Page 1 of 1

klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 1:40 pm
by kopskoot
Manne

'n Klipspringer is een van daai diere, waarvoor ek bietjie van 'n sagte plekkie het, en daarom dat ek al redelik lank uitgestel om een te skiet. Meeste boere is ook nie baie ingenome daarmee as jy vra of jy een mag skiet nie, so toe ek eendag vir Wilhelm Ericson van Loodswaai in S&O ontmoet en hy my nooi om een daar te kom skiet, het ek dadelik besluit: Dis my kans.

Wilhelm het my in kontak gesit met sy broer Kallie en ek is vir 'n dag na hulle plase buite Middelburg:Bankenveld Safari's.

Aangesien ek voel oor die bokkies, soos ek voel, het ek besluit, ek sal heel waarskynlik net een van hulle in my lewe skiet, en daarom wou ek graag 'n redelikke groot rammetjie skiet.

Kallie is 'n baie bekwame PH en het vreeslik baie moeite met my gedoen, ten spyte van die feit dat ek daar was om net een Klipspringer te skiet. (Nou nie juis 'n vooruitsig van groot geld vir 'n wildboer nie)

In ons soeke na die regte rammetjie het ons 'n hele paar deur gekyk.

'n Redelike vlakvark gekiet
[i[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030022.jpg[/img]mg][/img]

en teen half vyf die middag uiteindelik my ram gekry.Die 130gr Barnes X uit my 270 WSM het so 2 duim agter die blad getref,om nie enige groot bene te tref nie, en het so 'n taamlik klein uitgangs wond gemaak.

4 1/4"
[i[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030024.jpg[/img]mg][/img]

Baie dankie aan Kallie en Wilhelm

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 1:54 pm
by Vlakvark
Kopskoot dankie vir die deel en dit is 'n baie mooi foto

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 1:56 pm
by matewis
Dankie Kopskoot, bly darem 'n baie mooi dier!

Uit nuuskierigheid, waarom die 270WSM?

Groete

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 2:15 pm
by Frederik
Dis een van daardie baie spesiale bokkies wat op my lys is ook eendag.
Nie maklik om hulle ook in die boek te kry nie so mooi gedoen  ;D

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 2:47 pm
by kopskoot
Matewis

Die jag het redelik vinnig opgekom, en dit was die enigste van my kalibers waarvoor ek Barnes x'e gelaai gehad het, wat ook taamlik ver kan skiet,(mens weet nooit hoe ver staan daai trofee ram nie)

Die idiaal sou seker 'n 223 met solids gewees het, of hoe?

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 2:54 pm
by matewis
Dankie Kopskoot, maak sin. 'n Mens sou seker dink 'n kleiner kaliber maar soos jy s? dalk moet mens verder gooi as wat jy verwag het.

Kan my egter net indink met jou besondere versameling: "hmmm waarmee gaan ek vandag skiet...hmm...nee...nee..nee..nee..aha kom ons probeer bietjie weer die 270WSM...

sommer op ligter noot  ;)

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 3:10 pm
by BLOK
Soos ek al die naweek vir jou gese het dit is regtag n mooi bokkie en een wat ek ook graag nog net een van sal wil skiet eendag.

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 5:23 pm
by Gerhard
Baie mooi klippie...

"once in a life time" bokkie

Ek hoor nou die dag van n boog jagter wat een geskiet het al was hy nie op die prys lys beskikbaar nie.

Het toe die jagter R12000 gekos want hy moes n bokkie koop en laat aflaai deur n wildvanger.

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 5:26 pm
by Marc
Bitter baie mooi, geluk  8)

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 7:15 pm
by immelmanw
kopskoot wrote: Manne

'n Klipspringer is een van daai diere, waarvoor ek bietjie van 'n sagte plekkie het, en daarom dat ek al redelik lank uitgestel om een te skiet. Meeste boere is ook nie baie ingenome daarmee as jy vra of jy een mag skiet nie, so toe ek eendag vir Wilhelm Ericson van Loodswaai in S&O ontmoet en hy my nooi om een daar te kom skiet, het ek dadelik besluit: Dis my kans.

Wilhelm het my in kontak gesit met sy broer Kallie en ek is vir 'n dag na hulle plase buite Middelburg:Bankenveld Safari's.

Aangesien ek voel oor die bokkies, soos ek voel, het ek besluit, ek sal heel waarskynlik net een van hulle in my lewe skiet, en daarom wou ek graag 'n redelikke groot rammetjie skiet.

Kallie is 'n baie bekwame PH en het vreeslik baie moeite met my gedoen, ten spyte van die feit dat ek daar was om net een Klipspringer te skiet. (Nou nie juis 'n vooruitsig van groot geld vir 'n wildboer nie)

In ons soeke na die regte rammetjie het ons 'n hele paar deur gekyk.

'n Redelike vlakvark gekiet
[i[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030022.jpg[/img]mg][/img]

en teen half vyf die middag uiteindelik my ram gekry.Die 130gr Barnes X uit my 270 WSM het so 2 duim agter die blad getref,om nie enige groot bene te tref nie, en het so 'n taamlik klein uitgangs wond gemaak.

4 1/4"
[i[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030024.jpg[/img]mg][/img]

Baie dankie aan Kallie en Wilhelm
Ronald, baie, baie geluk, dis n mooi bok daai!

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 7:38 pm
by vlakvark1
Kopskoot. Baie geluk. Mooi bokkie en nog mooier varkie

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 8:06 pm
by kopskoot
Willem

Tnx,

Wat gaan jy in Zim jag?

Groete
Ronald

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 10:19 pm
by immelmanw
kopskoot wrote: Willem

Tnx,

Wat gaan jy in Zim jag?

Groete
Ronald
Yes Pal.
Ek en my pa gaan saam met HHK, Lou Hallomore en Gomez.
My pa gaan vir Buffel, luiperd, Olifant, Livingston en Zebra.
Ek gaan vir Buffel, Sharpes grysbok, Chobe Bosbok, Hyena en as ek n mooi 50lbs + olifant kry sal dit maar so moet wees.
Ons gaan in die Chirisa Safari area, onder Kariba, teenaan die Chziriza natioanle park, die Sengwa rivier loop daar deur, in September kom die groot manne rivier toe.....die kanse is goed dat ek heeltemaal in my moer teurgkom, sal dan die kruit en Noslers se prys verseker moet opsit!
Groete

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 10:32 pm
by kopskoot
Willem

black-sam dit klink na groot opgewondenheid daai. Ek's skoon uit asem van jaloersgeit.

Groete

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Mon Jul 02, 2012 11:14 pm
by immelmanw
kopskoot wrote: Willem

dit klink na groot opgewondenheid daai. Ek's skoon uit asem van jaloersgeit.

Groete
Ronald
Vir my is dit n 36 jaar lange droom, dan om dit nog saam met my pa te doen, soveel te meer!

Het Helmut al met jou gepraat oor Augustus se ding?

Cheers

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Tue Jul 03, 2012 8:15 am
by kopskoot
Baie special dat jy dit met jou pa kan deel.As ek so na die lysie kyk wat hy wil skiet, behoort hy ook redelik opgewonde te wees, en ek glo dit sal vir hom net so special wees. Iets wat vir baie minder mense beskore is, as wat daaroor droom!

Geniet dit die heeltyd, want as jy jou oe knip, is dit n herhinnering.

Helmut  Het al met my vasgemaak 15-19 Aug. Ps. Ek weet jy sal die beste sitplek kry, ek soek asb no2

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Tue Jul 03, 2012 6:58 pm
by immelmanw
kopskoot wrote: Baie special dat jy dit met jou pa kan deel.As ek so na die lysie kyk wat hy wil skiet, behoort hy ook redelik opgewonde te wees, en ek glo dit sal vir hom net so special wees. Iets wat vir baie minder mense beskore is, as wat daaroor droom!

Geniet dit die heeltyd, want as jy jou oe knip, is dit n herhinnering.

Helmut  Het al met my vasgemaak 15-19 Aug. Ps. Ek weet jy sal die beste sitplek kry, ek soek asb no2
Awesome, nou met ons net een van jou 20 Sakos kry wat skiet! Kan nie wag nie, dit is regtig n baie lekker trip!

Re: klipspringer in die bankenveld

Posted: Tue Jul 03, 2012 7:49 pm
by kopskoot
Willem

Een of twee vanhulle is darem oraait. Kyk bietjie na blok se report.http://jaracal.com/index.php/topic,12379.0.html ( blok se blesbokke onder jag-algemeen)

Nou nie veldskiet kampioen materiaal nie, maar darem op die board.

Groete