Page 4 of 4
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 05, 2016 8:01 am
by henried
Geno
Gaan julle dalk die hele range koeëls toets in hulle spesifieke kaliber, en terugvoer gee, of gaan die manne hier op die forum dit doen en self terugvoer gee?
Vir die jaar is ek reg, maar sal dalk wil kyk na die 60gr LD vir my Howa 223 varmint.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 05, 2016 8:31 am
by Capt. Yoda
Die koels is klaar getoets oor die werled dit is nie n nuwe koel nie
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 05, 2016 9:22 am
by henried
Capt. Oblivious wrote:Die koels is klaar getoets oor die werled dit is nie n nuwe koel nie
Ek kry min tot niks inligting oor die 224 nie.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 05, 2016 4:46 pm
by Arnold
henried wrote:Capt. Oblivious wrote:Die koels is klaar getoets oor die werled dit is nie n nuwe koel nie
Ek kry min tot niks inligting oor die 224 nie.
Henried, na watse tipe inligting is jy opsoek?
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 05, 2016 5:35 pm
by henried
Arnold wrote:henried wrote:Capt. Oblivious wrote:Die koels is klaar getoets oor die werled dit is nie n nuwe koel nie
Ek kry min tot niks inligting oor die 224 nie.
Henried, na watse tipe inligting is jy opsoek?
Geno bring net van 60 grein in. Volgens all inligting in my 1:12 twist gemaak vir 55gr. Dis dan ook wat werk in my 223, Sierra en GMX.
Ek sal graag wil weet of die 5 gr na 60gr so sleg gaan werk in my 223, die prys van die 60 is ook nie sleg as ek kyk wat ek nou gebruik nie.
Gaan ek verder kan oefen met die 223 as met die Sierras? Tans oefen ons op 300m, sal graag na 400m wil gaan.
Die verder afstand oefen met die 223, doen wonders vir my selfvertroue...

Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 05, 2016 6:01 pm
by Arnold
Die vervaardiger stel n ootimale twist van 12 voor vir die 60gr LD so hy sal werk.
Dan moet mens kyk na die spoed wat jy kan haal uit jou loop met die 60gr teenoor die 55gr asook hoe die BC vergelyk.
Die BC is baie goed maar die beste sal wees om die koeëls in met n ballistiese program te vergelyk.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 05, 2016 6:51 pm
by henried
Baie dankie Arnold, ek wardeer.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 12, 2016 9:00 am
by Geno
So paar kills met die 130gr 6.5mm JLK koeels:
Ek het 6 springbokke en 'n volstruis met hulle geskiet.
Afstande het gewissel tussen 52y en 460y.
5 van die bokke is in die kop geskiet. Net 1 koeel is deur. Die res was redelik pap soos met VMax.
Die ander bok is met 'n erge oordeelsfout (Ek het onderskat hoe krom die trajek is teenoor my Dasher) in die boud geskiet van agter af. Ek het tussen die horingpunte gevat terwyl die bok weg van my af gestaan het op 330y.
Die bok is morsdood op die plek. Vleisskade was verbasend baie min. Die koeel het net-net binne die ribbekas gepenetreer tot by die longe nadat die boudbeen en ribbes gebreek is.
Die volstruis is op 460y op die lyf geskiet en het so 15m gehol voordat hy plat is. Die koeel is reg deur. Hy is 'n genadeskoot toegedien toe ons nader gery het.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/DH2016/1.jpeg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/DH2016/2.jpeg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/DH2016/3.jpeg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/DH2016/4.jpeg
Groete
Eugene
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 12, 2016 9:08 am
by Frederik
Mooi gegooi daardie 6.5mm van jou is nou ingelyf.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Tue Jul 12, 2016 12:21 pm
by Jake1
Geno die 60gr ld in 224, dink jy hy gaan soos n varmint koeel opbreek op n bok of gaan hy bietjie beter bymekaar hou?
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Thu Jul 14, 2016 8:06 pm
by henried
Jake1 wrote:Geno die 60gr ld in 224, dink jy hy gaan soos n varmint koeel opbreek op n bok of gaan hy bietjie beter bymekaar hou?
Ek wil ook graag weet asb.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Thu Jul 14, 2016 8:28 pm
by Jake1
henried wrote:Jake1 wrote:Geno die 60gr ld in 224, dink jy hy gaan soos n varmint koeel opbreek op n bok of gaan hy bietjie beter bymekaar hou?
Ek wil ook graag weet asb.
Meneer Geno kom in.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Thu Jul 14, 2016 8:35 pm
by Geno
Match koeels reageer baie wisselvallig op diere.
Sommiges bars erg. Ander skiet deur. Ek kannie waarborg wat gaan gebeur nie.
Wat ek wel gesien het in my .260 is dat hulle goed werk op beide lyfskote sowel as brein skote.
Daar is 500x 60gr LD's in die Karoo by 'n oes span. Hulle sal my laat weet hoe die koeels vaar in hulle .223's en .22-250's.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Thu Jul 14, 2016 9:03 pm
by henried
Dankie Geno.
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Fri Jul 15, 2016 7:22 am
by Broadbandboer
More Geno. Het jy nog 130gn 6.5'e oor?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Fri Jul 15, 2016 7:26 am
by Geno
Broadbandboer wrote:More Geno. Het jy nog 130gn 6.5'e oor?
Ons het nog 'n klompie Nicolaas.
Groete
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Wed Jul 20, 2016 9:31 am
by Geno
More Manne.
Ons het nog 'n redelik klomp koeels in voorraad.
Laat weet asb indien julle soek.
Groete
Eugene
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Wed Jul 20, 2016 12:46 pm
by Geno
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/JLK%20Pricing.JPG
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Thu Aug 25, 2016 8:14 am
by Geno
More Manne,
Ons het nog so klompie koeels in voorraad.
Die koeels skiet regtig baie goed.
So paar voorbeelde:
http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... k-rodgers/
http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... cal-rifle/
Groete
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Wed Aug 31, 2016 1:18 pm
by Frikkie Coetzee
Manne. Julle moet die poeels koop en bymekaar maak voor die moeilike tye kom. Dis great koeels die
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Fri Oct 28, 2016 9:08 am
by henried
[quote="
Daar is 500x 60gr LD's in die Karoo by 'n oes span. Hulle sal my laat weet hoe die koeels vaar in hulle .223's en .22-250's.[/quote]
Geno
Is daar al terugvoer van die manne?
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Wed Dec 07, 2016 5:28 pm
by JGZ
Ek skiet die 70gr 224 JLKs met grooooot sukses in my 22-250. Kan nie wag vir die volgende besending nie. Gaan defnetief weer koop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: JLK Koeëls - Min dae!
Posted: Wed Dec 07, 2016 6:54 pm
by Diesel Dog
JGZ wrote:Ek skiet die 70gr 224 JLKs met grooooot sukses in my 22-250. Kan nie wag vir die volgende besending nie. Gaan defnetief weer koop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek sal jou ruil vir daai 70gr bergers wat jy wegsteek!
DD