Rhino Lodge
Posted: Tue Apr 10, 2012 8:39 am
Dagse kerels!
Ons was die naweek Rhino Lodge toe naby Standerton. Daar is ongelooflik baie wild! Swartwildebeeste, Springbokke, Blesbokke, Rooihartebeeste, Zebras, Gemsbokke, Blouwildebeeste en wat nog so ver as wat jy kan sien! Die verblyf is ook baie nice, mens kan vroulief ook saamvat sonder om te twyfel. Die pryse is ook baie goed, ons het R1500 betaal vir 'n Swartwildebees bul.
Ek het die eerste Swartwildebees bul Vrydag geskiet, die gids het gese die spesifieke bul lyk kruppel, toe se ek ons moet hom dan probeer afhaal. Die bul wou nie gaan stil staan nie en het weggeloop van ons af op so 240m, toe skiet ek hom van agter af met 'n 300gr Swift A-Frame. Hy het so twee draaie gegee, toe le hy. Toe ons by hom kom en hom van nader bekyk toe sien ons iemand uit 'n vorige groep het die bok gekwes, en sy blad was al bietjie septies.
Die tweede bul het ek Saterdag geskiet, hy het plank dwars gestaan op ongeveer 350m. Ek het my kruishaar bo sy hare op sy skof gehou, toe tref die koeel hom laag op die blad, maar hy het net daar in sy spore geval.
Ek was bietjie skrikkerig met die swaar koele, en die manne het my gas gegee oor my boskanon, maar ek het net so ver en net so raak geskiet soos die manne met die platskiet kalibers... Hehehehehe...
Dit was 'n baie lekker naweek gewees, en ek voel bevooreg om twee sulke mooi ou Swatwildebees bulle te kon jag.
Hier is so 2 fotos...
240m
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_6949.jpg[/img]
350m
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_7001.jpg[/img]