Page 1 of 2
My Jag en Hengel avonture - Video en fotos
Posted: Thu Mar 04, 2010 1:05 pm
by Gerhard
Re: Jag Memories
Posted: Thu Mar 04, 2010 1:15 pm
by Brno308 jagter
Hi Gerhard
Baie mooi bokke daai. Ek het ongelooflike respek vir jou wat met 'n boog en met 'n geweer jag.
Se vir my hoe sit mens 'n foto op die forum.? Dan sal ek 'n paar van my trofee's opsit.
Groete en baie geluk.
Brno
Re: Jag Memories
Posted: Thu Mar 04, 2010 2:10 pm
by Tiny
Stem saam met jou Brno vir daai geweer en boog.. Dit moet nogal 'n kuns wees om dit doen.. Ek wil ook graag weet hoe sit mens foto's op.. Lekker dag..
Re: Jag Memories
Posted: Thu Mar 04, 2010 2:16 pm
by Francois Marais
Gerhard
Mooi verskeidenheid daar, geluk jong, BAIE mooi trofees.
Mooi loop
Francois
Re: Jag Memories
Posted: Thu Mar 04, 2010 2:43 pm
by Gerhard
Dankie,
Is paar wat ek op die rekenaar het by die werk.
Ek was gelukkig gewees om paaie te kon kruis met 'n paar mooi bokke.
Boog jag is baie baie verslawend.
Dees dae as ek jag beplan is dit 'n boog jag. (Ek het 'n artikel in die maand se Africa's Bowhunter)
Behalwe wanneer ek agter die jakkalse aan is. Dan kom die Hornet uit die kluis.
Hoop om die jaar ook bloed te trek met die 500 Jeff...

Re: Jag Memories
Posted: Thu Mar 04, 2010 10:28 pm
by theedge
Baie netjies Gerhard
Re: Jag Memories
Posted: Fri Mar 05, 2010 5:34 am
by Gerhard
theedge wrote:
Baie netjies Gerhard
Thanks Meester,
Jy het self darm al paar dinge om met die boog...

Re: Jag Memories
Posted: Tue May 25, 2010 5:54 am
by Gerhard
Ek het Saterdag die rooibok met die nuwe Destroyer 350 gejag...

Jag Memories - Up dated
Posted: Sat May 29, 2010 2:39 pm
by Gerhard
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Sat May 29, 2010 7:39 pm
by Christo
Goeie video Gerhard
Wou eers skryf "mooi" maar dit sal seker eties verkeerd gewees het. Hoe dit ook al sy, netjies.
Christo
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Sun May 30, 2010 11:29 am
by spekieries
Dags? manne
Ek is bietjie huiwerig om my twee sent in te gooi en ek hoop nie ek trap tone nie. Ek het al in 'n "hide" gesit
met 'n geweer. Die plaas was ongelooflik ruig en gelukkig het ek niks geskiet nie. Ek haat dit om ure in 'n hide te sit en boeklees. Ek loop eerder in die veld en skiet niks. Ek glo dat jag by uitnemendheid is om te walk en stalk met 'n boog. Uit 'n hide skiet, is goed skiet nie jag nie. Skitterende skoot Gerard. Onthou dit is maar net my opinie.
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Sun May 30, 2010 6:34 pm
by JACQUES BOTHA
Gerad
Goed gedoen maak nie sak hoe en waar nie. Dit sit nie in almal se broek om geduldig te wees en te wag nie..
Soos n vars lid gese het 'a vulture is a patient animal' ..
Groete
JB
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Sun May 30, 2010 8:21 pm
by Gerhard
Thanks,
Boog jag is heel anders as geweer jag.
Ek doen al twee al lank....
Ek kon die volgende oggend 'n 26 duim + rooibok ram uit die selfde boom nie geskiet kry nie omdat ek 'n hele boom vol blou ape rond om my gehaad het.
Ek geniet dit om bietjie in die veld te gaan stil sit en stoom af te blaas.
Mens leer dan weer kyk wat rond om jou aan gaan....
Daar is altyd iets nuuts te siene
Ek geniet walk en stalk met die boog, maar dit sit nie sommer in enige man se broek om naby genoeg te kom met die boog nie.
My eie maks afstand wat ek 'n skoot na 'n bok sal skiet is 45 yards.
So 3 weke terug was ek agter bles bokke aan op die voet.
Ek het heel dag hard gejag en die naaste wat ek kon kom was 65 yards....
Was ek met die 303 in die veld was ek al 09:00 klaar en sou dan uit gemis het op 'n hele dag se genot in die veld...
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon May 31, 2010 10:04 am
by spekieries
More Gerhard
Ek vat jou punt.
Groete
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon May 23, 2011 4:13 pm
by Gerhard
Seker tyd om bietjie fotos by te sit
[img width=560 height=215]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60302a.jpg[/img]
28 yards walk en stalk met die boog
[img width=560 height=429]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60283a.jpg[/img]
22K Hornet het sy ding doen is die lang kamp waar die blesbokke teen 100km/h wei
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... esbok1.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... esbok2.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... esbok4.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... esbok3.jpg[/img]
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon May 23, 2011 4:36 pm
by Gerhard
Groot jakkals reun van 13kg
Heel eerste rooibok met die boog
My duiker ram
Vlakvark sog
Kudu koei
Daar is nog paar fotos...
Sal soek en later op sit
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Sun Jul 24, 2011 7:13 pm
by Gerhard
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Sun Jul 24, 2011 8:23 pm
by Gerhard
Tierboskat video
http://www.youtube.com/user/gerharddelp ... 68eZCWwLT8
Hier was 3 bymekaar op die selfde staan plek.
Ek het 5 in geroep in 3 aande.
Laaste een het 5 tree van die bakkie gedraai.
Hulle is nogal lief vir kat jak baklei... lol
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon Jul 25, 2011 6:42 am
by Piet Breedt
Gerhard, ek roep hulle ook gereeld in as ek jakkalse jag. Hulle bly darm baie spesiaal en mooi om te sien. Bly om te sien jy skiet hulle nie. Hier by ons doen hulle geen skade.
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon Jul 25, 2011 6:44 am
by Gerhard
Ek stem 100% saam...
Hulle sort al die rotte en dinge uit.
Kry darm so nou en dan een op Bronkies ook. Maar 3 op een staan plek is n rekord vir my...
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon Jul 25, 2011 11:52 am
by herley
Mooi geskiet op daai vlekkie
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon Jul 25, 2011 11:54 am
by Gerhard
Bradley wrote:
Mooi geskiet op daai vlekkie
Dankie man...
Ek swets elke keer as ek daai mis skoot sien.
Ek was bitter naby om hom in die hardloop te skiet toe ek sien hy begin vas steek.
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon Aug 01, 2011 1:51 pm
by PITSMIT
mooi gerhard dis darm lekker as daai skoot plof
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon Aug 01, 2011 3:48 pm
by herley
Ek sal dit glo maar hoekom het jy hom nie die eerste keer wat hy gestaan het geklop nie, my adrenalien sou al oor gekook het
Re: My Jag avonture - Video en fotos
Posted: Mon Aug 01, 2011 3:58 pm
by Gerhard
Bradley,
Jong daai mielies kan dinge lekke moeilik maak as die jakkals vas steek en hy staan agter n so n stuk wat uit steek.
Wag maar eerder bietjie vir n oop skoot.
Ek het geweet hy is oppad vandat ek sy oe op getel het die eerste keer.
Jy moet dan maar net geduldig wees en wag vir die regte skoot.
Gewoonlik kry ek hulle darm vinniger gestop ....
