Page 4 of 400

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 5:27 pm
by tau
tripodmvr wrote:Het jou verlore beeste al te voorskyn gekom? Baie spelfoute kom ook voor agv die Engelse spel checker. Hy verander Afr woorde om by sy sin te pas.
Een gekry by buur plaas. My ander drie is nog weg. My eie skuld ons twee plase word deur 'n ander plaas en die R46 pad veskei en die speen verse, koeie en jong koeie wat by bul is op drie uithoeke geplaas, maar met ons klein kampies het hulle seker mekaar gehoor bulk.

My pa sal later gaan vlieg en kyk of hy iets in die rivier sien.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 7:32 pm
by HennieC
Bietjie gal braak
Hoekom is daar ouens op die forum wat ander manne se toerusting afkraak of 'n eier te lê het?
As mens nie iets goed kan sê van iemand of sy toerusting nie bly maar eerder stil.
Daar is mense wat ken, dan is daar die wat dink hulle ken en dan is daar die $o**ers wat iets ongepas te sê het.
Ek lees deesdae net posts wat mense op sit wat ken die ander maak oop en toe en gaan verby.

Leef en laat leef

Nou voel ek beter en kan die ou jaar uit gaan.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 7:35 pm
by Cobus(Cobb)
Hennie, is jou stoel klaar??Wanneer ry ons uit??

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 7:37 pm
by HennieC
Het jy veld ek kan jou optel oor 'n half uur.
Stoel is nie geverf nie sal volgende jaar laat sand blasting doen en dan verf

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 7:41 pm
by Cobus(Cobb)
eks weer in jhb, gaan nou maar eers nuwejaar party hou vir paar dae..dan maar weer 2014 se jakke oneties jag met skerp ligte en roepers en rangefinders.....skuus, skiet,.... nie jag nie!!

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 7:59 pm
by HennieC
Ai Cobus ek gaan 2014 teen almal se waarskuwings in met:
1. Wit bakkie
2. Hela spotlight op side arm van bipot gemount.
3. Tapedeck en 50meter twinflex draad met 2 speakers (het nie cd player nie)
4. Bipot om die geweer op te rus vir skiet.
5. Geen rangefinder nie en sal afstande moet skat.
6. Ek gaan om te skiet want as ek moet jag sal ek moeg raak. (ek is gebou vir gemak nie vir spoed nie het ook nog nooit 'n maar stoetbul gesien nie)

Hoop net nie die tapedeck se tapes rek nie.
Enige voorstelle is welkom(net tot 31/12/2013)
:laugh: :laugh: :laugh: >:D >:D

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 8:04 pm
by Geno
HennieC wrote: Enige voorstelle is welkom(net tot 31/12/2013)
:laugh: :laugh: :laugh: >:D >:D
My voorstel:
Laat weet my asb waar jy jag sodat ek nie hoef tyd te mors op skelm jakkalse wat jy agterlaat nie. ;)

'n Goeie mechanic werk nie aan karre met sub standaard toerusting nie. Hoekom geld dit nie vir jakkalsjagters nie?

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 8:20 pm
by Pvdw
Hoekom is daar ouens op die forum wat ander manne se toerusting afkraak of 'n eier te lê het?
Hennie, ek gaan hier 'n antwoord waag as ek mag.

Die forum is begin vir of die ernstige amateur of die profesionele jakkals jagters. Dis die hart en die siel van die ontstaan van die forum.
1. Wit bakkie
2. Hela spotlight op side arm van bipot gemount.
3. Tapedeck en 50meter twinflex draad met 2 speakers (het nie cd player nie)
4. Bipot om die geweer op te rus vir skiet.
Nou as jy bg. toerusting wil verdedig as korek/voldoende moet jy sekere op/aanmerkings tewagte wees.

So geld dit vir enige beroep in die wereld.

Ek voel ook dat 'n man wat 'n aircon met 'n hammer en bytel instaleer i.p.v. 'n ordentlikke coredrill is 'n fly by night of lus vir sukkel. Ten minste maak die hammer en bytel man nie 'n ander man se jakke slim nie. ;) Soos jy tereg sê"Leef en laat leef"

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 8:34 pm
by mossie
Hallo

Ek sal nou en dan die opsomming doen (en dan net die feite ook gee)

Die basis van spelling is lees. Elke ou wat iets op hierdie forum lees, is besig om sy spelling te verbeter. TRUST MY en hou aan hier lees en skryf en check jou vordering oor drie jaar.

Tot op 300 meter jag jy - vanaf 300.1 meter skiet jy. Moenie stres nie - biltong proe dieselfde.

Ouens met 338 lm gewere kan net jag as hulle baie geld het - hulle moet dan vir drie gidse betaal om te help dra aan daardie kanon.

GS of Barnes X? IN YOUR DREAMS Stefan.

Ek dog net BMW, Mercedes, 4 by 4, en Double Cab word ge-hijack - nou hoor ek topics en posts ook.

Groete

MOSSIE

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 8:37 pm
by HennieC
Geno en Pvdw
Ek hoop nie julle dink ek is erenstig oor die toerusting nie. Dit is met tong in die kies gesê.
Het al van die regte toerusting.(vra maar vir Cobb)
Sal hopelik die jaar kursusse kan bywoon ook.
Het darem al 7 jakke geskiet waarvan 6 saam met Cobb was.

Ek sal nie die jakke wil jag as ek nie reg is daar voor nie. Dit is nie net van roep en skiet nie.
Ek het al baie op die forum gelees oor die jakke en lees elke nuwe post wat ek kan.
As julle my nie glo nie vra vir Cobus of ek wil rond @ok of is ek erenstig oor jakke jag.

Groete
Hennie
P.s ek sal graag sekere mense nog persoonlik wil ontmoet wat groot bygedrae het tot die forum.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 8:43 pm
by Pvdw
Hennie ek sou nog jou toerusting kon verskoon maar die Cobb man weet ek nie so mooi van nie. Ek sal weer oor hom dink as ek jy was.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 8:45 pm
by Marc
Mossie daai is nou n mooi braaksel, jy weet natuurlik jy gaan agter jouself skoon maak >:+

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 8:52 pm
by HennieC
Pvdw wrote:Hennie ek sou nog jou toerusting kon verskoon maar die Cobb man weet ek nie so mooi van nie. Ek sal weer oor hom dink as ek jy was.
Jy speel nou op ys met rolskaatse aan. Saam maak ons 'n span.
Ons het al saam deur baie modder geploeg. ::)

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:29 pm
by spekieries
Naandsê Varkie

Ek het jou ook nogal gemis op die forum.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:35 pm
by Pvdw
Ons het al saam deur baie modder geploeg. ::)
Lyk my jy hou van sukkel!! ::)

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:43 pm
by HennieC
Van die manne op die forum wat ek al ontmoet het sal ek kan saam staan.
Die wat ek nie ontmoet het nie twyfel ek maar oor. ++>:
So ek hoop ek kan nog mense ontmoet. 8) 8)

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:47 pm
by Cobus(Cobb)
Ek hoop hier is nog manne wat die krieket gekyk het, wat 'n toets.
Totsiens ou Kallis, moet net nie soos jou maat Boucher nou een of ander GROEN moer word nie.

My bietjie kots is as volg.
Ek het geen probleem as manne emosie wys nie, ek moedig dit self aan en het ook nie probleem on 'n ander man, vriend, te omhels nie.....
Maar wat deesdae, veral nou in die krieket aangaan....nee fy, dis 'n ewige gatvattery...dalk is ek nie Metro-man genoeg nie, dalk gebruik ek te min haar kam produkte, ek weet nie.....wats fout met handskut en klop op die skouer....more word daar tong in die oor gedruk of iets..

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:49 pm
by Cobus(Cobb)
HennieC wrote:Van die manne op die forum wat ek al ontmoet het sal ek kan saam staan.
Die wat ek nie ontmoet het nie twyfel ek maar oor. ++>:
So ek hoop ek kan nog mense ontmoet. 8) 8)
solank jy net van Peet af wegbly... ;D ;D ;D

ps.Peet, ek kom gou Donnerdag daai gong by jou optel...sal jou nog bel voor dan

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:53 pm
by Pvdw
solank jy net van Peet af wegbly... ;D ;D ;D
Koos nou tender jy!!

Ek is ook maar bly jy waarsku teen my. Netnou wil jy my ook emosie wys :): :o

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:56 pm
by HennieC
Dankie Cobus ek sien ek sal maar moet weg bly van Peet af. Lyk my na probleme.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 10:15 pm
by Johan Reyneke
Dit is nie net persone wat nie kan spel nie, self groot maatskappye loop soms deur

Ek glo ook ons maak almal maar spelfoute van tyd tot, en is menslik.

Maar wat gebeur as so iets in die openbaar gebeur.
Wonder net wat hul reklame afdeling na die advertensie kon kwytraak

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Mon Dec 30, 2013 11:40 pm
by Gawie(13mm)
Johan jy kan nie stry nie. Dit is die waarheid >:+

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Tue Dec 31, 2013 12:01 am
by JPS
Johan,

Met die hoeveelheid reklame wat daardie advertensie gekry het is dit nie 'n spelfout nie. Dit is 'n helse sukses.

Mooiloop
JP

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Tue Dec 31, 2013 3:38 am
by At308
Nou ja, terwyl die draad so mooi loop het ek gevoel mens moet darem die "strir" en braaksels aan die gang hou!

Vlakvark: Ek probeer my beste om jou pyn met Jaco te verstaan en begrip, maar wat ek glad nie verstaan is dat jy noem dat hy in 'n gat in die grond bly? Jy verwys mos nou na Bloemfontein wat in SA gelee is? Jy het weggehol na Neeu Zeeland toe en jy noem SA 'n gat in die grond? Die beste ding in NZ is julle ingevoerde Mrs Balls Chutney en Nik Naks. Nee jammer ou maat, maar my bloed kook vir mense wat 11 111 11 praat van SA as hulle weg gehardloop het vir 'n "beter lewe en toekoms" ons bittereinders maak maar plan, ons is slimmer as BEE en maak plan om vir ons en ons kinders 'n "beter lewe" te skep hier op ons land waar ons ouma's en agter ouma's kaalvoet oor die drakensberge geloop het om 'n beter lewe te kon skep. Ek het nie 'n probleem met mense wat oorsee gaan bly of werk nie, maar moenie 11 111 11 praat van ons land nie. Ons het genoeg om ons geduld te toets, veral met Zuma as ons staadshoof!

Stefaans: Dankie vir jou 500meter ego storie as 'n man op 'n bok skiet, daai NF teleskoop het nou sommer alreeds ophou spook by my, ek kan nou maar daai geldtjie gebruik en my 6mm Dasher projek af te skop. Die rand/dollar raak net slegter by die dag (nog iets wat ons moet trotseer in SA en maar probeer plan maak om vrugte daarvan te pluk of uit te voer vir 'n goeie prys)

Jean Marais; Dankie mater, ek sukkel nou al twee weke om te slaap oor daai LM6 wat jy vir R6000 gesmous het! As jy nog een het teen daai prys, bel my asb, jy het my nommer en ek het die geld! :)

As ek op tone getrap het, (of sleg gespel het) jammer manne. Ek het net klein hoeveelheid eg Suid Afrikaanse Brandewyn gedrink, geplant, gemaak, gebottel, gesmous hier in SA en ook met die belasting gehelp bou aan Zuma se swenbad ( ag ek bedoel opgaartenk vir brande)

Mooi 2014,
At.

Re: Hijacking en ander braaksels

Posted: Tue Dec 31, 2013 7:49 am
by PWV
At308 wrote:Nou ja, terwyl die draad so mooi loop het ek gevoel mens moet darem die "strir" en braaksels aan die gang hou!

Vlakvark: Nee jammer ou maat, maar my bloed kook vir mense wat 11 111 11 praat van SA as hulle weg gehardloop het vir 'n "beter lewe en toekoms" ons bittereinders maak maar plan, ons is slimmer as BEE en maak plan om vir ons en ons kinders 'n "beter lewe" te skep hier op ons land waar ons ouma's en agter ouma's kaalvoet oor die drakensberge geloop het om 'n beter lewe te kon skep. Ek het nie 'n probleem met mense wat oorsee gaan bly of werk nie, maar moenie 11 111 11 praat van ons land nie. Ons het genoeg om ons geduld te toets, veral met Zuma as ons staadshoof!

Mooi 2014,
At.
Ek het nêrens in Vlakvark se posts gelees dat hy 11 111 11 praat van SA nie!