Page 1 of 1
Kleinboet word gedoop
Posted: Tue Apr 13, 2010 4:35 pm
by Ponkie
Ons almal moes dit deurgaan en as jy dan nog twee ouer boeties ook het wat jou moet doop kan ek nie sien dat jy wegkomkans het nie! Hier staan my klein boetie Daniel nog in sy skoolbroekie op 'n Vrydagmiddag nadat hy sy eerste Springbok onder sy ouboet se waarneming geskiet het!
HY IS SO ROOI HY KAN 'N TREIN STOP! 
Re: Kleinboet word gedoop
Posted: Tue Apr 13, 2010 7:42 pm
by Spanner
Baie geluk julle, altyd wondelik om jou eerste bok te kan skiet - amper soos jou eerste soen - iets wat jy nooit vergeet nie. Ek moet s?, die "war-paint" is so effens meer as wat ek gehad het , maar dis 'n ander storie ...
Leer hulle van jongs af reg - respek vir die natuur en verantwoordelike benutting daarvan, en die "bunny-huggers" gaan al hoe miner hou-vas op die samelewing h
Re: Kleinboet word gedoop
Posted: Tue Apr 13, 2010 8:19 pm
by Christo
Mooi man, iets wat ek gemis het, maar my seuns was bevoorreg om self te kon kies om so te lyk en dit was iets besonders vir hulle pa ook gewees.
Christo
Re: Kleinboet word gedoop
Posted: Fri Aug 03, 2012 10:21 pm
by Ponkie
Manne
Hier is die selle man weer, hierdie keer paar jaar later met sy 1e geleentheid op 'n Blesbokram. Jammer vir die swak kwaliteit foto, maar het net die blackberry by my gehad, die mooi fotos is nog op die kamera.
Ram was 1e skoot op so 220m, 308 gelaai met Nosler 150gr Bat Tip @ 2720ft/s. Skoot was in die nek, bok val dadelik grond toe, maar staan na so 30sek weer op, kleinboet druk hom nog 'n skoot 1 duim weg van die eerste skoot in die nek.
[img width=560 height=420]
http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 1-0938.jpg[/img]
Groetnis
Ponkie
Re: Kleinboet word gedoop
Posted: Sun Aug 05, 2012 6:59 pm
by Jakkalsgat
Ponkie
Hoekom is daai bok se gesig so heeltemal wit, is daar witbokke in daai trop?
Groete
Jaco
Re: Kleinboet word gedoop
Posted: Sun Aug 05, 2012 7:39 pm
by Ponkie
Jaco
Nee daar is glad nie wit bokke in die kamp nie, die bokke is al redelik ingeteel, kan dalk die rede daarvoor wees.
Groetnis