Page 1 of 1

Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Tue Apr 13, 2010 4:18 pm
by Ponkie
Hierdie is net weereens 'n bewys dat groot bulle nie net in die Transvaal voorkom nie, maar elke nou en dan darem in die Karoo ook uitdop! Ek was darem nou verskriklik jaloers toe ek hierdie fototjie kry en ek is in die Paarl vir sport! haha! Hy het 191kg uitgeslag. Image

Re: Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Tue Apr 13, 2010 7:44 pm
by Spanner
Knap gedaan, dis 'n mooi trofee daai !  Julle gaan biltong eet tot lank nadat ons al vergeet het die Bulle het die weer die Super 14 gewen ....

Re: Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Tue Apr 13, 2010 8:13 pm
by Christo
Baie mooi bul daardie.

Christo

Re: Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Tue Apr 13, 2010 10:22 pm
by Francois Marais
Tiny

Baie mooi bul, knap gedaan.

Mooi loop
Francois

Re: Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Tue Apr 13, 2010 10:47 pm
by Nico Harris
geluk! mooi bul daai!

Re: Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Wed Apr 14, 2010 9:02 am
by Brno308 jagter
Ponkie

Baie mooi bul daai ou maat.! Jy kan besonders trots wees op so bul.!  ;D

Groete

Brno

Re: Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Wed Apr 14, 2010 12:35 pm
by frinam
Ponkie en Jnr, baie geluk, as ek die saak reg bekyk is die skoot "centre" bokant die v-lyn, of kyk ek verkeerd? Wat 'n voorreg vir 'n pa om jongman se eerste groot oomblik te deel!!!! Baie geluk, hoop daar is 'n lang en heerlike jaglewe vir jul albei voor. Frinam

Re: Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Wed Apr 14, 2010 6:47 pm
by Ponkie
Frinam

Oom, soos ek se ek was nie dag op die plaas gewees nie, Tiny sal die regte weergawe kan gee, maar as ek hulle reg verstaan het, was hierdie bul 'n taai toffie om te kou en het my 3 skote in sy kop gehad. Waarvan die dooskoot die een tussen die oe seker was. Dit is waarlik 'n voorreg en eer om saam ons pa te kan jag en my Pa herinner ons byna op elke jagtog hoe bevoorreg ons is. Hy is ons mentor en rolmodel, ek sal later nog fotos opsit van kudus wat hy al geksiet het.

Groete
Ponkie

Re: Pa Ponkie en Tiny se Bul

Posted: Fri Apr 23, 2010 8:05 pm
by Tiny
Hallo Almal..

Dis die eerste keer in 'n baie lang tyd dat ek weer bietjie op die forum kan gaan en die eerste keer dat ek die foto op die forum sien..
Baie dankie vir almal se komplimente.. Ek gaan baie lank wag om nog so 'n bul te skiet en die feit dat ek dit saam met my Pa kon deel maak dit net nog meer spesiaal..

Die merk tussen die oe is 'n uitgroeisel en nie die doodskoot nie, al wens ek dit was.. Haha
Ek het die bul eerste raak geskiet en toe moes my pa hom nog 3 skote in die kop gee, terwyl hy probeer het om weg te kom..

Groete
Tiny