Page 1 of 2
Middelweek manewales
Posted: Fri Jul 27, 2012 9:21 am
by tau
So na ons suksesvolle jag in die Oos-Kaap kom 'n kennis na my en vra of ons sou belangstel om te help "cull" op 'n wildplaas wat Elande afhaal. Hulle wil anoniem bly aangesien hulle vir die buitelandse fotografie toeriste dienslewer. So ek sal nie hulle naam noem of waar nie en as iemand hier weet waar dit was los maar liewers dus goeie mense kom ons versteur nie hulle besigheid nie. Alle permitte etc. is in orde.
Die bestuur is natuurbewaarders en verstaan die noodsaak van jag as bestuurs projek, maar wil nie self skiet nie en die vleis is ook bietjie baie vir hulle om te hanteer.
Ons sou van die bakkies af skiet, maar ek en Coenraad het gevra of ons nie liewers kan stap-jag nie. Ons het to eons deel van die plaas gevat en begin stap. Die veld was vreeslik nat en my jag stewels was deur nat. Ons het lekker naby 6 bulle gekom en besluit dat ons nie kopskote verder as 130 m wil vat nie. Op so 140 m en albei in skiet posisie het ons gewag dat die bokke reg draai. Ongelukkig het 'n voertuig beman deur ons "kennis" wat die jag vir ons moontlik gemaak het oor die bult gekom en die Elande verwilder!!!!!! EK mos onthou om my te gedra aangesien ons hom die jag te danke was. Ons het weer probeer en vanaf 8:30 tot 13:00 kat en muis gespeel met die troppie. As ons net naby genoeg kom vleig 'n vliegtuig oor of 'n ander kar skrik hulle af. Die frustsie of te wel die feit dat jy nie sommer net 3 Elande skiet nie het vasgeval. In tussen het die derde man in ons groep laat weet hy het 'n Bulletjie geskiet skat so 240kg karkas.
Elkgeval dus toe dat ons hoor daar is nog 'n jagter op die anderkanr van die plaas wat 'n Eland gekwes het. Ons het ons bokke gelos en na hulle bok begin soek. Ek het die twee bulle gewaar en begin nader kruip. Op so 300 m het ek geen bloed gesien op die twee bulle wat saam geloop het nie. Ons het hulle van alle kante bekyk en geen bloed gesien nie. Die bestuur het toe gese wel die booke is nie gewond nie en as ons wil kan ons die bokke skiet, ant hulle is ook geoormerk om verwyder te word.
Coenraad het die perfekste hoe bladskoot gesien terwyl die bok so stadig gedraf het. Die bok het op die plek geval.352 kg karkas met vel op.
Coenraad se bul.
TBC
Re: Middelweek manewales
Posted: Fri Jul 27, 2012 11:13 am
by tau
Die trekker en lowbed het die Bok kom haal en Coenraad het hulle gese hy wil die bok kuip en 'n neck mount doen.
Ons het toe weer op die bakkie geklim en loop soek na bulle. Nie 5 min later het hulle verskyn ons het afgeklim en begin bekruip. die bulle was maar skrikerig en ek het op 242m 'n skoot geneem vanaf 'n termiethoop quartering-away.
Die 7 mm Rem Mag 150 gr Nosler BT het geland waar ek gemik het en die bok was dadelik stadig. Hy het nog so 100 meter geloop en plankdwars gaan staan ek was maar skrikerig dat ek nie die longe goed geslaan het nie en het die Nikon 4- 16 x 50 BDC se 2de sirkekeltjie op die hart long area neer geskiet en die sneller gedruk. Die afstand 360m gerange. Die skoot was goed en 3 m later was hy plat toe ons daarkom was hy reeds dood.
My grootvriend Coena. Ons werk altyd lekker saam as een skiet range die ander een en ons bekruip ook lekker saam.
Jammer vir die vliee, maar een asemrowende dier. Sy vel was perfek en sy nek nog sonder merke.372 kg karkas met vel . Interesant die bokke op die plaas se horings is oor die algemeen baie mooi, wonder of dit die tekort aan hardehoud tipe bome is wat die Bosveld en Suidwes se bokke so geniet om te breek en dan horings afwerk en breek.
Al sleg moment was toe ons by die slagkamer kom en die trekker drywer het reeds Coena se bok se kop verwyder.......ek het maar dadelik my ook gesny dat ons albei net skullmount kan maak.
Lekker om te jag met so doel.

Myne regs en Coena se bok links.
Nog nie horings gemeet nie, maar vir suiwer Cape Eland nogals mooi dink ek.
Re: Middelweek manewales
Posted: Fri Jul 27, 2012 11:40 am
by BRNO (Pierre)
Dit lyk na twee asemrowende bokke! Baie geluk met n mooi jag.
Jammer die slag manne het nie hulle deel gedoen nie.
Re: Middelweek manewales
Posted: Fri Jul 27, 2012 12:34 pm
by F.L.A.S.H
Very nice bulls, congratulations
F.L.A.S.H
Re: Middelweek manewales
Posted: Fri Jul 27, 2012 7:34 pm
by tau
Kallie404 wrote:
Baie mooi bulle.............maar genade dis mooi landskap !! Dit hap-hap so aan daai bulle vir mooigeit!!
Die area is baie sleg gebrand en is eintlik deel van 'n belangrike Berg fynbos en Renosterveld bewaar area. Dit is een van die redes dat die bulle verminder moes word.
Re: Middelweek manewales
Posted: Thu Aug 02, 2012 5:15 pm
by Vark
Ai so gekyk na die fotos pyn my hart sommer volgende jaar is dit maar so mr Tau of hoe. Ek is baie spyt kon dit nie maak maar daar is altyd n next time
Re: Middelweek manewales
Posted: Fri Aug 03, 2012 8:33 am
by tau
Vark wrote:
Ai so gekyk na die fotos pyn my hart sommer volgende jaar is dit maar so mr Tau of hoe. Ek is baie spyt kon dit nie maak maar daar is altyd n next time
Sooner than later Varkie.
Re: Middelweek manewales
Posted: Fri Aug 03, 2012 9:04 am
by Carl
Mooi geskiet en gejag, julle manne kan trots wees en is seker!
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Aug 06, 2012 8:50 pm
by Monrique (SJ)
Tau
2 Baie mooi bokke en goed gedoen daar. Lyk asof dit sommer n lekker jag was. Great man.
Groetnis
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Aug 06, 2012 9:01 pm
by immelmanw
tau wrote:
Die trekker en lowbed het die Bok kom haal en Coenraad het hulle gese hy wil die bok kuip en 'n neck mount doen.
Ons het toe weer op die bakkie geklim en loop soek na bulle. Nie 5 min later het hulle verskyn ons het afgeklim en begin bekruip. die bulle was maar skrikerig en ek het op 242m 'n skoot geneem vanaf 'n termiethoop quartering-away.
Die 7 mm Rem Mag 150 gr Nosler BT het geland waar ek gemik het en die bok was dadelik stadig. Hy het nog so 100 meter geloop en plankdwars gaan staan ek was maar skrikerig dat ek nie die longe goed geslaan het nie en het die Nikon 4- 16 x 50 BDC se 2de sirkekeltjie op die hart long area neer geskiet en die sneller gedruk. Die afstand 360m gerange. Die skoot was goed en 3 m later was hy plat toe ons daarkom was hy reeds dood.
[img width=560 height=418]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure309.jpg[/img]
[img width=560 height=418]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure306.jpg[/img]
My grootvriend Coena. Ons werk altyd lekker saam as een skiet range die ander een en ons bekruip ook lekker saam.
[img width=560 height=418]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure312.jpg[/img]
Jammer vir die vliee, maar een asemrowende dier. Sy vel was perfek en sy nek nog sonder merke.372 kg karkas met vel . Interesant die bokke op die plaas se horings is oor die algemeen baie mooi, wonder of dit die tekort aan hardehoud tipe bome is wat die Bosveld en Suidwes se bokke so geniet om te breek en dan horings afwerk en breek.
Al sleg moment was toe ons by die slagkamer kom en die trekker drywer het reeds Coena se bok se kop verwyder.......ek het maar dadelik my ook gesny dat ons albei net skullmount kan maak.
Lekker om te jag met so doel.
[img width=560 height=418]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure314.jpg[/img]
Myne regs en Coena se bok links.
Nog nie horings gemeet nie, maar vir suiwer Cape Eland nogals mooi dink ek.
Baie nice, lekker om te sien n mens kan sommer baie in die Kaap jag, op ons voorstoep. As die somer kom gaan vang ons weer tuna of bass. Die Kaap is dam nie so bad plek nie!
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Aug 06, 2012 10:24 pm
by Thomas
Waar skiet mens so lekker Eland in die Kaap?
Re: Middelweek manewales
Posted: Tue Aug 07, 2012 10:56 am
by tau
Ja nee Willem wou Saterdag bietjie Geelstert gaan vang het, maar die weer gaan nie saam speel.
Tom ek kry vandag nog inligting oor nog Elande en Zebra's sal laat weet hier as ek pryse het die ander Elande wat ek kan kry is bietjie duur. R23 /KG vel aan.....maar as julle belangstel daar is nog 3 beskikbaar 2 ure uit die Kaap.
Re: Middelweek manewales
Posted: Tue Aug 07, 2012 11:06 am
by Stefan764
John, meet bietjie daai bul van jou asb??
Re: Middelweek manewales
Posted: Tue Aug 07, 2012 11:37 am
by tau
Stefan764 wrote:
John, meet bietjie daai bul van jou asb??
Hi Stefan
Ek moet seker net soos met die Klipspringer wat Francois my so paar maande later gese het hy hoop ek het die outjie gecape en gemeet.......die voorman op skoonma se plaas het een gesoek en hy het die bok net so gevat die horing het ek nooit weer gesien nie.Ek het nog nooit 'n bok gemeet nie, moet seker vir 'n slag. Die outjie gaan ek darem skull mount sal dan die taksidermis vra om te meet.
Dink jy hy sal 40" haal??
Re: Middelweek manewales
Posted: Tue Aug 07, 2012 11:53 am
by Stefan764
40" is ver vir n Eland maar hy gaan defnitief die boeke maak....
Re: Middelweek manewales
Posted: Tue Aug 07, 2012 7:57 pm
by immelmanw
Thomas wrote:
Waar skiet mens so lekker Eland in die Kaap?
Www.whkloof.co.za, bredasdorp, wellington, oudtshoorn ens ens
Re: Middelweek manewales
Posted: Thu Aug 16, 2012 7:56 am
by tau
Manne ek vlieg nou JHB toe gaan jag in Middelburg, Mpumalanga. Wou maar net se vir julle wat werk dat julle dit moet geniet. Oja ons finansiele direkteur kom vandag hy wou my spreek........ek ook hulle sal my 'n jag budget moet gee.
Anyway lekker week en hardwerk aangesien ek nie veel tot die ekonomie gaan doen nie.
n.s: hoe koud is dit in daardie area????
n.s.s: lekker werk.
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Aug 20, 2012 9:17 am
by tau
Terug na 'n lekker 3 dae in die Hoeveld. Lekker gejag en gestap en die area geleer. Eerstekeer dat ek daar jag, en sal weer wil gaan.
Ons het op my pel se pa se plaas gejag. Hy is ook deesdae in die Kaap so vir ons albei was dit uit die nat kaap na die droe warmer Hoeveld.
Een van ons opdragte was om die Bosvarke te roer, aangesien hulle die mielies sleg pakgee en hulle getalle bietjie afgebring moet word.
Ek het die outjie platgetrek heel in my nopies tot ek by die Engelsman gekom het....
4 varke voor 9 die oggend!!!!Ongelukkig het twee met strikke om hul bekke geloop en hier het ons job begin om die leindrade te stap en strikke te soek.
Iemand het die plaas letterlik omnsingel met strukke.
Ek moes die Duiker se elende stopsit. Haar beentjie was al flenters gewees. Sy het so gehuil. Ek jag graag, maar sulke wreedheid is nie vir my nie.
27 strukke in totaal. Dit is om van naar te raak. Die ergste is die klomp stukkend strukke wat jy kry sonder die lus kant aan.
Ek het hierdie Swart wildebees geklits. Sy Neussnor was nogals indrukwekkend. Afstand 410 m en die Barnes 150 gr is in en uit.
En hierdie vark soggie. 250 m. Toe die skoot klap toe slaan die stof agter haar op ek dog eers dus mis, tot ek sien sy le pote in die lug. Die Barnes is los deur net agter die blad.
Die plaas is baie droog en hulle hoop vir reen. Die blare op die grond maak dit nogals moeilik om saggies te loop en diere te bekruip.
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Aug 20, 2012 9:34 am
by GreyGhostGear
Netjies John, dis baie hartseer van al die strikke. Ai tog.
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Aug 20, 2012 9:38 am
by FHM
Tau klink en lyk of julle besig was al is dit so droog daaikant.
Paar mooi bokke en varke wat julle daar het man.

Ja dis iets wat n man diep binne raak as jy op sulke draadstrikke afkom - daai duiker-huil bly lank by mens - ek onthou nog myne van tienerdae af. Jammer man kannie vir die draadstrikstellers slagysters stel sonder om die wild in gevaar te plaas nie. Sal graag by 'tattie' wil hoor hoe voel hy as hy so 2 dae en nagte met n gebreekte been / enkel in n slagyster moes deurbring

Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Aug 20, 2012 7:18 pm
by Frederik
Tau, 35"is Roland ward as jy daar is of meer kan jy baie in jou skik wees nie maklik om ou bulle te kry wat RW maak nie.
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Mar 04, 2013 5:38 pm
by tau
Manne mens kan nou nie die ou kiekies sien nie, maar my eland bul is to uiteindelik terug by my nadat ek so bietjie vergeet het van die trofee.
Sommer so vinnig gemeet en ek is by 38.5" Moet nou net iemand naby my kry wat kan meet en Rowland Ward bevestig. Miskien kry hey daai 1.5"
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Mar 04, 2013 6:21 pm
by Gerhard
Vir jou reg gemaak...
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Mar 04, 2013 8:26 pm
by theedge
Baie netjies
Re: Middelweek manewales
Posted: Mon Mar 04, 2013 8:47 pm
by douw
BAIE MOOI, DANKIE VIR DIE DEEL VAN DIE FOTO'S EN STORIE MET ONS.
GROETNIS
DOUW