Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1832
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Rudi Fischer »

Bees, jy is reg.

Baie van die ouens wat X-klas geskiet het, het hulle dust covers gemodify sodat hulle die Trijicons op hulle R/LM kon sit.
Mens kry ook n Quad rail wat die voor greep vervang en dan het jy n vol rail van gas tube af tot by die agterste visier.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by NicovanderMerwe »

Jy kan 'n Galil (R4 soortgelyk) koop by Andy Fuller op Knysna vir R16500. Dan sit jy vir hom 'n sidemount op, wat net die Galil op die stadium, lyk my, kan doen. Help nie jy sit enige iets op die dustcover nie, mense wat weet sal dit beaam. Jy sal 'n sidemount moet kry. Andy gebruik sy Galil vir 3 gun kompetisies, huisverdediging met 'n spesifieke reddot op, wat hy dan net wissel en vervang met 'n ander scope en 'n silencer voor op dan skiet hy die wêreld se bosvarke uit. Geweer stoor nie, maak maklik skoon, parte is vollop.
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by BeesBreet »

Piet Breedt wrote:Hier was nou in die laaste maand, twee aanvalle hier by ons, waar ons mense doodgeskiet is. Die aanvallers kom in groepe van tot 6, almal swaar gewapen met AK's en R5 gewere. Ek sien ook op facebook, kort kort videos wat deur veiligheids kameras geneem is waar die boosdoeners mense aanval, en almal is swaar gewapen.

Ek voel dat my handwapen nie genoeg is in so n situasie en soek iets met meer vuurkrag om my en my gesin te beskerm en te verdedig teen sulke aanvalle. Wat sal julle aanbeveel en wat kos dit? Iets soos n M16 of AR 15. Wat is beskikbaar?

Ek het in my weermag dae laas met sulke wapens gewerk, en is n jaggeweer liefhebber en het agter geraak met wat beskikbaar is in hierdie lyn. My begroting is so R20,000.00
Oom Piet, het oom al besluit watse semi oom gaan kry?
En of oom hom op S13 of S16 gaan lisensieer?
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by dorsland »

NicovanderMerwe wrote:Jy kan 'n Galil (R4 soortgelyk) koop by Andy Fuller op Knysna vir R16500. Dan sit jy vir hom 'n sidemount op, wat net die Galil op die stadium, lyk my, kan doen. Help nie jy sit enige iets op die dustcover nie, mense wat weet sal dit beaam. Jy sal 'n sidemount moet kry. Andy gebruik sy Galil vir 3 gun kompetisies, huisverdediging met 'n spesifieke reddot op, wat hy dan net wissel en vervang met 'n ander scope en 'n silencer voor op dan skiet hy die wêreld se bosvarke uit. Geweer stoor nie, maak maklik skoon, parte is vollop.
Wat is Andy se besigheid se naam asseblief? Ek sal hom graag wil kontak.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Alwin »

243Songdaug wrote:"Ek het gereeld met die geweer jakke en varke geskiet"

Kan die opmerking asb verwyder word? Dis 'n openbare forum.
Nou hoekom gee die opmerking jou aanstoot? Dis heel wettig hier waar ek bly. Miskien ander reëls daar by julle?
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Alwin »

Rudi Fischer wrote:Bees, jy is reg.

Baie van die ouens wat X-klas geskiet het, het hulle dust covers gemodify sodat hulle die Trijicons op hulle R/LM kon sit.
Mens kry ook n Quad rail wat die voor greep vervang en dan het jy n vol rail van gas tube af tot by die agterste visier.
Die "quad rail" wat die voorste greep vervang is waarskynlik die stewigste optiese montering vir die LM en Galil. Dit is nogal grof, so jy moet plan maak om jou hand te beskerm. Dit belemmer ook toegang tot die spangreep, dus sal jy die spangreep moet aanpas of buig. Die resultaat gee gewoonlik uitstekende akkuraatheid vir die van ons wat nie meer lekker met oopvisiere kan regkom nie.

Die grootste nadeel van die LM/Galil (en AK) is die veiligheidsknip wat uiters onhandig en raserig is. Dit maak dit moeilik om die wapen beide veilig en gereed te hou. Daar is opsies, google maar vir die aangepaste AK-tipe veiligheidsknippe.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

Middag Alwin.

Kan jy asseblief vir my in die wet wys waar dit staan dat dit in SA wettig is om met 'n semi automatiese wapen te mag jag?

Die feit dat ons slegs 'n lisensie kan kry vir 'n semi auto met Toegewyde sportskiet status of vir SD doeleindes sê vir my dat daar nie veel hoop is om iewers in die wet of jag proklamasies 'n skrywe te vind wat jag met 'n semi auto te magtig nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

243Songdaug wrote:Middag Alwin.
Kan jy asseblief vir my in die wet wys waar dit staan dat dit in SA wettig is om met 'n semi automatiese wapen te mag jag?
Ek dink dis meer ordonanse en per provinsie nie 'n Wet nie.

En ek is seker James se lewe was in gevaar toe moes hy die vark en jakkals stop!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

Hi Carl

Ek het al baie moeite gedoen om enige ordenansie in SA te kry waar dit toegelaat word - tot op hede kon ek nog geen ordenansie kry wat dit toelaat nie.

My problem hiermee is dat iemand op 'n openbare forum erken dat hy die wet breek - dis basies dieselfde as persone wat op facebook fotos plaas van hul bokke wat met 'n semi auto geskiet is. Dis bewyse dat die wet gebreek word.

Nie alleen stel die individue hul eie bevoegtheid in gevaar nie, maar veskaf hulle aan die wetstoepassers bewys dat vuurwapen eienaars in SA die wet breek sodra hulle die kans gegun word - ek wil ook 1dag 'n semi aanskaf, maar die manne en dames verskaf dan nou bewyse vir die manne om private eienaarskap van semi's STRENGER gereguleer behoort te word.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Alwin »

243Songdaug wrote:Middag Alwin.

Kan jy asseblief vir my in die wet wys waar dit staan dat dit in SA wettig is om met 'n semi automatiese wapen te mag jag?

Die feit dat ons slegs 'n lisensie kan kry vir 'n semi auto met Toegewyde sportskiet status of vir SD doeleindes sê vir my dat daar nie veel hoop is om iewers in die wet of jag proklamasies 'n skrywe te vind wat jag met 'n semi auto te magtig nie.
Limpopo Environmental Management Act, wet 7 van 2003.

Die wetgewing verskil van een provinsie na die volgende. Gewoonlik geld hierdie beperkings ook nie vir grondeienaars, vrygestelde plase en "nie-wild" spesies nie.
Last edited by Alwin on Thu Nov 24, 2016 1:54 pm, edited 1 time in total.
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Boomstomp »

Soos ek dit het mag mens nie met 'n semi-outomatiese geweer jag nie... maar dat paar provinsies dit toelaat vir probleem-dier beheer
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

Jammer ou Alvin - daai 1 het ook nie gevlieg nie - ons het hom al getoets. Ek het die Limpopo Proklamasie. Semi Autos word ook hierin as ongewenste jag wapens bestempel.

Vrygestelde plase: Daar heers 'n REUSE misverstand rondom Vrygestelde plase - 'n Vrygestelde plaas stel nie 'n jagter of grondeienaar instaat om te maak soos hy wil nie - dit laat slegs die jag van spesie toe wat op nie vrygestelde plase nie gejag mag word nie. die jag met 'n semi auto bly onwettig.

Ek kry gou die Limpopo proklamasie dan sal ek 'n paar stukke aanhaal.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

Boomstomp, dit word nie eers vir probleemdier jag toegelaat nie - geensins.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

;D
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=101&t=53712

https://torrentfreak.com/images/hijack.png
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

Dankie
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Alwin »

243Songdaug wrote:Jammer ou Alvin - daai 1 het ook nie gevlieg nie - ons het hom al getoets. Ek het die Limpopo Proklamasie. Semi Autos word ook hierin as ongewenste jag wapens bestempel.

Vrygestelde plase: Daar heers 'n REUSE misverstand rondom Vrygestelde plase - 'n Vrygestelde plaas stel nie 'n jagter of grondeienaar instaat om te maak soos hy wil nie - dit laat slegs die jag van spesie toe wat op nie vrygestelde plase nie gejag mag word nie. die jag met 'n semi auto bly onwettig.

Ek kry gou die Limpopo proklamasie dan sal ek 'n paar stukke aanhaal.
Mag ek vriendelik voorstel dat jy ook gaan lees daar by Art 38 (2) wat die uitsluitings lys? Dis nogal belangrik.

Let ook op dat Art 38(1) van toepassing is op jag SONDER 'N PERMIT. Dus nie ALLE jag nie! Art 38(1) lys ook net sekere klasse diere. Inheemse nie-wild spesies is spesifiek hier uitgesluit. Dis nou goed soos ystervarke en bosvarke hier in Limpopo.

Vrystelling van omheinde plase word in Art 45 greël. Let asb daarop dat art 45 vrystellings van ALLE artikels ondier hierdie hoofstuk verleen, behalwe art 31. Semi-outo wapens word onder art 38 genoem, dus is dit een van die artikels waarvan alle vrygestelde plase vrygestel is. Ek verstaan nie waaroor die ophef gaan nie.

Let wel, dat hierdie die Limpopo wetgewing is. Ander provinsies verskil wel.

Lees eers,voor jy begin aggresief raak!
Last edited by Alwin on Thu Nov 24, 2016 2:01 pm, edited 1 time in total.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

Kalmeer ou vrind, eks nog nie aggresief nie - ek en Carl het reeds die saak uitgesort. Ek neem jou vriendelike voorstel ter harte.

Ek het my oorspronklike opmerking opgedateer en ook geantwoord op Carl se terugvoer elders op die forum.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Eduard Venter »

BeesBreet wrote:
Piet Breedt wrote:Hier was nou in die laaste maand, twee aanvalle hier by ons, waar ons mense doodgeskiet is. Die aanvallers kom in groepe van tot 6, almal swaar gewapen met AK's en R5 gewere. Ek sien ook op facebook, kort kort videos wat deur veiligheids kameras geneem is waar die boosdoeners mense aanval, en almal is swaar gewapen.

Ek voel dat my handwapen nie genoeg is in so n situasie en soek iets met meer vuurkrag om my en my gesin te beskerm en te verdedig teen sulke aanvalle. Wat sal julle aanbeveel en wat kos dit? Iets soos n M16 of AR 15. Wat is beskikbaar?

Ek het in my weermag dae laas met sulke wapens gewerk, en is n jaggeweer liefhebber en het agter geraak met wat beskikbaar is in hierdie lyn. My begroting is so R20,000.00
Oom Piet, het oom al besluit watse semi oom gaan kry?
En of oom hom op S13 of S16 gaan lisensieer?
Net om die draad weer rigting te gee, ek sal ook graag wil weet waarop oom Piet besluit.

Groete
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Piet Breedt »

Dankie manne, ek het vir my n STAG ARMS AR 15 gekoop vir R16,000.00.

Hoop hy gaan die ding doen
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Apie »

Hy sal werk!

Hom dalk net toerus met n flits en lekker visiere/teleskoop

Sonder fotos het dit nie gebeur nie
Sent from my D5803 using Tapatalk
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 888
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Ranger »

Congrats! Magazines, ammo, red dot sight and torch next.

Oh and a sling
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Plaashaas »

Geluk.

ammo, mags, wml, 1-6x?? illuminated scope, 1 point sling.

Die P Mags van Magpul is die beste!!!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by tau »

Piet Breedt wrote:Dankie manne, ek het vir my n STAG ARMS AR 15 gekoop vir R16,000.00.

Hoop hy gaan die ding doen
Myne loop soos 'n jet Oom gaan hom geniet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Arnold »

Plaashaas wrote: Die P Mags van Magpul is die beste!!!
Ek gebruik hulle tans maar wonder soms oor hierdie stelling. Ek het ook twee Lancer AWM magesyne en hulle voel vir my beter met die staal feedlips, dit is maar net 'n gevoel.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Piet Breedt »

Wil nie flits opsit nie, dit werk mooi in die movies, maar gee jou posisie onmiddelik weg.
Post Reply