Page 4 of 5

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 8:32 am
by Willie
Dankie Gawie. Ek sal maar eers ver staan. Het mos nou klaar af gekyk in die klas ;)

Rupert mag dalk baat by julle aanbod aangesien sy panne net ronde hoeke het :):

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 9:19 am
by hennief
More oom Pieter en Gawie

Sal daai masjien van julle werk met 'n rimmed bottleneck cartridge soos die 6mm musgrave?
6mm musgrave.jpg
Groete en dankie vir die deel.

Hennie

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 9:26 am
by PWV
Hennie, ek weet nou nie wat die afmetings van daardie doppie van jou 6mm is nie, maar hy werk soos 'n bom met .303 doppe.

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 9:31 am
by hennief
Dan behoort hy seker te werk, dankie oom.

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 9:33 am
by RUPERT
Willie wrote:Dankie Gawie. Ek sal maar eers ver staan. Het mos nou klaar af gekyk in die klas ;)

Rupert mag dalk baat by julle aanbod aangesien sy panne net ronde hoeke het :):
Nee my Maat Rupert het nou so bietjie verder gegaan.Ek is nou net beesig met die fine tuneing.Ek het die pan en struktuur uit S/S gaan bou en hel hy is stewig.

Ek kry nou dat een omwentiling +- 13sec vat en wil hom nou afbring dat ek twee dope in daai tyd kan doen. N dop elke 6sec.

As ek nie teskaam kry vir my masjien nie sal ek n foto of twee plaas.

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 9:52 am
by Capt. Yoda
Het ook nou my nuwe "engine" gekry en sal my die naweek my pan gaan haal en hom dan weer probeer.Hoop hy loop ook so mooi soos Gawie en Oom PW sin

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 10:04 am
by Eyeman
Wys 'n paar fotos asb.

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 12:45 pm
by Gawie(13mm)
Eyeman wrote:Wys 'n paar fotos asb.
Waarvan soek jy foto's? ???

As dit van die anealler is moet jy net twee bladsye terug blaai op die draad. Daar is 'n videotjie.

Groetnis.

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 12:53 pm
by Eyeman
Gawie(7mm) wrote:
Eyeman wrote:Wys 'n paar fotos asb.
Waarvan soek jy foto's? ???

As dit van die anealler is moet jy net twee bladsye terug blaai op die draad. Daar is 'n videotjie.

Groetnis.
Jammer - was eintlik bedoel vir Rupert. :-[

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 2:39 pm
by RUPERT
Hi Manne

Hier is my en my Friend se tweede probeerslag. Dankie aan sy baas wat nie van die projek weet nie.
http://youtu.be/AhcRnUUpjqU



Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 2:51 pm
by Gawie(13mm)
Soos 'n muis met pantoffels!!! ;D

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 2:57 pm
by RUPERT
Gawie(7mm) wrote:Soos 'n muis met pantoffels!!! ;D
Dankie Gawie vir jou idee en lyding.Het jy gesien ek het twee slots wat dan die tyd halfeer van n omwentiling?

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 3:53 pm
by PWV
RUPERT wrote:
Gawie(7mm) wrote:Soos 'n muis met pantoffels!!! ;D
Dankie Gawie vir jou idee en lyding.Het jy gesien ek het twee slots wat dan die tyd halfeer van n omwentiling?
Ek dink Gawie het eerder gelei as gely! ++>:

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 5:16 pm
by Gawie(13mm)
Plesier man. Die lyding was nie te erg nie, maar ek weet nou waarvoor "R&D" staan: Rondd@nn€r. ;D

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 5:29 pm
by Cobus(Cobb)
Gawie, Oom Pieter....het julle al met tempilac getoets?? of hy warm genoeg is?

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 5:52 pm
by Gawie(13mm)
Cobus(Cobb) wrote:Gawie, Oom Pieter....het julle al met tempilac getoets?? of hy warm genoeg is?
Ek sal die toets na die naweek opsit met 'n video, want dit is wat almal wil weet.
Met die spesifieke vlam loop hy net mooi 9 sek., maar deur die vlam effens nader of verder te skuif kan die temperatuur mooi beheer word.

Hou die spasie dop ;D

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 6:23 pm
by PWV
My volgende projek - 'n induksie annealer - net vir slim ouens. Ha..ha...ha..

http://www.youtube.com/watch?v=EGfGV8xrfak

http://www.youtube.com/watch?v=mbjhTXvwVPU

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 6:50 pm
by henning
Pieter Willem Vorster wrote:My volgende projek - 'n induksie annealer - net vir slim ouens. Ha..ha...ha..

http://www.youtube.com/watch?v=EGfGV8xrfak

http://www.youtube.com/watch?v=mbjhTXvwVPU
Pieter, wysheid van die grysheid. Wys die manne.

Groete
Henning

Re: Selfdoen anealer

Posted: Wed Jul 23, 2014 10:00 pm
by Cobus(Cobb)
Gawie, Oom Piet, ek het so blik pan gekry, joe sny jy hom mooi tot op 35mm diep, myne is 70mm diep...??

Re: Selfdoen anealer

Posted: Thu Jul 24, 2014 6:46 am
by Gawie(13mm)
Cobus(Cobb) wrote:Gawie, Oom Piet, ek het so blik pan gekry, joe sny jy hom mooi tot op 35mm diep, myne is 70mm diep...??
Cobus, ek en die Uncle het ook so gemaak, maar soos ek gesê het: "Hou die spasie dop".

Re: Selfdoen anealer

Posted: Thu Jul 24, 2014 8:14 am
by RUPERT
Cobus

Die blik panne het n rand op wat hom in posisie hou.Sodra jy deur die rand sny trek daai pan uit perporsie uit.Dit veroorsaak baie kopseur glo my.Jy sal moet probeer n aluminium pan kry.

Met Dawie se hulp het ek op n plek af gekom die Chocolate den hulle is in Linksfield wat die panne verkoop vir R 86.50

Re: Selfdoen anealer

Posted: Thu Jul 24, 2014 8:30 am
by PWV
Amundsen het vir Scott geklop omdat hy meer vindingryk was.

Alhoewel aluminium nie so stewig is nie, is dit lig en as jy dit goed behandel (soos 'n mooi vrou) behou dit sy vorm en werk dit uitstekend.

Onthou, om sukses te behaal hoef ondervinding en vaardigheid nie in dieselfde box te wees nie!
Groetnis

Ns. Praat so bietjie in raaisels vanoggend, maar elk is maar net lus daarvoor!

Re: Selfdoen anealer

Posted: Thu Jul 24, 2014 10:47 am
by LoveHenties
As jy 'n mountings maak in die pan en ondersteunende wielietjies by-sit, kan jy 'n drommetjie daar vasmaak en hom vir 'n tumbler ook gebruik.

http://i121.photobucket.com/albums/o213/jmorrismetal/reloading/SST/DSC02490.jpg

Re: Selfdoen anealer

Posted: Sun Aug 03, 2014 8:19 pm
by Andrew Leigh
I found a way to control the cases on the feed ramp making it automatic.

Loaded on the ramp is a .458 then a .243 the a .222 a .375 and finally a .270.

http://vid1133.photobucket.com/albums/m ... -26142.mp4

Re: Selfdoen anealer

Posted: Thu Aug 21, 2014 9:55 am
by vanderlindedj
Hallo Manne.

Kan ek n dom vraag vra. Moet ek eers neck size en dan Aneal of eers Aneal en dan neck size?