Page 1 of 2
375 Ruger maak mooi.
Posted: Mon Jun 11, 2012 12:26 pm
by Hugov
Was gelukkig genoeg gewees om die 375 Ruger weer bietjie bloed te laat trek die naweek.
Ons het op Lapapalesa gejag net buite Vredefort. En dit was nie bietjie koud nie,Saterdag oggend het die kwik op -7 gestaan.
Ek het hierdie swart wildebees koei op 180 meter met n 270 gr Barnes TSX op die knoppe geskiet. Soos die amerikaners se dit was n mooi "Bang- Flop".
[img width=560 height=373]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... G_2733.jpg[/img]
Die camo Howa het nou maar n sterk aantrekkings krag op die dames!
[img width=560 height=373]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... G_2738.jpg[/img]
Ons het saans maar naby die vuurtjie gesit,
[img width=560 height=373]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... G_2760.jpg[/img]
My goeie vriend kon saterdag middag ook sy SWB plat trek met sy 375 Ruger
[img width=560 height=373]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... G_2781.jpg[/img]
Tussen die twee van ons kon ons darem 3 swart willies en 4 Blessies huis toe bring.
Die 375 Ruger het weer sy veelsydigheid bewys en die skote het gewissel in afstand van 110 meter tot 250 meter.
Groete H
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Mon Jun 11, 2012 12:40 pm
by SV MAD (Henk)
Baie geluk Hugo! Daai 375 loop mooi hoor!
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Mon Jun 11, 2012 12:42 pm
by Vlakvark
Geluk Hugov
Mooi gedoen en mooi fotos dankie vir die deel met ons
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Mon Jun 11, 2012 12:53 pm
by Geno
You-go,
Mooi geskiet manne! Daai .375 is 'n bul!
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Tue Jun 12, 2012 3:54 pm
by DawieKotze
Netjies gedoen Hugo!!
Ek het al gehoor die manne praat van hulle karre wat die dames aan trek, maar nog nooit gehoor van hulle gewere wat dit doen nie!!

Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Tue Jun 12, 2012 4:02 pm
by Gerhard
Baie netjies Hugo....
Mooi geskiet met die Ruger.
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Tue Jun 12, 2012 8:42 pm
by Marc
Hugo
Mooi gemaak daar, daardie 375 ken die pad vleis toe

Mooi foto's ook, daai kampvuur lyk net die regte groote vir die onlangse kouetjie
Mooiloop
Marc
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Wed Jun 13, 2012 6:56 am
by Hugov
Dankie Manne.
Madako hoekom ek se die dames hou so van hom is.....
Ek het begin bekommerd raak hy het nog net Zebra merrie, bwb koei,Blesbok ooi, en Swart willie koei gejag.....
Laaste bok van die trip was gelukkig n mooi blesbok ram.
Daar is nog n waterbok wat ook gejag moet word!
Mooiloop en Groete H
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Wed Jun 13, 2012 11:57 am
by Piet Pille
Netjies Hugo,
Sowaar mooi foto's ook! Lyk my die geluk was aan ons kant die naweek met die 375's!
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Fri Jun 22, 2012 12:55 pm
by Piet Breedt
Hugo, onthou by Waterbokke is die bul die een met horings.......he ....he .....he
Grap net. Met watse scopes het julle geskiet. Ek moet nog vir myne n scope kies
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Fri Jun 22, 2012 2:13 pm
by Hugov
Hello Oom Piet.
Gelukkig het die bulle horings anders gaan nog n wyfie sekerlik swik voor die Ruger hehehe.
Nou moet ek net mooi maak met Julie maand se gemsbok bul......
Ek het n 6x42 Schmidt&Bender op myne en my vrind het die 2.5-10x50 Nikon Monarch.
Ek kyk ook nou na die 2.5-10 met die 200gr GS customs wat 3030 ft kan maak uit die Ruger uit gaan hy lekker jag so op die vlaktes.
Groete H
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Sun Jun 24, 2012 10:25 pm
by Piet Breedt
Ek het self na die 2.5 - 10 x 50 Nikon Monarch staan en kyk daar by Stefaans Vrydag. Hoe maak sy eye relief op die .375?
Ek het mos die 2,5 - 10 x 56 IR Nikon Monarch op my .223 vir nagskiet en is bitter tevrede met hom.
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Mon Jun 25, 2012 6:51 am
by Hugov
Goeie more
Eye relief is glad nie n probleem nie so tussen 3.5 - 4 duim.
Groete H
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Mon Jun 25, 2012 6:56 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse
Baie mooi geskiet.As ek mag vra waar kan mens herlaai data kry vir die .375 Ruger en hoe vollop is doppe?
Groetnis
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Tue Jun 26, 2012 6:32 am
by Hugov
More ek hoop dit gaan goed. hierdie het ek op reloadsa raak gelees.
http://www.reloadsa.co.za/Members/viewt ... f=10&t=525
Hier op Jaracal is daar ook al n paar "topics" as jy 375 Ruger herlaai data "search" sal jy regkom.
Doppe is op die oomblik bitter skaars.
Bel vir Camdix hulle kry gewoonlik groot besendings maar dan verkoop dit binne n week of twee.
Groete H
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Fri Jul 06, 2012 7:36 am
by Hugov
More almal!!
Was weer gelukkig genoeg om n baie lekker jag te steenbok pan te kon mee maak en die 375 Ruger het meer as sy deel gedoen

.
Het hierdie ooitjie op so 120 meter in die kuiltjie geklop sy het amper op haar agter pote gaan staan en net daar om gedop
http://i867.photobucket.com/albums/ab23 ... bokkie.jpg
Het hierdie beer op so 30 meter voor die kop geslaan
http://i867.photobucket.com/albums/ab23 ... G_2862.jpg
Groete H
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Fri Jul 06, 2012 8:23 am
by DWB
Hugo, baie mooi!
Maar jy s? nie hoe ver die vark gehol of gerol het nie

Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Fri Jul 06, 2012 9:45 am
by Hugov
Jis Deon daai man was volstoom iewers oppad jong!! het so mooi doughnut gespin/skop
Groete H
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Fri Jul 06, 2012 12:25 pm
by Vlakvark
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Wed Jul 11, 2012 12:11 pm
by Marc
Hugov wrote:
Jis Deon daai man was volstoom iewers oppad jong!! het so mooi doughnut gespin/skop
Groete H
Heheheheheee, mooi gegooi

Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Thu Aug 30, 2012 10:02 am
by Hugov
Hello almal!!
Was gister gelukkig genoeg gewees om hierdie mooi Eland koei te kon gejag het saam Marno op sy skoon pa se grond.
Dit was die perfekte afsluiting vir die jagseisoen.
Ons was so 6 uur op die plaas en het so 6:30 die jag bakkie geklim en die kop op die plaas bestyg om vir die elande te "glass" met die verkykers.
Ons het amper onmiddelik n mooi troppie aan die ooste kant van die plaas gesien,maar aanvanklik gedink dit is n bul trop wat afsonderlik van die groot trop met die koeie loop. Toe ons niks verder eland troppe om die kop bespeur nie het ons besluit om die "bul" trop te bekruip en kyk of daar nie n paar koeie dalk saam loop nie

.
Onder gekom het ons die bakkie so 1km gestop van waar ons hulle gewaar het en te voet begin bekruip. Die wind was pragtig in ons guns en het mooi van voor gestoot, Oppad na die elande het ons n mooi troppie rooibokke, Blessies en volstrooie ook gekry. gelukkig het hul besluit om in die bees kamp te bly en het saam gespeel.
Ons het die elande op so 150m gekry en was verbaas toe dit so trop van omtrent 25 diere was. daar is omtrent 60 elande op die plaas.
Na n bitter lekker adrenalien gevulde bekruip wat hande viervoet en "leopard crawl" ingesluit het kon ons so 80 meter van die trop af kom en het die skietstokke staan gemaak agter n paar klein soetdoring boompies.
Die trop was heeltemal onbewus van ons en nou moes ons die koeie onderskeie van die jong bulletjies wat in die trop was. (die OOM bulle is darem iets om te aanskou, en daar is een met my naam op vir volgende jaar

)
Die koei wat toe saam gespeel het

het dinge amper versuur toe sy skielik van links af ingekom het en ons gesien het soos ons deur die trop kyk. Sy het n kort draai gedraf en PLANK dwars skoon gaan staan dit was al uitnodiging wat ek nodig gehad het....
Die 200 gr GS Custom het haar solid op die knoppe geslaan en die voorste as af geskiet. (Het die punt op die verste skouer herwin nadat hy altwee skouer knoppe afgeskiet het en die bopunt van die hart gekap het)
Sy het so 30 meter gevorder en neergeslaan. Die skoot het 8:15 geklap
[img width=360 height=480]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... ndkoei.jpg[/img]
Die herwinde koeel het 164 gr geweeg n retensie van 82%. (200gr)glad nie sleg nie as mens kyk hoe hard hy gewerk het. Vleis skade was minimaal.
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... tom164.jpg[/img].
Ek wil net dankie se vir Marno vir die reel van die jag en die goeie "gids" werk hehe. Was n vrek lekker jag!!!! Volgende keer wys ek jou wat maak die ruger met 222-50 kos .......
Groete H
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Thu Aug 30, 2012 10:58 am
by FHM
Jou ou Bul....jy is alweer onder koeie losgelaat sien ek...hou op parfuum spuit voor jy gaan jag in die oggend.
Mooi gegooi Hugo!
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Thu Aug 30, 2012 11:32 am
by SV MAD (Henk)
Mooi gegooi Hugo! Daai 375Ruger werk darem lekker hoor!
Bly om te hoor die GSC het ook goed gewerk!
Dankie vir die lekker storie ook!
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Thu Aug 30, 2012 12:12 pm
by Wouter Roets
Hugo
Dis lekker om te sien dat jy en die 375 Ruger mekaar so mooi verstaan. Jou koeelkeuse help natuurlik baie in die veband! Hartluk geluk met die bokke en ek glo dit gaan n wonderlike huwelik wees vir die toekoms.
n Vragie as ek mag? Het jy enige tuimeling ervaar van die GS in die elandkoei? Die rede hiervoor is n ruk terug het Oom Gerard n foto gebruik van n Barnes TSX wat op n druppel so gelyk het as jou foto en toe genoem dat n koeel wat so lyk gewoonlik tuimel.
Groetnis
Wouter
Re: 375 Ruger maak mooi.
Posted: Thu Aug 30, 2012 12:28 pm
by Stefan764
Wouter Roets wrote:
n Vragie as ek mag? Het jy enige tuimeling ervaar van die GS in die elandkoei? Die rede hiervoor is n ruk terug het Oom Gerard n foto gebruik van n Barnes TSX wat op n druppel so gelyk het as jou foto en toe genoem dat n koeel wat so lyk gewoonlik tuimel.
Ek luister saam....