Page 4 of 6

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 11:51 am
by Flip Nel
Nico de Jager wrote: Sat May 23, 2020 10:30 am Bigborefanatic, jy voel te nagekom omdat soldate jou verneder en geteister het. Dan noem jy by drie geleenthede daai seun vernederende name?
Dankie Nico stem, mens hoef nie saam te stem oor die jag nie maar nie nodig om mense te verneder nie, baie mense ek inkluis het ook maar droog gemaak van nie beter weet nie en is reg gehelp, as mense my verneder het sou ek dalk nou 'n groene gewees het.

Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 12:03 pm
by jankraay
MNR Bigborediestapjagsuperatleetvandie jaarfanatic...

Jy is besig om uitlatings te maak wat jou ego nie gaan kan streel nie. Sit terug, gooi n kappie en dink oor wat jy gese het.

Om in n jong mens se karakter in te klim is on van pas en blerrie kinderagtig as jy my vra.

Om te se jy het nie tyd vir bakkie jagters(skieters soos jy hulle noem) wys soos Flip se wat se mens jy is.

Doen almal n guns en verlaat eerder Jaracal want jy lyk klaar sleg.

Ek gaan nou vanaand jakkalse, varke en wat okal ek kry van my bakkie af gaan skiet.

Lekker dag vir almal


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 1:07 pm
by BigBoreFanatic
Flip Nel wrote: Sat May 23, 2020 11:45 am
BigBoreFanatic wrote: Sat May 23, 2020 10:42 am
Nico de Jager wrote: Sat May 23, 2020 10:30 am Bigborefanatic, jy voel te nagekom omdat soldate jou verneder en geteister het. Dan noem jy by drie geleenthede daai seun vernederende name?
Netso. Ek het nie tyd vir dik bakkie skieters nie.

Wys baie watter soor mens jy is, daai kind het jou niks gedoen nie maar jy wil mense name noem wat jy nie eers ken nie en dan wil jy kla as mense
jou verneder.

Needankie ek het ook nie tyd vir mense soos jy wat nie maniere het nie.
Niemand het gevra om JOU vriend te wees nie. Jy is bietjie voorbarig is jy nie om so 'n voorreg sommer net aan te neem?

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 1:10 pm
by Eugene
Hierdie gesprek laat my dink aan daai grap van die dronk ou wat vir iemand sê dat hy die volgende dag weer nugter gaan wees, maar die ou gaan lelik wees vir die res van sy lewe.

Ek kan gelukkig nog gewig verloor....

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 1:19 pm
by Geno
BBF. Raak asb rustig, en vat die weeklange vakansie van die forum af wat ek jou gee om 'n boek te lees of iets konstruktief te doen. Begin sommer deur Radioraps te kyk en sy Reël no.1 aan te leer.

Sent from my SM-G988B using Tapatalk



Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 1:23 pm
by DWB
Dankie Geno!

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 1:24 pm
by Flip Nel
Dankie Geno

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 2:00 pm
by tripodmvr
En daar is my heel onskuldige plasing nou opgef&p en uitgebrand.

Lyk my ek moet nou maar 'n post begin oor hoe om brandboudjies te behandel. !!!!!

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 2:11 pm
by Koos Barnard
Tripod, dis 'n veel groter tameletjie. Hoe om kinders groot te maak en hoe om brandboutjies, snotneusies en ander kinderkwale te behandel is 'n bitter moeilike onderwerp met erge persoonlike voorkeure. Jy gaan soveel rate en teregwysings kry soos wat daar pappas en mammas in die wêreld is, ha-ha-ha!!!!!
Mooi loop

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 3:05 pm
by Lategan1
Ongeag wie is aandadig.

Het op my effe manier probeer om dit in ‘n ander rigting te stuur met insette ter voorkoming. Het dalk op dowe ore geval?

Ek is eens met Beesbreet, ek probeer om die gees wat probeer sê word, lees. Soms is dit moeilik, die vraag is dan, hoe moeilik is dit vir ons om iets net so bietjie met meer takt te skryf en nie die man te speel nie? Goeie maniere en respek aan die dag lê. Andersins wag tot jy tyd het om jou bydra ordentlik te doen.

Graag verwys ek na ‘n draad hier nie te lank gelede nie oor die vraag hoekom so min bydraes en waar is so baie van die ou deelnemers? Swak maniere is een rede hoekom sekeres nie verder wil deelneem nie. Ek herinner ook aan lede wat al hul goeie insette hier onttrek het. Almal verloor.

Ek is een van seker hordes hier wat die goeie tegniese inligting opslurp en wil graag so voortdoen.

Hier is soveel talent, kundigheid en ervaring. Moenie dat ons verdeel nie. Weerhou ook asb. enige vorm van lekkerkry kommentaar teen die geskorste persoon. Hy was nie die enigste skuldige nie. Takes two to tango. Ek probeer myself nie hoogheilig hou of verontskuldig nie, maar soos iemand hier geskryf het, try ‘do not sweat the small stuff’. Ek is ookal verkeerd hier opgeneem of myself swak uitgedruk deurdat mens kripties skryf.

Ek is steeds lus om ‘n buffel te gaan skiet en nie die boodskapper nie.

Beste.

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 3:40 pm
by Capt. Yoda
Ek sal dam nou n ding van n cruiser se dak af kan skiet. Somer so RW waterbok met n tag en n naam. As hy naby die huis loop kan ons lekker braai terwyl hulle hom nader sleep

Soos my hetro sexual partner Stompe se, leef en laat leef. As jy nie van iets hou nie hou verby

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 4:03 pm
by Viking
En toe raak die popcorn en rooi koeldrank op....gelukkig gaan ek nou vuur aansteek en saam met julle braai!

En dan hou ek daai vuur aan die gang vir die volgende week want die weerkantoor se ons gaan NOU begin koud kry in die Kaap - ook maar goed so nadat die manne hierso so bietjie warm begin raak het.

En nou speel ons Rina Hugo se "More lyk dit anders!" ....lekker luister manne!

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 4:35 pm
by JDKey
Ironies, die laaste ou wat seker op die forum met die “ban hammer” geslaan was was Pine die grootwildstorieverteller....en nou weer op n grootwild topic
Pine se stories was darem baie beter as die videos van vandag.

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 6:12 pm
by DWB
Manne, dis lekker om te droom, en aan te hou droom. Maak seker jy het die regte geweer dan kan jy ñ geleentheid gryp as hy verby kom! Daar kom elke nou en dan bitter goeie geleenthede verby. Om ñ koei te jag is net so lekker, en sy sal jou net so maklik pak gee.

Dis jou droom, doen jou huiswerk en geniet dit! Leer uit ander se foute en berei jouself voor van daar af. Dis ñ groot oomblik as daai swart gedoente hier voor jou staan !

Re: Taai buffel

Posted: Sat May 23, 2020 6:23 pm
by Krobb
Ek het nou laat hier aangekom en nie deur al die posts gelees nie maar het al self so ervaring gehad, weliswaar met n blesbokooi en n geleende 243. Ek skiet skoot na skoot en almal tref maar al wat val is die bok. Nie n ervaring wat ek oor wil hê of aan iemand toewens nie. Maar dit gebeur.

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 10:23 am
by PWV
Krobb wrote: Sat May 23, 2020 6:23 pm Ek het nou laat hier aangekom en nie deur al die posts gelees nie maar het al self so ervaring gehad, weliswaar met n blesbokooi en n geleende 243. Ek skiet skoot na skoot en almal tref maar al wat val is die bok. Nie n ervaring wat ek oor wil hê of aan iemand toewens nie. Maar dit gebeur.
Is jy seker it was nie 'n papierbok nie!! ;)

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 10:36 am
by tripodmvr

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 11:05 am
by Pappabeer
tripodmvr wrote: Sun May 24, 2020 10:36 am Adrenalien

https://youtu.be/pXILrITCZjY
Nou bv hier sien ek geen punt aan die eerste skoot met die boog nie. Dis 100% kunsmatig oor voer, en dan moet jy dinge in elk geval met n geweer klaarmaak.

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 11:08 am
by PWV
Marius, probeer jy die manne op die forum uitdun, want hier begin ons nou 'n nuwe geskilletjie? ;) ;) ;)

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 11:14 am
by PWV
Dewald, jy verstaan nie. Die ou kon mos nie die buffel hier waar hy vreet doodskiet nie. Hulle moes die buffel nie soos 'n geblikte buffel laat lyk het nie.
Die fout is egter, dat die ou wat die video geneem het, te vroeg begin het. Die deel van die pyl-skiet moes gladnie deel van die video gewees het nie. :confused:

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 11:24 am
by tripodmvr
Ek het hierdie opgesit vir die rugstring skoot. Ek het gedink die man weet nie hoe om te skiet nie en wragtig kom hy vorendag met die perfekte een.

Daardie pyl en boog skoot was volgens my gans te laag teen die hoek wat geskiet is. Hoër sou long ook getref het.

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 6:14 pm
by tripodmvr
Hierdie boogskoot is volgens my effens na agter maar dit het gewerk.

https://youtu.be/_9Hfdtez7KU

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 6:28 pm
by DWB
Nou jag Neil buffels in die hemel...

Hy alleen het rondom 70 buffels gejag, en sy vrou het al oor die 500 gegids...

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 7:12 pm
by tripodmvr
Het al baie van sy videos gekyk. Hy het verstaan van buffeljag.

Re: Taai buffel

Posted: Sun May 24, 2020 8:12 pm
by Capt. Yoda
Daai is balle