Page 1 of 1

Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 10:19 am
by Louis102
Aitsa! Ek moet darem eers bietjie spog met Rooies en 'n paar mooi springbokramme op sy eerste jag met sy nuwe roer.  Alles kop- en nekskote en net een bok onder 200m.  Lyk die 243-Howa se baas tog nie (met goeie rede) te in sy skik nie?

[align=center]Image  Image[/align]

 

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 10:28 am
by vlakvark1
Hy mag sommer baie trots wees op daai geweer  en  springbokke 8)
Baie geluk ;)

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 10:33 am
by Boertjie
Lyk sommer na n spoggerige nuwe scope ook op die roer.
Mooi man

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 10:44 am
by Louis102
Boertjie wrote: ... Lyk sommer na n spoggerige nuwe scope ook op die roer ...
:-X

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 11:28 am
by Chris101
Net jammer hy krap so g-t op die pad terug huistoe.

101

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 11:43 am
by Sako75
Baie geluk.

Lanklaas sulke mooi springbokke gesien. Sjoe!!

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 12:03 pm
by Jakkalsgat
Reds

Mooi geskiet ou maat, skiet jy altyd net sulke kop en nek skote? Van 26 Julie af op Weltevrede met Hugo en sy gang, sien ons jou daar?

Louis

Is hierdie bokke daar by jou geskiet, regtig mooi bokke!

Groete
Jaco

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 12:30 pm
by DawieKotze
Mensig maar dis mooi ramme daardie!!

Baie geluk Rooies!!

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 12:38 pm
by immelmanw
Louis102 wrote:
Aitsa! Ek moet darem eers bietjie spog met Rooies en 'n paar mooi springbokramme op sy eerste jag met sy nuwe roer.  Alles kop- en nekskote en net een bok onder 200m.  Lyk die 243-Howa se baas tog nie (met goeie rede) te in sy skik nie?

[align=center]Image  Image[/align]

Waar is die mennetjies geskiet?

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 1:42 pm
by Rooies
Dankie julle, dit was darm nie ek alleen nie, my gids se raad hier van voor af het darm baie gehelp om daai wat doer gestaan het, plat te kry.

Willem

Hulle is daar by Louis op Kuduberg, anderkant Grunau geskiet, en as ek dit self
mag s? ek en daai Howatjie gaan nog lank oor daai paar bokke in die suide herkou.

groete
reds

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 1:47 pm
by immelmanw
Rooies wrote: Willem

Hulle is daar by Louis op Kuduberg, anderkant Grunau geskiet, en as ek dit self
mag s? ek daai Howatjie gaan nog lank oor daai paar bokke in die suide herkou.
Verseker, ek is sommer BAIE JALOERS! Dit is baie baie baie mooi!

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 4:07 pm
by Biker
Rooies lyk my die balle dryf in die bad.... baie mooi

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 6:07 pm
by Skolla
Mooi gegooi Rooies.
Ek weet Louis is nie eintlik n man vir meet nie, maar het julle dalk gemeet ,eerste foto lyk nogal lank?

Skolla

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 6:34 pm
by Louis102
Skolla wrote: ... Ek weet Louis is nie eintlik n man vir meet nie, maar het julle dalk gemeet ,eerste foto lyk nogal lank? ...
Skolla, hulle is mos seker lank genoeg of hoe?  Vir my was die mooiste stel horings daar in elk geval nie die langste nie, so waarom meet?

Mooiloop
Louis

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 6:46 pm
by Rooies
Skolla

Daai stel wat Louis van praat se basise is so duk soos dropperpale, daai langes
gaan ek die week meet, maar ons het die 3 mooistes uitgesoek en hulle plek is al reggemaak hier in die braaikamer, so as die plaasbaas eendag hier kom kuier,
dan vat ons weer n melktertjie op hulle.

groete
rooies

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Sun Jul 15, 2012 8:47 pm
by Skolla
Louis

Maak nou nie saak of dit lank,kort,dik of dun is nie, dit is wragtie mooi uitgegroeide ramme daai.
Ek glo jy b?re hulle vir uitsoek gaste, en soos ek vir Rooies ken het hy dit waardeer.
Weereens mooi bokke.

Skolla

Springbok met die beste horings wat ek nog geskiet het , het ek nie baie ver van jou af geskiet nie.

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Mon Jul 16, 2012 11:20 am
by Freddie101
Rooies! ROOIES!
Nogal met so n selftevrede smile en n dik nek vat hy liefderyk aan sy bokkies.  :D

Moet se in ons wereld lyk ons blesbokke so.

So n nat kuduberg rugstringbiltongetjie op "toast" met regte botter daar in Sweizer sal lekker smaak ne.

Groetnis

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Mon Jul 16, 2012 11:21 am
by Geno
Jisou reds, dis darm maar mooi bokke wat jy daar geskiet het!

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Mon Jul 16, 2012 12:16 pm
by Raven
Reds,

Geluk met jou mooi bokke en baie mooi geskiet ou maat.
...ek was oppad daar na Louis toe daai aand, en toe hoor ek jy is daar.... besluit toe maar om, om te draai en plaas toe te ry..  ;D  ;D  ;D
Ek het geweet jy gaan my baas skiet as ek daar aankom met daai mooi roer van jou.  ;D

As ek net 'n kansie kry dan wil ek ook bietjie Suide toe ry, met die nuwe werk is dit maar rof nou my kant.

Raves.

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Mon Jul 16, 2012 1:25 pm
by Rooies
[quote="Freddie101"]
Nogal met so n selftevrede smile en n dik nek vat hy liefderyk aan sy bokkies.  :D




Het jy dan nie geweet ek het n sagte kant aan my nie?  >:(

Re: Rooies se Springbokke!

Posted: Mon Jul 16, 2012 1:42 pm
by Marc
Baie geluk, dit is bitter mooi bokke daai  8)

Die tweede foto/of regter kantste foto, se horings is vrek mooi  ;)

Mooiloop
Marc