Trofee "Papier-bokke"

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Trofee

Post by Wismit »

SOUTH AFRICAN HUNTING RIFLE SHOOTING ASSOCIATION
RULES AND REGULATIONS FOR DOMESTIC COMPETITIONS

2.7. If a bullet hole on a particular target touches a scoring line, the higher score will count. Touch means that there
is no visible space between the caliber size hole and the line. THE EXCEPTION: If a bullet hole touches a scoring
line between an area indicating a miss (zero score outside the target area) and a negative score area, the
negative (lower) will count.

For example: The line between 30 and –15 scores 30, but the line between –15 and 0 (line on edge of target) scores –15. The line between 30 and 0 scores 30.

W.S
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Trofee

Post by spekieries »

My beskeie opinie en soos ons dit intrepeteer in ons tak is dat beide skoot A en skoot B die laer tellings kry. M.a.w. Beide skoot A en B is kwesskote en daarvoor kry jy 'n -1
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Trofee

Post by Beyers »

Verstaan ek dit nou reg?

http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/rooibokscore3.png
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Trofee

Post by Wismit »

Beyers wrote:Verstaan ek dit nou reg?

http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/rooibokscore3.png
Ai - die Engelse is maar nog altyd anderste mense ! ::)

W.S
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Trofee

Post by VdWalt »

Beyers wrote:Verstaan ek dit nou reg?

http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/rooibokscore3.png
Dis hoe ek dit verstaan - en dis hoekom ek sê die Afrikaanse een maak sin.

As jy hom net net raak is dit 'n kwes en kry jy die -1.

As jy die longe net-net raak het jy hulle nog steeds regaak en kry jy die 4,
hoekom sal jy minus moet kry oor jy hulle wel raak geskiet het.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Trofee

Post by Beyers »

Ek het in die nuutste stel reels gaan lees:
"Universele reels by skiet oefeninge" [JAN 2014]

12. Telling
Indien ‘n skoot ‘n lyn tussen twee aangrensende tel-areas op die teiken raak, kry die skut die voordeel van
die hoër telling. Indien die lyn egter tussen ‘n minus en nul geraak word, tel die minus want dan is die bok
gekwes. Die lyn moet net geraak wees en hoef nie heeltemal gebreek te wees nie. Geen koeëls of ander
voorwerpe mag in die gat gedruk word nie. Indien daar twyfel bestaan moet die standaard SAJWV kaliber
meetplaatjie (“caliber gauge”) gebruik word om te bepaal of ‘n skoot die lyn raak of nie. Die lyne van die
sirkels op die kaliber meetplaatjie vir die verskillende kalibers se buitedeursnee is kalibergrootte en indien die
lyn van die sirkel wanneer gesentreer oor die koeëlgat, die lyn op die teiken raak, dan word die telling bepaal
as ‘n skoot wat die lyn raak.

12. Scoring
In the event of a shot touching the line between two adjoining scoring areas on a target, the shottist gets the
advantage of the higher score. If the shot touches the line between a minus and a zero, the shot gets scored
as a minus as the animal would have been wounded. The line only needs to be touched and not broken. No
bullets or other objects may be inserted into the bullet hole. If there is any doubt, the standard SAHGCA
caliber gauge should be used to determine if a shot touched the line or not. The lines of the circles on the
caliber gauge are exact caliber dimensions and if these lines, when centred on a bullet hole, touch the line on
the target, then the shot is scored as a line-touching shot.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Trofee

Post by 243Songdaug »

Dankie Beyers - jy spaar my 'n lang brief.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Trofee

Post by 375fanatic »

dis of amper raak of amper mis
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Trofee

Post by Fanta300 »

Nou maak dit sin. In die veld werk dit ook so. As jy bloed trek betaal jy. ++>:
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Trofee

Post by PWV »

Fanta300 wrote:Nou maak dit sin. In die veld werk dit ook so. As jy bloed trek betaal jy. ++>:
Deesdae vir die misskote ook!!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Trofee

Post by Fritz »

Fanta300 wrote:Nou maak dit sin. In die veld werk dit ook so. As jy bloed trek betaal jy. ++>:
Vir my maak dit nog altyd sin. Nie net uit 'n jag oogpunt nie, teiken ook. Jy sal in ALLE gevalle die punt kry van die "binneste" lyn (nader aan die bull), indien twee of meer lyne gesny word.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Trofee

Post by Fritz »

En as jy net een lyn sny dan kry jy die telling aan die "binnekant" van daai lyn. So maklik soos dit.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Trofee

Post by Fritz »

Dankie vir daai stukkie Beyers. Ek sien die engelse is ook nou by. Miskien skiet ons afrikaners nie regtig so goed nie, ons metode van telling hou is net anders hehehe!!!
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Trofee

Post by Wildjagter »

Hallo almal.

Wil net vir die eerste keer kom spog met n 3 skoot groep wat ek die naweek kon skiet op 100m. ;D

Savage VLP DBM 243 Win
87gr Vmax
41.1gr S365

Wens ek kon dit elke keer regkry as ek gaan skiet.... :P

http://i1266.photobucket.com/albums/jj523/Wildjagter/f327cf94-959c-4927-bf6d-7c9a90d059d1.jpg
http://i1266.photobucket.com/albums/jj523/Wildjagter/20140216_195337.jpg

Jagters groete

Cobus
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Trofee

Post by PWV »

Mooi, Cobus, maar as jy 5 skote so kan neersit, "then you'll be a man, my son!"
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Trofee

Post by Wildjagter »

Pieter Willem Vorster wrote:Mooi, Cobus, maar as jy 5 skote so kan neersit, "then you'll be a man, my son!"
Baie dankie Oom. Sal hom volgende keer so probeer kry met n 5 skoot. :)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Trofee

Post by Gawie(13mm) »

Pieter Willem Vorster wrote:Mooi, Cobus, maar as jy 5 skote so kan neersit, "then you'll be a man, my son!"
Netjies Cobus. Kry sommer vir jou part hoendervleis.

Moenie te veel "worry" oor Oom Pieter se aanmerking nie. Hy staan ook nog in sy kinder-skoene >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Trofee

Post by Eugene »

Ek het 'n vriend gehelp met lading ontwikkeling vir sy 308 en kon, die eerste keer wat ek met die geweer skiet, die volgende 4 skoot groep skiet.

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Groepering308_zpsd99581d0.jpg

Sal beslis Wheatherby Vangaurd oorweeg as ek weer lus kry vir 'n roer koop!
Aim small, miss small
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Trofee

Post by Gawie(13mm) »

Met wie is jou vriend die meeste beindruk? Met jou of die roer?

Netjies gedoen.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Trofee

Post by Eugene »

Gawie(7mm) wrote:Met wie is jou vriend die meeste beindruk? Met jou of die roer?

Netjies gedoen.
Wel Gawie, ek was baie beindruk met die roer en hy waarskynlik met my, want ek moes die res van die dag groepe skiet met daai roer! Gelukkig was dit 'n plesier!

Ek ken nie die Wheatherby reeks nie en hy het my oppad plaas toe laat verstaan dat dit maar intreevlak roere vir beginners is! In daai geval is ek beslis 'n beginner, want so roer wil ek hê....
Aim small, miss small
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Trofee

Post by Gawie(13mm) »

Hulle is identies aan die Howa's en ek het nog net manne uit onkunde oor hul hoor kla.

Selfs Oom Pieter s'n groepeer >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Trofee

Post by FCLoretz »

Pieter Willem Vorster wrote:Mooi, Cobus, maar as jy 5 skote so kan neersit, "then you'll be a man, my son!"
Cobus,

Gelukkig is hierdie die trofee papier bokke en NIE die 5 skoot groepe draad nie, So moenie stress oor wat die ou balie kwyt raak nie...

PS. Baie mooi geskiet.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Trofee

Post by Wildjagter »

Baie dankie Frederick en Gawie. Waardeer dit!

Moet se ek sal dit geniet as ek dit kan regkry met 5 skote. 8)

P.s. Mooi geskiet Eugene. Het self daai Weatherby's oorweeg toe ek my Savage gekoop het...maar ek is nie n dag spyt oor my besluit nie :)
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Trofee

Post by Fritz »

Eugene wrote:
Gawie(7mm) wrote:Met wie is jou vriend die meeste beindruk? Met jou of die roer?

Netjies gedoen.
Wel Gawie, ek was baie beindruk met die roer en hy waarskynlik met my, want ek moes die res van die dag groepe skiet met daai roer! Gelukkig was dit 'n plesier!

Ek ken nie die Wheatherby reeks nie en hy het my oppad plaas toe laat verstaan dat dit maar intreevlak roere vir beginners is! In daai geval is ek beslis 'n beginner, want so roer wil ek hê....
Is die Weatherby Vanguard aksie nie soortgelyk aan die Howa nie? OF word dit nie dalk in dieselfde fabriek vervaardig nie?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Trofee

Post by Eugene »

Geen idee nie Fritz, maar ek kan jou wel sê dat hulle houtkolwe 'n baie duursame voorkoms het en dat die geweer baie afgewerk voorkom. Ek soos jy hierbo kan sien, skiet die gewere 'n barshou, selfs in 'n leek soos ek, se hande!
Aim small, miss small
Post Reply