Ian Beytell het Vrydagaand my nuwe 3 D skietstoel by my huis kom aflaai. Dis nie dat ek voorgetrek word nie. Die wat nie weet nie, as Ian nie jakke skiet of stoele sweis nie, is hy ook 'n kranige Hip Hop danser en het kom meeding aan so 'n kompitisie in Gauteng
Ek het nie op my laat wag nie en was Saterdag gou plaas toe en het gou drie jakke laat lês op sê. So paar dinge wat ek wil uitlug oor die stoel:
VOORDELE:
Die stoel is goedkoop.
Die stoel is lig. As jy die stoel van sy voetstuk afhaal, laai jy hom alleen agter op jou bakkie.
Die stoel is los en hoef nie vasgebout te word aan die bak nie. Ek skiet met 'n paar verskillende bakkies.
Die draaimeganisme is baie eenvoudig. Dit moet geghries word na elke derde keer as mens gaan skiet, maar 'n stadsjaap soos ek, doen dit in 2 minute dood.
Die skietarm is ongelooflik. Dit kan laer gestel word, baie verskillende wapens hanteer en 'n geweer is ongelooflik stil as dit vasgetrek word in die arm. Die arm kan op en af en ook heen en weer beweeg.
Die stoel is laag. 'n Jagter kan daarom agterop bly in bebosde areas.
Die houer van die roeper is regs van die geweer. Dit maak dit maklik om roepe te verander sonder om jou kop te beweeg van die soekposisie af. Ek vind myself roepe verander terwyl ek soek en draai!
Die stoel is gemaklik en ek wat alleen skiet, kan 'n hele nag op die stoel sit. Jy voel ook nie of jy vorentoe leun as jy skiet nie.
NADELE:
'n Jagter, soos ek, wat met 'n lig ry en soek en met 'n lig op die geweer skiet, soek 'n plek om die soeklig te hang of sit as hy oorgaan na die lig op die geweer. (Ek gaan vir my 'n bracket daarvoor maak.)
Ian verbeter heeltyd die stoel. Hoewel my stoel nou die beste is van die 70+ wat hy al gebou het, gaan daar 'n paar ouens wees wat oor 'n jaar van nou af met beter stoele as ek skiet.
Die stoel is laag. En as jy regtig deur die 11-1-11 is, en 'n jak staan reg voor jou bakkie, gaan jy jou dak raakskiet. Maar soos ek sê, jy moet regtig deur die 11-1-11 wees.
Ian, baie dankie vir vir 'n baie lekker stoel. Ek dink daar is so paar ondiere op my plaas wat jou nie in hulle goeie boekies het en gaan hê nie.
Groete
Dawie Malan


