettegnieke op dodgy teikens.... dinge soos gekraakte receivers, die loop wat knoppe druk en eenmal selfs "headseparation" ....!
2) Dit bring my by die tweede belangrike punt.... maak seker jy skiet op jou eie teiken! Ek kan nie eers begin om te vertel hoeveel skuts al by skietbane verbied, bakleiery ontstaan en manne hulle skiet lisensies verloor het nie agv 'n "ge-cross fire" nie..... eie teiken manne....
3) Besluit voor die tyd of jy net wil gaan teiken skiet of wil gaan trofee jag. Papierbokke is dalk nie die real maccoy nie, maar dit gee jou darem oefening en is heelwat goedkoper. Te veel manne gaan met die idee om paar skote op die teiken te gaan oefen en kom dan terug met een of ander eksotiese trofee waarvoor hy nie gebudget het nie en dan vir die res van sy lewe moet afbetaal.
Nou ja, dit dan solank nog so paar belangrike aspek in die skietsport waarmee rekening gehou moet word.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Jul 31, 2014 6:25 pm
by Carl
Nee hel manne julle is nou baie skerp so op die Donderdagaand LMGA
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Jul 31, 2014 7:36 pm
by Capt. Yoda
Pieter Vorster wrote:
. Papierbokke is dalk nie die real maccoy nie, maar dit gee jou darem oefening en is heelwat goedkoper.
Lmga

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Jul 31, 2014 7:48 pm
by PWV
Gewoonlik die manne met die enkelskoot-aksies wat gevaarlik is.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Thu Jul 31, 2014 8:08 pm
by Pvdw

Baie skerp julle klomp manne hier.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Fri Aug 01, 2014 9:27 am
by PWV
Die Paarl het tot stilstand gekom! Die dorp is in twee verdeel en bloues (Galpille) en groenes (Bloedworse), praat nie met mekaar nie, want dit is interskole-naweek. Die dorp lewe en wemel van oudstudente van oor die hele wêreld wat hierdie kragmeting op die rugbyveld bywoon - die grootste interskole-kragmeting in SA tussen hierdie twee roemryke skole, Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool.
So, ek en Gawie(7mm) praat nou eers weer na Maandag met mekaar!!
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Fri Aug 01, 2014 10:27 am
by tau
Pieter Willem Vorster wrote:Die Paarl het tot stilstand gekom! Die dorp is in twee verdeel en bloues (Galpille) en groenes (Bloedworse), praat nie met mekaar nie, want dit is interskole-naweek. Die dorp lewe en wemel van oudstudente van oor die hele wêreld wat hierdie kragmeting op die rugbyveld bywoon - die grootste interskole-kragmeting in SA tussen hierdie twee roemryke skole, Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool.
So, ek en Gawie(7mm) praat nou eers weer na Maandag met mekaar!!
My suster was in Gim en haar man in Boishaai die kinders verstaan nie hoekom mamma en pappa kwaad is en vir mekaar grom nie.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Fri Aug 01, 2014 11:14 am
by 375fanatic
Pieter Willem Vorster wrote:Gewoonlik die manne met die enkelskoot-aksies wat gevaarlik is.
en ek dog die ouens wat nie ken van reverse nie
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Fri Aug 01, 2014 1:35 pm
by Gawie(13mm)
tau wrote:Pieter Willem Vorster wrote:Die Paarl het tot stilstand gekom! Die dorp is in twee verdeel en bloues (Galpille) en groenes (Bloedworse), praat nie met mekaar nie, want dit is interskole-naweek. Die dorp lewe en wemel van oudstudente van oor die hele wêreld wat hierdie kragmeting op die rugbyveld bywoon - die grootste interskole-kragmeting in SA tussen hierdie twee roemryke skole, Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool.
So, ek en Gawie(7mm) praat nou eers weer na Maandag met mekaar!!
My suster was in Gim en haar man in Boishaai die kinders verstaan nie hoekom mamma en pappa kwaad is en vir mekaar grom nie.
My vrou was ook in Gim. Hel dus 'n goeie meisie-skool daai.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Sun Aug 03, 2014 3:11 pm
by Johan Nel
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=34304
Te oordeel aan die kommentare op bg draad, klink dit vir my die groothandel dieselhandelaars in Bloemfontein is 'n potensiele spul skelms...

.
Vir 'n "feit" meng van hulle glo paraffien met die diesel..., of hulle is darem onredelik duur, Ai-ai!!!
Sal ons bietjie vra vir name en bewyse van hierdie "feite"?

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Sun Aug 03, 2014 6:58 pm
by PWV
Dit maak my tiete lam!!!
Ouens wat te lui is om die "search"-funksie te gebruik.
Dan word iets ge-"post" wat al holrug gery is en wat goed gedebatteer is in vorige "posts".
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Sun Aug 03, 2014 7:44 pm
by Geno
Oom Pieter.
Watse silencer kan ek op my geweer sit, en wat is beter tussen .308 en .30-06?
Laaste vraag. Is n Howa regtig goeie waarde vir geld?
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Sun Aug 03, 2014 7:47 pm
by vlakvark1
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Sun Aug 03, 2014 7:52 pm
by BRNO (Pierre)
Johan Nel wrote:http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=34304
Te oordeel aan die kommentare op bg draad, klink dit vir my die groothandel dieselhandelaars in Bloemfontein is 'n potensiele spul skelms...

.
Vir 'n "feit" meng van hulle glo paraffien met die diesel..., of hulle is darem onredelik duur, Ai-ai!!!
Sal ons bietjie vra vir name en bewyse van hierdie "feite"?

Johan. Ek sien nie mooi hoe kan jy se uit die draad uit dat die manne vir n feit skelms is nie. Lees mooi. Daar is maar een of twee tong in die kies opmerkings ook, wat saam met die smileys ens gaan.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Sun Aug 03, 2014 8:17 pm
by Johan Nel
Pierre,
Jy is reg, en spesifiek jou kommentaar weet ek was tong in die kies en dat dit deel was van 'n draakstekery. Ek vra om verskoning vir die mate wat ek wel jou gedeelte aangehaal het vir die effek van my post en dat jy daarmee ongemaklik voel. Ek het netnou wel vir jou 'n PM probeer stuur om jou te waarsku dat ek dit wel gaan doen, maar om een of ander rede wou die PM nie post nie en het ek dit toe gelos met die gedagte om wel weer later te probeer. Tyd het my gevang...

Ekskuus weereens daaroor.
Ek wil egter kommentaar lewer en kry in die opsig dat een man 'n draad begin om sy mede forumlede van wat hy reken 'n goeie prys is vir 'n produk, mee te deel en dadelik begin daar kommentaar en half verdagmakery kom oor wat ek dink nou nie van toepassing is op wat die man probeer sê nie. Dit kan wees dat hierdie ouens ook nou maar nie bybedoelings het nie.
Hier waar ek bly, ken ek al die kleiner groothandelaars wat diesel smous, want ons koop jaarliks grootmaat diesel aan en alhoewel besigheid fel is, het dit my nog nooit opgeval dat die manne hulle kliente doelbewus sal verneuk met die kwaliteit van hulle produkte nie. Dieselfde geld vir die kleinhandelaars. Ek dink ook nie die manne in Bloemfontein doen dit nie. Daar is op die draad wat ek aangehaal is, ongegronde "feite" genoem spesifiek mbt Bloemfonteinse handelaars en ek het gehoop dat die betrokkene sy "feite" hier sal kom verdedig. Tot dusver het daar nog nie reaksie van daardie oord gekom nie. Ek sien wel dat die post wat die "feite" noem, nie meer daar op daarde draad is nie. Ek vermoed die persoon het dit seker maar verwyder.
Groete,
JHN
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Sun Aug 03, 2014 8:53 pm
by Johan Nel
Oom Pieter,
Weet oom dalk hoe om 'n Howa se sneller ligter te maak?

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Mon Aug 04, 2014 7:01 am
by BRNO (Pierre)
Johan Nel wrote:Pierre,

Ales reg Johan. Dankie ook vir jou uitwys.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Mon Aug 04, 2014 8:38 am
by Capt. Yoda
Geno wrote:Oom Pieter.
Watse silencer kan ek op my geweer sit, en wat is beter tussen .308 en .30-06?
Laaste vraag. Is n Howa regtig goeie waarde vir geld?
Koop n 30.06 en skiet hom sonder n silencer man. Moenie n girl wees nie!
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Mon Aug 04, 2014 8:48 am
by PWV
Geno wrote:Oom Pieter.
Watse silencer kan ek op my geweer sit, en wat is beter tussen .308 en .30-06?
Laaste vraag. Is n Howa regtig goeie waarde vir geld?
KILO ALPHA KILO

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Tue Aug 05, 2014 2:58 pm
by Jaco123
Kan een van die Mods my kontak op PM. Ek sal graag wil weet hoekom my post van die aardbewing verwyder is.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Tue Aug 05, 2014 3:01 pm
by Koos Barnard
Ek was nie in Paarl op skool nie maar... daar wen die "goeie meisieskool" toe die game.
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Tue Aug 05, 2014 3:04 pm
by Hugo
Johan Nel wrote:
Oom Pieter,
Weet oom dalk hoe om 'n Howa se sneller ligter te maak?

Moet n mens jou Howa se loop in breek of nie, is dit nodig of nie, gaan hy langer hou of nie, wat is die prosedure?
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Tue Aug 05, 2014 3:09 pm
by Gawie(13mm)
Koos Barnard wrote:Ek was nie in Paarl op skool nie maar... daar wen die "goeie meisieskool" toe die game.
Koos, die meisieskool het nie gewen nie maat, Boishaai wou nie wen nie.

Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Tue Aug 05, 2014 3:11 pm
by Koos Barnard
Gawie(7mm) wrote:Koos Barnard wrote:Ek was nie in Paarl op skool nie maar... daar wen die "goeie meisieskool" toe die game.
Koos, die meisieskool het nie gewen nie maat, Boishaai wou nie wen nie.

Ja, ja ek verstaan, dood moet 'n oorsaak he, ha-ha
Re: Hijacking en ander geskerts!
Posted: Tue Aug 05, 2014 3:22 pm
by tau
Koos Barnard wrote:Gawie(7mm) wrote:Koos Barnard wrote:Ek was nie in Paarl op skool nie maar... daar wen die "goeie meisieskool" toe die game.
Koos, die meisieskool het nie gewen nie maat, Boishaai wou nie wen nie.

Ja, ja ek verstaan, dood moet 'n oorsaak he, ha-ha
Dus oor die tweejaar wat ek in daai meisiesskool was dit dit so goed met hulle gaan. Dink net as ek die volgende drie ook daar was.
Gawie weet julle Boishaaiers nog hoe voel 'n wen?