Page 4 of 57
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 12:32 pm
by Biltongjagter
Nee, maar het jy al met enige van die twee tipes koe?ls wat jy hier vermeld gejag?
Hoe vergelyk die resultate?
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 12:52 pm
by Rasmus
Ek het n bosvark met die impalas geskiet. Net net agter blad het voorbeen getref. Dwarsdeur en hy het letterlik gebloei soos n vark!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 12:56 pm
by Jagtersdok
Biltong
Jy praat seker van GSC n?.
Rasmus ek sal nie peuter met daai 303 en die 150gr nie. Jou Trajek gaan nie noemenswaardig vebeter nie en hy skiet baie mooi.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 1:04 pm
by Biltongjagter
Rasmus, wat het die erge bloeding veroorsaak volgens jou waarneming nadat bosvark afgeslag is?
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 1:24 pm
by Rasmus
Biltong
Ek het nie n nadoodse ondersoek gedoen nie............ Het net wel opgemerk dat die bloedspoor rerig meer beduidend was as anderkere met dieselfde skootplasing en ander gewone loodkern koe?ls(punte).
Ek het al GSC in my geweer geskiet en redelike groepe gekry.
Enigste moeilikheid met hulle is dat hulle bietjie meer puntenerig is met die laai as jy verstaan wat ek s?. Ek het sommer die beginlading gevat met die Impalas en hulle het goed gegroepeer.
Met die PMP's selfde storie kyk die somchem boekie so try 41gr S335 vat somchem se TPL en daar gaat hy werk toe heel lekker.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 1:29 pm
by Stefan764
HOOR HOE PRAAT DAAI MAN VAN DIE IMPALAS!!
Hoor daar, hoor daar.....
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 2:02 pm
by Biltongjagter
Enigste moeilikheid met hulle is dat hulle bietjie meer puntenerig is met die laai as jy verstaan wat ek s?.
Nee, verstaan nie regtig nie!
Ek laai vir 4 gewere (.222, .270, 7mmRem Mag en .308) GSCHV koe?ls en nie een van hulle is 'puntenerig' om uiters akkuraat te skiet met di? koe?ls nie.
Punt is, die verskil tussen die 2450vps en s? 2800vps+ wat jy met GSCHV se 140 gr moontlik kan verkry uit jou .303, gaan verseker 'n redelike verskil in trajek maak sonder om noemenswaardige swakker groepering te verkry. Inteendeel, eerder beter groeperings soos wat ek ervaar het.
The bottomline, soos hulle sal s? is, beter skootplasing agv platter trajek raak soveel makliker vir die ou wat die sneller trek om te behaal.
Maar nou ja, dis vir elke ou om homself maar uiteindelik onbevooroordeeld te oortuig deur die produk te gebruik soos voorgeskryf deur die vervaardiger.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 2:14 pm
by Jagtersdok
Hehehe Oom gerhard is te KWAAI om raad te vra oor sy "koe?ls) . Nee ek speel net.
Wat ek bedoel het met platter trajek in die spesifieke geval was dat sou Rasmus die 150gr punte bly skiet, sou dit nie vir hom 'n noemenswaardige verskil vir beter trajek gee met daai spesifieke punt as hy spoed sou jaag nie.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 2:18 pm
by Jagtersdok
Jy gaan verseker beter spoed kry met GSC se 140gr HV met platter trajek en dalk beter groepering, maar dalk ook nie
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 2:24 pm
by Stefan764
Dokka ek stem. Kyk maar hoe min verander daai trajek van my 7mm
Ons jaag hom nog 350ft/sek aan en wen skaars n duim...
Manne, hoor nou wat ek se, LOS n gun as hy group. Leer ken eerder jou trajek en oefen om afstand te skat.
Stef
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 2:48 pm
by Rasmus
Biltong
Ek wil nou nie in n argument betrokke raak oor GS customs nie. Soos ek reeds ges? het ek het hulle al geskiet en die groep was soos volg
[img width=800 height=600]
http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 40grgs.jpg[/img]
Die lading en sy spoed was
Lading
43Gr S335
CCi 250
Spoed 1) 2760 2) 2766 3) 2755
Die ding is net ek het nie n chrony nie. So om presies te volg wat GS Custom s? is nie tans in my geval moontlik nie. Ek laai ook nie so fyn soos wat GS se voorstelle is nie. Ek het maar van daai rooi herlaai toerusting.......
Feit is ek het makliker groeperings met PMP's en Impalas gekry as met GS customs. As ek kan kies sal ek graag die GS'se wil skiet, ek ek is nog nie 100% oortuig met die Impalas nie.
Sorry Stefan as ons jou thread bietjie gehighjack het.
Dankie vir almal se insette.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 5:03 pm
by Biltongjagter
So om presies te volg wat GS Custom s? is nie tans in my geval moontlik nie. Ek laai ook nie so fyn soos wat GS se voorstelle is nie.
Soos jy s? hierbo Rasmus, daar kan nie 'n argument wees nie, aangesien jy die 140gr GSCHV nie tot sy volle potensiaal laat kom het nie, weens omstandighede.
'n Jarelange 303 jagter het ges?: Die GSCHV 140gr het my majuba kettie skielik in 'n langafstand, platskieter verander.
Stef, spoed alleen maak nie die groot verskil nie, maar wel die v?r beter koe?l ontwerp en die gevolglike baie meer aanvaarbare SF (stabiliteitsfaktor) van die GSCHV gee soveel meer vlug stabiliteit - d?t tesame met ho?r spoed bring mee die veel platter trajek, in vergelyking met koe?ls wat oor 'n mindere SF beskik.
Jagters wat wel die GSCHV in hule 7 x 64 (ook 7 x 57) gewere gebruik volgens voorskrifte, is baie tevrede met hul jag resultate.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 8:02 pm
by Nico Harris
net n vragie...hkm is die gs manne altyd beskermend? ek het hulle al gebruik en hulle was puik!!! maar vir wat ek doen en hoeveel ek skiet het n ander faktor my iets anders laat gebruik...prys! ek kan die gs net nie bekostig nie! ek hou van klein groups... maar ek hou nie van groot woorde nie. ek vind maar net dat ek ek bv in my 30-06 n 180gr conventional koel baie maklikker kan laat group en met baie minder moeite!
groete
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 8:22 pm
by Biltongjagter
net n vragie...hkm is die gs manne altyd beskermend?
Nico, dis baie eenvoudig.
Koop jy 'n grassnyer met 'n tweeslag enjin waar die vervaardiger voorskryf dat jy tweeslag olie moet gebruik, dan doen jy dit!
Koop jagters GSC koe?ls, dan word die vervaardiger se voorskrifte of ge?gnoreer of slegs gedeeltelik nagekom wat natuurlik lei tot ongewenste of swakker resultate.
Die GSC produk word dan afgekraak of in vergelykings met ander produkte as die swakkere uitgewys.
D?t in antwoord op jou bogenoemde vraag.
Kom die vervaardiger se gebruiksaanwysigings volledig en stiptelik na en jy sal baie aangenaam verras wees om te sien waarvoor jy betaal. Oor-en-oor hulle geld werd.
Terloops, baie ingevoerde koe?ls is deesdae heelwat duurder as die plaaslik vervaardigde GSC koe?ls.
Groete,
Koos.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 8:30 pm
by Jagtersdok
Soos 'n ware GSC agent moet praat Koos

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 9:00 pm
by Nico Harris
ek dink julle hoef gladnie gsc koels te beskerm nie...talk is cheap,but money buys the whisky! ek die gsc produk het homself klaar meer as goed genoeg bewys!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 9:36 pm
by baboonstalker
Meen Dok daar is al weer 'n skim op die horison

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Nov 25, 2010 11:16 pm
by Jagtersdok
Nee Baboonstalker
Koos is nie skim nie. Dis Kobus geldenhuis van Techfund Destributors. Hy is een van GSC se groot agente. Maar hy kruip of steek dit nie weg nie. Dit staan op sy profile ook so hy is ligit

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Fri Nov 26, 2010 7:32 am
by George22250
Manne, julle neem mooi munte af, party moet eerder fotos neem...
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Fri Nov 26, 2010 9:21 am
by Jagtersdok
George
Ek gebruik die munte om vergelyking te kan skep hoe groot die groep is
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Wed Dec 01, 2010 8:24 pm
by Stefan764
Maat, jy mag maar gooi met daai 300....
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Wed Dec 01, 2010 9:24 pm
by henslin
Onthou my asb. as die dinges die fan strike - ek is aan jou kant !!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Wed Dec 01, 2010 9:48 pm
by Jagtersdok
Kyk net hoe lekker loop daai 300.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Dec 02, 2010 7:00 am
by Stefan764
Ludwig wrote:
Was maar nie maklik om die vol fiemies 300 te kry om so mooi te loop nie.
...maar dit was dam LEKKER....

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Dec 02, 2010 7:23 am
by henslin
Stefan - dan is hy nog beskeie ook . Ek noem dit sommer 'brag' in die stilligheid. Was nie een dag se oefening om daar uit te kom nie