Page 1 of 1
My eerste KAT
Posted: Mon Mar 22, 2010 6:57 pm
by Raven
Manne, dit was 'n lang harde naweek van beeswerk,spuit en brand, maar die naweek het goed ge-eindig.
Gisteraand so teen 8uur eers klaar bees bewerk, en moet toe nog slaggoed gaan haal op die agterste plaas. Ek maak toe die Landy reg om so kort roepsessie in te werk oppad daar na toe.
Kry my roepsessie in en na so 50min se roep net na 23h00 gisteraand kom s? die katjie HALLO.
Ek kry sommer bok koors of kat koors in die geval en skiet los bo oor sy kop op so 120m. Haal toe diep asem toe hy weer stop en kyk....
Groete Raves
Re: My eerste KAT
Posted: Mon Mar 22, 2010 7:02 pm
by Francois Marais
Hey
Mooi man, dis soma n bul kat daai.
Mooi loop
Francois
Re: My eerste KAT
Posted: Mon Mar 22, 2010 7:04 pm
by Janjak
Mooi so Raven, dit moet prentjie op jou hemp wees?

Re: My eerste KAT
Posted: Mon Mar 22, 2010 7:26 pm
by Mac
Raves,
Mooi gedoen, dit lyk of daai kat regtig die mooite werd is, groot probleem opgelos.
Mac
Re: My eerste KAT
Posted: Mon Mar 22, 2010 7:34 pm
by Raven
Ek is bly ek het my eerste kat geskiet, maar nie so "excited" dat hy op ons plaas geskiet is nie :-\
Ek het vroeg laasweek 'n boerbok ooi verloor, en kon nie glo die jakkalse het haar gevang nie, die kat was +- 2km van die vang plek geskiet. Kat het ingekom op groothaas, stadig maar doelgerig op roeper.
Hoe wyd is 'n kat se loop area?? Die wyfie moet seker dan ook in die area wees. Gee ma raad waar julle kan asb.
Norton
Re: My eerste KAT
Posted: Mon Mar 22, 2010 7:38 pm
by Raven
Dankie Mac, my moegheid was iets van die verlede gisteraand toe daai skoot klap.
N.S Ek was maar redelik moeg vanoggend toe my broer die foto neem, want die plaaswerkers wou net die kat afslag om "hoendervleis" te kry..
Re: My eerste KAT
Posted: Mon Mar 22, 2010 7:44 pm
by Jaco Bezuidenhout
RAVES
Pragtig,ek onthou nog my eerste kat. N gevoel wat nie beskryf kan word nie. Ons almal saam met jou bly. 25 06 en jy gan nog lang pad stap
Groete
Jaco
Re: My eerste KAT
Posted: Mon Mar 22, 2010 8:51 pm
by Gerhard
Bakgat!!!
Baie geluk...
Re: My eerste KAT
Posted: Fri Mar 26, 2010 8:05 pm
by Christo
Skattepetoors
Re: My eerste KAT
Posted: Sat Mar 27, 2010 10:53 am
by Freddie101
Geluk Raves
Dit maak dat mens lang ure en moegheid vergeet.
Freddie