Page 1 of 3

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Fri Jun 29, 2012 11:51 am
by Vlakvark
Ludwig
Is dit nie moontlik om 'n vorm te ontwerp waar elke ou sy data kan in sit en dit dan as 'n standaard kan gebruik word so dat die gegewens altyd dieselfde na jou toe kom
Die bewoording moet reeds daar wees sodat elke ou wat hulp soek net sy gegewens in vul

Kaliber                        ------------
Koeel                          --------------
Koeel gewig                ---------
Maak Dop                    -----------
H2o  dop                    -----------
Slagdop                      -------------
TPL                            -------------
Magasyn kas Lengte    ----------
Loop Lengte                --------
Kruit                          ---------
Lading 1 Spoed            --------
Lading2 Spoed            -------

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Fri Jun 29, 2012 12:02 pm
by Marc
Ludwig

Dankie  ;) maak so  8)

Vlakkie

Daai klink na 'n goeie idee  8)

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Fri Jun 29, 2012 12:18 pm
by Vlakvark
Ludwig
Ek sit nou en dink aan die idee as die persoon sy inligting gee kan julle mos vir hom 'n uit druk onder aan sy skrywe gee met vermaanings van veilig laai kyk vir druk werk stadig op net om julle self te cover ook
Met uit druk bedoel ek soos QL dit gee
http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/223241gAR220736gBarnesvgpng.png

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Wed Jul 04, 2012 1:29 pm
by Beyers
Ludwig
Kan ons nie versoeke sorteer in kaliber opskrifte nie, maa dan net die soek makliker of hoe?
Beyers

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Wed Jul 11, 2012 11:56 am
by Marc
Ludwig wrote: Beyers, ek dink dis 'n goeie idee. Ek sal voorstel dat indien 'n man QL versoeke het, hy dit onder die kaliber onderwerp op hierdie afdeling gaan plaas, en as daar nie een is vir sy kaliber nie, dit dan sal skep as volg byvoorbeeld: "OBT Lading versoeke vir 30-06". Dan hou ons al die lading versoeke per kaliber dus bymekaar op een plek.
Bakgat plan die  ;)

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Fri Aug 03, 2012 12:54 am
by Kalahari
Hallo almal

Nou weet ek nie so lekker wat om te doen nie. Ek sit met 223 wat ek wil "opstart" met 50gr Noslers, varmint, maar het nie enige ladings wat al geskiet is nie, dus kan ek nie so Ludwig versoek het 2 ladings en die spoed gemeet gee nie. Kan iemand dalk help asb? Ek gaan ander topic oopmaak vir hulp met ladings en hoor wat die manne se.

Baie dankie

Kalahari

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Fri Aug 03, 2012 6:53 am
by Vlakvark
Kalahari
Daai twee ladings se spoed moet jy met jou geweer skiet
Met jou    1  Dop Volume
              2 Soort Koeel en gewig
              3 Kruit  gewig en soort
              4 Cartrige Lenght
              5 Case Lenght
              6 Barrel Lenght
Die twee spoed lesings moet ook verkieslik twee verskillende ladings wees een met 50.2g S365 en ander een met 50.6g s365 selfde lot nommer (50.2 s365 en 50.6 s365 net as voorbeeld) Maar met selfde koeel en selfde primer
             

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Fri Aug 03, 2012 9:11 am
by Kalahari
Vlakvark

Baie dankie, het hom so, maar ek moet iewers begin met 'n lading en ek wil nie sommer net enige lading laai nie :o Kan dalk bollie aanjaag. Die h2o inhoud van firform van pmp dop is wat alreeds in my geweer geskiet is, maar met 52gr Hornady's. Nou wil ek net lading vir start he met die 50gr Noslers.

Ek het ander post gemaak ander Herlaai, 223 ladings wat Beyers begin het. Ek luister nog wat julle se.

Kalahari

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Fri Aug 03, 2012 9:36 am
by Kalahari
Ludwig

Dankie, ek sal so maak, nou gekyk die beginlading van somchem op s321 vir 50gr sierra spitzer is 23.5gr so ek sal daar begin.

Mooi dag

Kalahari

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Sun Sep 30, 2012 3:39 pm
by tripodmvr
Gaan kyk onder inskiet van geweer - ek het Howa se 20 skoot riglyn gevolg en sommer begin met spoed meet ens om data oor my geweer te verkry.

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Sun Mar 31, 2013 2:41 pm
by James Wilson
Kan qload op n i pad gelaai word?

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Mon Aug 26, 2013 8:14 pm
by Brand
Ladings vir 243 Ruger

Ek wil weet of julle manne my nie kan help met my geweer se ladings nie, want ek skiet huidiglik met PMP dop, CCI200 Primers en Nossler 80gr Varmint Ballistic tip. Ek wil nou die Remington dop met Remington primers 9 1/2 large rifle primers en Remington 75gr Accutip V-Bullet probeer. Ek wil weet waar moet ek met die ladings se uitwerk "START" en wat is die "MAX"?

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Mon Aug 26, 2013 8:39 pm
by tripodmvr
Brand wrote:Ladings vir 243 Ruger

Ek wil weet of julle manne my nie kan help met my geweer se ladings nie, want ek skiet huidiglik met PMP dop, CCI200 Primers en Nossler 80gr Varmint Ballistic tip. Ek wil nou die Remington dop met Remington primers 9 1/2 large rifle primers en Remington 75gr Accutip V-Bullet probeer. Ek wil weet waar moet ek met die ladings se uitwerk "START" en wat is die "MAX"?
Gee die inligting soos in die eerste plasing en ons sal probeer help.

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Mon Aug 26, 2013 9:27 pm
by Giepie
James Wilson wrote:Kan qload op n i pad gelaai word?
Geen reaksie nie, so lyk my nie so nie. Noagal jammer, sou dit graag op my Android tab ook wou kon sit.

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Aug 27, 2013 5:25 am
by tripodmvr
Giepie wrote:
James Wilson wrote:Kan qload op n i pad gelaai word?
Geen reaksie nie, so lyk my nie so nie. Noagal jammer, sou dit graag op my Android tab ook wou kon sit.
Hierdie post is eintlik ter inligting en nie vir bespreking. Ek sou sê Google QL en kyk of jy nie daar kan uitvind of so App bestaan nie - of open 'n nuwe post met jou vraag as opskrif sodat meer manne daarna gaan kyk.

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Aug 27, 2013 8:10 pm
by James Wilson
Giepie wrote:
James Wilson wrote:Kan qload op n i pad gelaai word?
Geen reaksie nie, so lyk my nie so nie. Noagal jammer, sou dit graag op my Android tab ook wou kon sit.
Giepie, daar is n rumour dat die app beskikbaar is. Ek het al rondgesoek maar kry nognnie so iets nie. Sodra ek dit opgespoor het sal ek die link sommer hier onder die topic post. Kom ons hou duimvas!

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Aug 27, 2013 8:40 pm
by Chrisjan
Wat ek doen is, ek het qload op my kantoor rekenaar, so ek Teamviewer of "log me in" vanaf my ipad.

Help darm as jy iets dringend wil opkyk.

Groete
Chrisjan

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Aug 27, 2013 8:55 pm
by Giepie
Chrisjan, lyk my jy sal op 'n ander thread vir ons moet verduidelik hoe dit werk. Ons wag. ;)

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Aug 27, 2013 9:08 pm
by James Wilson
Chrisjan wrote:Wat ek doen is, ek het qload op my kantoor rekenaar, so ek Teamviewer of "log me in" vanaf my ipad.

Help darm as jy iets dringend wil opkyk.

Groete
Chrisjan
Dis nou goeie nuus. Ek is more vroeg op die baan en sal dan kyk of my internet sterk genoeg is vir die oeffening

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Wed Jul 16, 2014 4:28 pm
by FrankV
Dagse Manne

Ek is onseker of ek die H2O vraag reg verstaan in QL-moet ek die dop volmaak totdat ek n miniskus bo-op die dop het-maw moet ek volmaak totdat die dop oorloop en dan stop?
Ek is besig om die lysie vrae van Vlakvark hierbo deur te werk voordat ek weer om hulp vra.
Verskoon tog asb as dit dom klink maar so leer ek.
Groete
frankV

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Wed Jul 16, 2014 5:09 pm
by Wouter Roets
Hallo Frank

Daar is nie n ding soos n dom vraag nie. Jy maak die dop gelyk vol met sy rand. So die miniskus moet nie n boog maak na bo of onder nie. n Inspuiting gevul met water en n drupel skottelgoedseep soos n droom om dit reg te kry.

Groetnis
Wouter

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Apr 21, 2015 9:06 am
by Martin82
Loop lengte gemeet vanaf kroon van loop tot teenaan slotgesig van toe slot (Nie die fabrieks gegewe lengte nie)

Morning Ludwig, Tripod sent me here for my info.
How do you measure the length of the barrel how you explained. My Afrikaans lacks every now and then.

Dankie
Martin

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Apr 21, 2015 9:22 am
by DawieKotze
Hi Martin

Close the bolt so that it is cocked (the firing pin must not stick out of the bolt). Insert a cleaning rod from the crown so that it touches the bolt face and make a mark on the rod at the crown.

Now measure the distance from the tip of the rod to your mark. That should give you the length of the barrel.

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Apr 21, 2015 9:48 am
by Martin82
madako wrote:Hi Martin

Close the bolt so that it is cocked (the firing pin must not stick out of the bolt). Insert a cleaning rod from the crown so that it touches the bolt face and make a mark on the rod at the crown.

Now measure the distance from the tip of the rod to your mark. That should give you the length of the barrel.

Aaaah, very clever. Learn something new every day. I take it the crown is the very end of the barrel or where the rifling ends?
Baie dankie

Re: Riglyne vir Quick Load navrae

Posted: Tue Apr 21, 2015 10:17 am
by DawieKotze
Martin82 wrote:
madako wrote:Hi Martin

Close the bolt so that it is cocked (the firing pin must not stick out of the bolt). Insert a cleaning rod from the crown so that it touches the bolt face and make a mark on the rod at the crown.

Now measure the distance from the tip of the rod to your mark. That should give you the length of the barrel.

Aaaah, very clever. Learn something new every day. I take it the crown is the very end of the barrel or where the rifling ends?
Baie dankie
It's the very last part of the barrel that touches the bullet when fired - also called the muzzle :): :): ;) ;)