Page 1 of 1

Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:48 am
by gillie
Het laasweek daar langs die kus in die Oos-Kaap gesoek na 'n trofee bosbokram. Die trofee het toe nie gerealiseer nie, maar dit was nogsteeds 'n baie lekker maar moeilike jag. Ons het op die einde van die dag 'n ou ram vol bakleiwonde neergetrek.

Die skoot was op 10m, ja 10 meter. Ons het bo op berg, op randjie van krans gesit met bosbok onder ons waar hy rustig gestaan en bak het in die son. Met die skoot het hy neergeval, opgestaan en begin steier en toe omgedop en doodgegaan.

Hier is so paar fotos. Wat dink julle slim manne, daai wond op die been, is dit ou kweswond of baklei wond?

[img width=560 height=420]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP0012.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... -00496.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... -00495.jpg[/img]

Groete

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:13 am
by tau
Baie mooi volgende week hopenlike my eerste Bosbak jag.

Lyk vir my soos doringdraad hakkie wat hom gesny het.

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:22 am
by Carl
Dis nou 'n ou ballie daai, jammer hy't al so baie gewerk anders was die horings beslis mooi gewees. Geluk met die 10m skoot dis selfs nader as die BWB, ek sal kyk of ek die naweek so naby aan die rooibokke kan kom vir 'n "foto" met my Zeiss. Lyk na 'n sny wond eerder as 'n skiet wond.

Waar skiet jy toe jy so van bo moes skiet?

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:24 am
by Geno
Daai is nou regtig 'n mooi bosbok! Baie geluk!

Ek reken ook dis 'n draadwond.....

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:28 am
by Marc
Bitter mooi bok, baie geluk. Hy is voorwaar 'n ou kalant  ;)

Reken ook dis draad of haak aan iets, 'n skiet wond sou nie so groot wees in die vertikale aksis nie  ;)

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:51 am
by gillie
Carls wrote: Dis nou 'n ou ballie daai, jammer hy't al so baie gewerk anders was die horings beslis mooi gewees. Geluk met die 10m skoot dis selfs nader as die BWB, ek sal kyk of ek die naweek so naby aan die rooibokke kan kom vir 'n "foto" met my Zeiss. Lyk na 'n sny wond eerder as 'n skiet wond.

Waar skiet jy toe jy so van bo moes skiet?
Carl,

Ons was bo op berg, het op krans gele en ooie dopgehou wat so 100m onder ons in die son staan. Gedink daar moet ram erens naby wees. Vriend het toe opgestaan en verder met die krans langs geloop, terug gehardloop gekom en gese die ram staan net onder krans entjie weg. Die ram het teenaan klip gestaan en in noordelike rigting gekyk, met son reg van voor en bietjie gekou. Ons was op klip bo die ram met die wind wat van onder die ram boontoe gewaai het bo-oor ons. Ek het kort video van die skoot as iemand belangstel.  ;)


Ek sal paar pics opsit van die shoulder mount as hy klaar is...

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 11:00 am
by Vlakvark
Baie mooi Gillie
Laai daai video na photobucket en plaas hom hier op die forum

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 11:10 am
by henried
Geluk, dit gaan ? mooi mount wees.

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 11:38 am
by gillie
Ek dink nie ons kon eintlik glo ons het hom so naby kon skiet nie...

https://vimeo.com/45420908

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 11:40 am
by Stefan764
Blikskottel Johan dis n mooi bosbok....

Geluk ou maat!

Stefan

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 12:05 pm
by gillie
Dankie Stefan, ek wag al 5 jaar vir hom...

Re: Bosbok ram

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:42 pm
by johnny
Baie mooi ram en uitstekende foto met see in agtergrond, dit sal in elk geval n mooi trofee maak en nog baie sal gesels kan word oor daai afgewerkte horings.

Re: Bosbok ram

Posted: Thu Jul 19, 2012 12:31 pm
by gillie
Hier 'n langer video vir die manne met die dik internet lyne of die van julle met baie geduld.

http://www.youtube.com/watch?v=g4fusNgx ... ture=g-upl

Re: Bosbok ram

Posted: Thu Jul 19, 2012 12:48 pm
by FCLoretz
Gillie,

Youtube se jou video is privaat ek mag hom nie kyk nie,.

Re: Bosbok ram

Posted: Thu Jul 19, 2012 1:44 pm
by Spanner
Gillie, vertel my asb meer van die oordoppe wat jy dra.  Ek stel ook belang om vir my 'n stel elektroniese doppe te kry.  Wat is jou aanbeveling en ondervinding van jou stel asb?

Re: Bosbok ram

Posted: Thu Jul 19, 2012 2:33 pm
by PJS
Mooi Bosbok daai Gillie. Welgedaan.
Spanner wrote: Gillie, vertel my asb meer van die oordoppe wat jy dra.  Ek stel ook belang om vir my 'n stel elektroniese doppe te kry.  Wat is jou aanbeveling en ondervinding van jou stel asb?
Spanner
AS ek so kyk, maar ek mag verkeerd wees,  is dit n Peltor Sporttac wat op sy ore is! Ek het ook van hulle. Werk lekker.
Mooiloop
PJ

Re: Bosbok ram

Posted: Thu Jul 19, 2012 4:12 pm
by gillie
Probeer net weer, het die privacy setting verander.

Re: Bosbok ram

Posted: Wed Oct 31, 2012 6:32 am
by gillie
Die shouldermount is klaar, hier is die eindresultaat (trofee nog by taksidermis, sal dalk ander paar fotos opsit sodra ek hom het)

Image

Re: Bosbok ram

Posted: Wed Oct 31, 2012 7:31 am
by Carl
Lekker J, lyk of hy so effens opkyk na daar bo-op die krans waar jy gesit het;-)

Re: Bosbok ram

Posted: Thu Nov 01, 2012 11:40 am
by gillie
Dankie Carl.... reeds plekkie vir hom uitgesoek... reg bo die herlaai bank !

Re: Bosbok ram

Posted: Sun Nov 18, 2012 8:16 am
by Piet Breedt
Dit is nou vir my n mooi trofee met karakter. Ek is nie n trofee man, maar verkies eerder so een met baie karakter as een met lang horings.

Hoe lyk dit my die taksidermus se mould het so bietjie te dun nek?

Re: Bosbok ram

Posted: Sun Nov 18, 2012 8:20 am
by Jakkalsgat
Piet Breedt wrote: Hoe lyk dit my die taksidermus se mould het so bietjie te dun nek?
Piet vir my ook nogal so gelyk, een van die redes waarom ek nie trofees aanhou nie, taks maak nie saak hoe goed hy is nie kan maar net nie bok tot sy reg laat kom nie. Wat wel so is, is dat daai bok mooi karakter gehad het.

Groete
Jaco

Re: Bosbok ram

Posted: Mon Nov 19, 2012 8:18 am
by gillie
Piet Breedt wrote: Dit is nou vir my n mooi trofee met karakter. Ek is nie n trofee man, maar verkies eerder so een met baie karakter as een met lang horings.

Hoe lyk dit my die taksidermus se mould het so bietjie te dun nek?
Piet, ek ook meer die "karakter" tipe, dis hoekom hierdie een teen die muur is.

Ek het vir julle so paar nuwe fotos wat ek self geneem het aan. Nek mag dalk bietjie dun wees, dalk die fotos en die "stalking" mould wat gebruik is.

Groetnis

[img width=360 height=480]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... 151544.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... 151536.jpg[/img]