Page 1 of 1

Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 12:30 pm
by Cor Jacobs
More Manne,

Ek was laas naweek gelukkig genoeg om hierdie Gemsbok te kry op n jagtog.
Die plaas was maar ruig, maar gelukkig het ek hom raak geloop waar dit redelik oop is.

Ongelukkig het ek dit geskiet vir iemand anders, so ek kan maar net droom van die steaks en die biltong...

groete,

Cor

Re: Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 12:36 pm
by Eugene
Baie mooi!  :)

Re: Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 12:37 pm
by FCLoretz
Baie Mooi Cor.

Re: Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 12:39 pm
by Dippies
Lekker Cor.

Dit bly maar n mooi boksoort die.

Re: Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 6:26 pm
by Frederik
Nog ene op my lys wat nog teen die muur moet kom. Netjies.

Re: Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 6:29 pm
by vlakvark1
Geluk Cor. Mooi gemmie daai. Ek wil ook eendag een plattrek as ek groot is ;D

Re: Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 6:41 pm
by JuanPaul
Mooi Cor, en geluk!!!

Re: Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:27 pm
by Marc
Baie geluk Cor

Gemmies is vir my die mooiste van ons bokke  8) Het laaaaaank laas een kon uitoorl?, daai man gaan al te lekker smul aan daai loins as hy nie alles aan biltong oorgee nie .

Baie mooi

Mooiloop
Marc

Re: Gemsbok gejag

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:44 pm
by johnny
mooi Cor dis nie aldag wat mens so n geleentheid kry nie

Re: Gemsbok gejag

Posted: Wed Jul 11, 2012 7:56 am
by Geno
Oom Cor,
Mooi gemsbok, baie geluk!

Re: Gemsbok gejag

Posted: Wed Jul 11, 2012 8:02 am
by Gerhard
Baie mooi foto...

Baie mooi Gemmie!!!

Re: Gemsbok gejag

Posted: Wed Jul 18, 2012 2:41 pm
by Pierre van der Horst
Mooi gegooi Cor. Ek onthou nog die excitement na ek my eerste Gemmo gekap het. Het so gebewe, kon nie eers my sigaret aansteek nie.

Re: Gemsbok gejag

Posted: Wed Jul 18, 2012 2:56 pm
by SmitH
Baie mooi bok dit is die volgende bok wat my vrou wil skiet

Re: Gemsbok gejag

Posted: Wed Jul 18, 2012 3:01 pm
by Daneel
Baie mooi Gemmie en Great Photo.
Ek will ook nog een raakloop.
Geluk Mr.

Re: Gemsbok gejag

Posted: Wed Jul 18, 2012 3:30 pm
by Cor Jacobs
Middag mense,

Baie dankie vir al die positiewe kommentaar, ek waardeer dit regtig.
Ek was nogal gelukkig gewees met die foto. Die man wat dit geneem het het aangedring om plat op sy maag te le en het n hele paar fotos geneem voor hy tevrede was. Ek moes maar net daar bly sit, gelukkig was dit maklik om te bly smile.

Interesantheidshalwe het ek geskiet met my 7x57, Rhino punte, 180gr. Dis die eerste keer in 2 jaar wat ek weer met die geweer skiet. Het die laaste ruk met my 308 gejag. Dit maar net so terloops.

Groete,

Cor