Page 1 of 2
Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 1:09 pm
by Nickvn
Hi daar. Ek sien julle het al die indian mynah se plan gekry, wat van Hadeda.
Ons het nooit van daardie voels hier gehad nie en so twee jaar gelede het hulle begin intrek. Nou is hier baie. Een oggend het ek 26 op my gras voor my huis getel. Ek het nou al baie met die .22 geskiet maar hulle het nou al so skelm geword dat as ek net voor die venter verby loop vlieg hulle op met daardie terrible klank. Ek is seker hadeda is van die duiwel.
Ek het nou al gedink ek moet hulle inwag met die 12 boor daar waar hulle slaap en hulle daar mooi verduidelik ek hou nie van hulle geskreeu nie. Enige van julle ervaring hierin?
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 1:15 pm
by C.J.
Nickvn,
Dis jammer hulle raas so want daai 26 Hadeda's het vir gratis en verniet kom plaagbeheer toepas op jou grasperk. Krieke, Molkrieke en Grasperkruspers is hulle kos. Persoonlik sal ek hulle verdra vir die diens wat hulle lewer. Maar ja, raas kan hulle raas!
Groete
C.J.
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 1:26 pm
by Beretta
Nick
Ek voel ook soos jy oor hulle hulle lawaai vreeslik veral as jy laat wil slaap.Maar moet saam met cj stem hulle eet die goggas
Beretta
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 2:44 pm
by Koos Barnard
Dags?
Jis ja, ek wonder wat het die arme hadedas gesondig behalwe om te raas en plaagbeheer toe te pas. Vir my is dit bitter jammer dat ons sulke diere sommer sonder enige goeie rede van kant maak. Hier by ons is ook geweldig baie - ook blouape wat gedurig die huis wil in en eetgoed steel, maar ek pla hulle nie. Dit kos net 'n klein bietjie beplanning om hulle te fnuik.
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 2:59 pm
by 404Jeff
Mense ek hoor in Natal eet hulle die goed glo baie lekker! Maar goeie plaag beheer!
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 3:21 pm
by grumpy
Elke keer as die goed half ses in die oggens so skree dan begin my Huskies huil. Dit maak my die mo-r in!!! Ek gaan hulle met die pellet gun skiet om bietjie te verjaag. Toe ek hier in trek was hier nie een nie en nou is die goed vervuild hier. Sommer die boom af kap waar hulle in sit.
Miskien moet ek my Huskies vroeg laat uit kom dat hulle die goed vang dan sal ek nie weer probleme he met hulle nie.
Die goed is regtig n pyn in die g-t! Hulle is erger as sturksvye in ambeie!!!!

Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 3:24 pm
by 404Jeff
Grumpy hou jou honde binne en moet hulle nie verjaag! Hulle het hoogte vrees, en as hulle opvlieg en afkyk skrik hulle, dis wanneer hulle so skreeu! Hou hulle rustig en moet hulle nie verjaag!
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 3:34 pm
by grumpy
Ek wil hulle vang en n 2" stuk hosepipe in hulle agter ent druk dan het hulle nie back pressure om te raas nie!!!!

Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 5:03 pm
by VdWalt
Ek het gedink Hadidas is beskermend en jy mag hulle nie skiet nie, soos
Troupant en die Gompou?
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 5:10 pm
by Nickvn
Ek hoor wat julle kerels se oor die plaag beheer, die vorige 12 jaar wat ek hier is, was daar nooit een te sien hier by ons nie en ons het nog nooit a probleem met die plae gehad nie nie. Ek gee nie om dat n paar hier en daar kom kuier nie maar tot dertig op a slag.

????
Die ander probleem is hulle beskuit alles dit is sulke bolle en blertse die hele wereld vol. Ek het gehoop dat die koue hul sal wegjaag verlede jaar, maar toe nie. Hulle was minder maar ek is bang hulle begin aklimatiseer hier en voor lank lyk en klink dit soos Sandton hier.
Ek sal maar aanhou selektief beheer toe te pas.
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 5:16 pm
by Nickvn
Ek verstaan dat die "sacred Ibis" die wit en swart een wat beskerm is. Die vaal ene begin n pes raak.
Re: Hadeda
Posted: Sun Apr 08, 2012 10:26 pm
by velskoen
Ek hoor eendag 'n m@3rse lawaai en gaan kyk buite. My worshond het een gevang. Nee, hy het hom nie gebyt nie. Hy't hom behendig gegryp met sy linkervoorpoot (soos 'n sitkamerkussing) en is besig om kole te gooi hier van agter af! Daar was naakte vrees in daai hadeda se oge.
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 7:14 am
by VdWalt

Wat jou nie dood maak nie, maak jou sterk!!
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 7:19 am
by JPS
VdWalt wrote:
Ek het gedink Hadidas is beskermend en jy mag hulle nie skiet nie, soos
Troupant en die Gompou?
Ek verstaan dit ook so.
Groete
JP
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 9:17 am
by Nickvn
Ek het bietjie gaan kyk na die ibis in Suid Afrika. Daar is vier ibis in die familie en die een wat bedreig is, is die "Southern Bald Ibis" die Hadeda Ibis is nie.
Sacred Ibis, Threskiornis aethiopicus
Southern Bald Ibis, Geronticus calvus Endemic Vulnerable
Hadada Ibis, Bostrychia hagedash
Glossy Ibis, Plegadis falcinellus
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 9:32 am
by FrancoisN
Die raserige goed is enige tyd welkom hier by my. As julle hulle kan vang stuur hulle oor.
Wanneer daai goed in die nag raas kan jy maar weet iets pla hulle. Amper beter as waghonde

Of n duiker wat onderdeur hulle boom loop of van hierdie twee benige jakkalse wat op my kom spy en my roetine kom dophou. Dan gooi ek sommer lood in daai rigting dat daai man weet eks wakker.
Groete
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 9:35 am
by Koos Barnard
Nick
Die hadeda is seker nie bedreig nie maar ek kan ongelukkig nie met jou en sommige ander wat op hierdie post reageer het saamstem dat 'n mens hulle moet uitroei net omdat hulle 'n lawaai maak nie. Dis ook onwettig om hulle met 'n windbuks te skiet. Maar nouja, elke persoon moet seker maar maak soos hy dink is reg. Dis net jammer dat sommige mense so selektief met wetsgehoorsaamheid en "etiek" te werk gaan.
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 10:59 am
by Nickvn
Hi Koos
Ek waardeer jou terugvoer en met alle respek gese ek het nerens gese ek skiet hulle met n windbuks nie. Ek het ook nie gese hulle moet uitgeroei word nie. My woorde was "selektief beheer to te pas".
Ek glo nie jou kommentaar "Dis net jammer dat sommige mense so selektief met wetsgehoorsaamheid en "etiek" te werk gaan." is regverdig in hierdie geval nie. Waar het ek die wet oortree of nie met etiek opgetree nie?
Ek weet ek is nuut hier, sal maar liewer stil bly in die toekoms.
Groete
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 11:26 am
by henti
Hi
My alarm ny my op die plaas is die nag is die twee tarrentaal troppe weerskante van my huis en die HADEDA nes dis by ver die beste alarm ooit beter as my beams my huis is redelik groot maar as n ding roer maak nou nie saak watter kant van die huis nie weet die dikkop, tarrentale en hadeda altyd eerste en so raak mens wakker ek. Ek laat nie toe dat tarrentaal naby my huis geskiet word nie alhoewel ek altyd gevrae word . Die Natuur kan wondere vir jou doen met veiligheid.
Groete Henti
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 12:06 pm
by grumpy
Ek het dit gese van n windbuks! Nou wat nou? miskien moet jy die goed kom verwyder as plaag beheer!!!
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 12:08 pm
by Spanner
Nick, jy het 'n PM
Re: Hadeda
Posted: Mon Apr 09, 2012 8:58 pm
by Christo
Ek weet nie van een boer hierrond wat Hadida's sal skiet nie. Hulle is regte plaagbeheerders. Die lekkerste was dat nadat ons begin het om eerder kompos as korrelkunsmis in boorde te gebruik dat daar selfs swerms van hulle begin terugkeer het. 2 leef nou al vir jare in 'n boom by my huis en hulle bekke is meer in die gras as daarbuite. Hulle maak 'n kleintjie groot maar laat hom nie toe om in die omgewing te bly nie.Dit is net hulle 2 wat hier by die huis bly. Die honde en katte pla hulle glad nie.
Goeie raad. Moet hulle nie laat opvlieg nie, hulle ly aan hoogtevrees. Kyk maar hulle skree net as hulle opstyg. Klink amper asog hulle skree - "help help".
Re: Hadeda
Posted: Tue Apr 10, 2012 8:30 am
by LUAN
Ek dink nie hulle is bedreig nie maar hulle is beskermd en ook nie geklasifieseer as pes nie. So moenie op die forum so oop praat hoe jy hulle skiet nie.
Re: Hadeda
Posted: Tue Apr 10, 2012 11:00 am
by Rambo
Ek bevestig wat 'n paar ander manne hierso ook noem... Hulle is nie bedreig nie, maar mag nie geskiet word nie!
Re: Hadeda
Posted: Tue Apr 10, 2012 11:13 am
by LUAN
Net so terloops dink dis R5000 boete as jy met hom lewendig of dood in jou besit gevang word.