Page 1 of 1

een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 9:58 am
by kopskoot
Dagse Manne

Ek was  die afgelope lang naweek in die Hluhluwe omgewing vir 'n bietjie leeg le, saam met my famielietjie, en het dit toe goed gedink om 'n een dag jag in te werk.
Ek het toe 'n geleentheid gekry op 'n plaas so 25km buite Hluhluwe en Vrydag (vryheidsdag) het ek toe besluit om my vryheid te gaan vier, op die beste moontlike manier (met 'n geweer in die hand)

Die gras in daai area staan huidiglik nog so 1 meter hoog, en 'n grrot rooibok ram sukkel om sy snoet bo die gras uit te kry. Betreklik versigtig vir die area se berugte groot swart mambas, is ek toe maar voetjie vir voetjie die ruigtes in.

Na ongeveer 5 ure se stap,soek en versigtig wees,het ek toe op 'n paar alleenloper bulle af gekom.Omtrent 100m bekruip deur die lang gras en ruigtes en die grootste van die drie bulle uitgesoek.

Aangesien die bos so ruig was en dit moeilik sou wees om op 'n bloedspoor, selfs vir 20m, te loop, het ek besluit op 'n "spine shot", en die 200gr nosler accubond uit my 338 Win, het het sy werk gedoen.
[i[img width=560 height=418]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... hoto-2.jpg[/img]mg][/img]

Die horings het 29 1/2" en 301/4" gemeet, wat my nie net verbaas het nie, maar ook 'n baie gelukkige vryheids vegter gemaak het.

Later die middag het ook 'n 23 1/2 duim rooibok ram geskiet, maar ongelukkig geen foto's geneem nie

Wat egter nog beter is as my Nyala storie, is dat die jagseisoen nou amptellik oop is, en die dinge nou kan begin gebeur.

Wat 'n voorreg

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 10:41 am
by Rigby
Geluk Kopskoot!
Dis regtig 'n pragtige njala - die perfekte shape (en die duime kom dan sommer vanself)
En soos jy noem - dis mos hoe 'n jagseisoen moet begin!

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 12:08 pm
by Gerhard
Daai Nyala het nou karakter soos ek dit soek....

Baie baie mooi bok.

Geluk Kopskoot!!!

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 12:31 pm
by Geno
Baie geluk Ronald!

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 12:45 pm
by gillie
Baie geluk

Klink asof dit lekker stap ook was, ek dink baie manne sal na 5 ure se stap al flou wees !!!

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 1:05 pm
by Wouter Roets
Ronnie

Pragtig man! Voorwaar n mooi en besonderse njala. Lyk my jy sukkel deesdae om net iets gemiddeld te skiet! :laugh: Nee voorwaar n voorreg.

Groetnis
Wout

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 1:10 pm
by vlakvark1
Baie mooi. Wat prys so Nyala? :D

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 1:38 pm
by kopskoot
Hi Vlakvark

Ek het R8000 betaal vir die Nyala, en ek dink dit was fair.
Ek het al advertensies gesien van tussen R6500 -R15000.

groete

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 7:54 pm
by vlakvark1
Dankie man. ;)

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Wed May 02, 2012 8:15 pm
by Frederik
Baie Netjies prag bul daardie  ;D

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Thu May 03, 2012 3:52 pm
by Hilux01
Geluk

Wil graag self eendag in daai wereld n Njala stamp

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Thu May 03, 2012 4:36 pm
by Dippies
Baie mooi bokkie die Kopskoot.

Baie baie geluk

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Thu May 03, 2012 6:24 pm
by Marc
Dags? Kopskoot

Bitter mooi Njala daai, ek hou van sy horings s? vorm, mooi semetries en daai ivoor ook  ;)

Groetnis
Marc

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Thu May 03, 2012 9:03 pm
by Dewie
Hallo oom Kopskoot

Regtigwaar 'n baie mooi Njala
Bos is redelik BAIE ruig
Prysbok :)

Geluk
Dewie

Re: een - dag - jag - Nyala

Posted: Thu May 03, 2012 11:09 pm
by immelmanw
Ongelooflik, baie geluk!