Page 1 of 1
Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 12:23 pm
by hencohugo
Jis ouens. Het die naweek bietjie gaan Springbok skiet op Fraserburg. Dit was bietjie kouer as waaraan ek gewoond is, maar bitter lekker. Hier is 'n foto van die eerste bok wat ek met my nuwe tweedehandse Musgrave 30-06 geskiet het. Ek moet s? dat ek dink die Burris Eliminator baie goed werk vir iemand wat nie gereeld kans kry om te gaan skiet nie.
Groete uit Worcester
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 12:47 pm
by Alvar
Baie geluk! Ek hoop daar buig nog baie bokke hulle knie voor daai roer!
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 12:56 pm
by matewis
Baie mooi foto Henco! Geluk met jou eerste van vele!
Vertel bietjie meer hoe die Burris jou gehelp het.. Ek kyk nog self na 'n scope vir my 270 en die Eliminator is 'n opsie. Het hy maklik gerange en was dit maklik om jou BC te laai? Sou die jag anders/moeiliker gewees het met 'n tradisionele teleskoop?
Ek besef die voordele is vir ouens soos ons wat nie gereeld jag nie, en ek vra graag vir die wat wel met hom skiet, aangesien dit maar nog nuut is.
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 1:37 pm
by wlm
Henco
Op watter plaas het jy gejag? Dis my wereld.
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 1:43 pm
by hencohugo
matewis wrote:
Baie mooi foto Henco! Geluk met jou eerste van vele!
Vertel bietjie meer hoe die Burris jou gehelp het.. Ek kyk nog self na 'n scope vir my 270 en die Eliminator is 'n opsie. Het hy maklik gerange en was dit maklik om jou BC te laai? Sou die jag anders/moeiliker gewees het met 'n tradisionele teleskoop?
Ek besef die voordele is vir ouens soos ons wat nie gereeld jag nie, en ek vra graag vir die wat wel met hom skiet, aangesien dit maar nog nuut is.
Jis Matewis
Die scope werk goed vir die verder afstande omdat jy nie hoof te twyfel waar jy moet mik nie. Die manne wat gereeld skiet weet presies waar hulle moet vat as hulle die bok in hulle scope's sien. Die eerste bok het reguit na my toe gestaan, so al waar ek kon skiet was vir die kop en dit was op 168 meter. Die tweede een het mooi dwars gestaan en ek het hom op die blad gevat, dit was 239 meter en die skote het gegaan waar ek gemik het. Ek was baie beindruk met die resultate. Die instel van die scope was baie eenvoudig. Jy programeer jou "bullet drop" en stel hom verder soos enige ander scope. Ek het hom in die donker getoets om te kyk (soos wat ek op van die Reviews gelees het) wat hy maak as jy die range finder druk, dit verblind jou nogal en is nie 'n goeie idee nie.
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 1:44 pm
by hencohugo
wlm wrote:
Henco
Op watter plaas het jy gejag? Dis my wereld.
By oom Danie Malan (Plaas Boshof).
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 1:49 pm
by matewis
Dankie Henco, dit klink mos net lekker!
Ek is self van Worcester, so dalk moet ons iewers mekaar by 'n skietbaan kry as jy weer uitgaan, ek sal graag hom van nader wil bekyk en hom in aksie sien.
Groetnis
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 2:39 pm
by FHM
Mooi gegooi daar met die 0-kwes Henco.
Sien daai bok het n yslike paar ghoens - jy gaargemaak?

Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 2:47 pm
by hencohugo
FHM wrote:
Mooi gegooi daar met die 0-kwes Henco.
Sien daai bok het n yslike paar ghoens - jy gaargemaak?
Hi Francois
Dit was gelukkig nie my eerste bok wat ek al geskiet het nie, maar het gister aand van sy wors (nie SY WORS nie) gebraai. Jy moes gesien het hoe kwes 'n 7x57. Daai is sommer oumens stories van 'n 30-0kwes. Daai roer skiet rerig lekker.
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Tue Jul 24, 2012 9:21 pm
by theedge
baie netjies gedoen
Re: Springbok Jag Fraserburg
Posted: Wed Jul 25, 2012 5:59 pm
by wlm
Mooi plaas met gawe mense.