Page 1 of 1

Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:13 pm
by .::Alwyn-U::.
Goeie naand

Vandag was ek en my Pa baie bevoorreg om te kon jag op hierdie lang naweek by friende van ons sommer net 20km van ons af.

Ons was veronderstel om net 'n paar rooibokke te skiet maar toe se die plaas eienaar daar is 'n paar skewe horing koedeo bulle wat moet gaan. Met dit ingedagte skiet ek toe vinnig my rooibok en begin die soektog na DIE koedoes.

Die plaas is vervuil met koedoes so dit was rerig 'n baie lekker dag in die veld saam my Pa net om hulle te bekyk! 'n Groot voorreg!
Toevalig het ek my 308 vrydag ingevat om 'n knaldemper op te sit en toe besluit ek om my 375 te vat. Ek wou nie graag dit doen nie aangesien ek net rooibok sou skiet.

Hier is fotos van die rooibok rammetjie:
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01275.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01276.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01281.jpg[/img]

Ek het hom op so 90m geskiet agter die blad, in die eerste foto kan mens die helder bloed streep sien soos hy bloed gegooi het. Ek het besluit om hom agter sy voorbene te skiet om vleis te probeer spaar. 375 doen sy ding :).

Die koedoe:
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01285.jpg[/img]

Hierdie was n ou bul. sy lyf se kondisie was baie swak! hy sou vrek binne hierdie jaar het ek gereken.
Het die dier baie jammer gekry! Hy kon nie sy kop heeltemal oplig nie weens hierdie kraaines horings.


EK WIL JULLE MANNE UITDAAG OM SY HORING LENGTE TE SKAT. Sal later verdere kommentaar lewer hieroor.
Sterkte....

Groete
Alwyn

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:14 pm
by .::Alwyn-U::.
Nog fotos volg:

[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01287.jpg[/img]

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:16 pm
by .::Alwyn-U::.

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:20 pm
by henried
Geluk. Die w?reld is groen daar...

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:25 pm
by Frederik
Ek gaan 'n wilde raai vat en se 53" jy het daardie bul 'n guns gedoen mooi gegooi.

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:28 pm
by Trevor
Baie mooi geskiet. Bokke met sulke horings is vir my mooier trofees.

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:29 pm
by .::Alwyn-U::.
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C01297.jpg[/img]

Was geskiet op 230m (rangefinder na die tyd) met my 375H&H - 260gr Nosler Accubond.

Kyk net daai eelt agter op sy nek. die arme dier...

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:30 pm
by .::Alwyn-U::.
Ongelukkig kan ek nie die horings hou nie, my friend soek hulle op die plaas. Ek gaan hulle wel inskryf oor n maand of so.

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 9:16 pm
by Marc
Alwyn

Dis nou iets besonders, jy het daai man 'n GROOT guns gedoen, hy moes maar swaar gelewe het. Dink net hoe druk 'n te klein skoen skoen jou voete sat binne minute, dink hoe moes die arme gevoel het.

Baie geluk, nie te min. Hy is baie spesiaal  ;)

Mooiloop
Marc

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 9:44 pm
by .::Alwyn-U::.
Thanks marc, ja ek het die dier baie jammer gekry toe ek dit sien alhoewel hy baie oud was! geen tande oor nie... 

die langste horing het 54,5" gemeet...  ongelooflik.. het dit 3 keer gemeet want ek kon dit nie glo nie.

Groete
Alwyn

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sat Aug 11, 2012 10:41 pm
by Herman Venter
Baie besonderse koedoe daardie!! Daardie soort bulle wat mens vir jare kan oor gesels!!

Baie geluk!

Re: Besonderse koedoe so op 'n lang naweek jag.

Posted: Sun Aug 12, 2012 11:39 am
by Stefan764
Saluut Alwyn! Well done mater...

Give that Animal n Bells  :angel: