Page 1 of 1
QL vir 25-06
Posted: Tue Aug 28, 2012 9:47 pm
by CR
Naand
Ek sal dit waardeur as julle my met volgende kan help , ek het nog nie herlaai om spoed te toets nie .
Zastava 25-06
600mm loop
sierra game king 100gr
pmp dop
H2o - 68.1
CCI 250
Tpl - 82 = 1mm van groewe
magasyn kas - 84.8
S365 l
Re: QL vir 25-06
Posted: Wed Aug 29, 2012 11:17 am
by tripodmvr
Ek het by jou 82mm gehou en gee 2 ladings wat jou naby 'n node behoort te bring. By die TPL is slegs 3mm van die skag in kontak met die nek van die dop en kan hardhandige voer van die rondte die konsentrisiteit maklik versteur. Ek sou dink 80mm sal 'n beter roep wees.
My aanbeveling is dat jy drie-vyf rondtes laai met 50gr en dan 'n groep skiet en die spoed bepaal. Dan het ons 'n beter idee van die brandtempo van die spesifieke lot kruit wat jy gebruik. Gewoonlik word 'n standaard primer vir S365 aanbeveel, maar laat ons sien wat die kombinasie doen.
Re: QL vir 25-06
Posted: Wed Aug 29, 2012 11:38 am
by CR
Tripodmvr
Dankie , moet ek maar CCI 200 verkry en daarmee laai ? Ek sal die naweek die resep probeer , baie dankie . Ek het altyd met Hornady 100gr voor 50gr S365 geskiet en baie goeie resultaat gehad (7-8MM op 100m tpl 79). Ons is besig om met ander skietklub te onderhandel vir interklub skiet dus die gejeukery met Match koeels .
Re: QL vir 25-06
Posted: Wed Sep 05, 2012 6:25 pm
by CR
tripodmvr
Ek het toe gelaai soos volg en 22mm groep gekry , die spoed is maar laag so wat stel jy voor ?
Zastava 25-06
600mm loop
lot 066 S365
50GR
TPL 80
CCI 250 primer
Sierra Match King 100gr(verskoon vorige gamekings)
spoed = 3009/3012/2998
PMP doppe
H2O =68.1
By voorbaat dank
Re: QL vir 25-06
Posted: Mon Sep 24, 2012 8:31 am
by CR
Oom Tripod
Weer probeer die keer met CCI 200 primers en tpl van 80mm + 51.7gr S365 = 35mm groepe. Toe gaan maak ek TPL 79 met 51gr S365 = 22mm groepe . Ek gaan nou met lading speel ek dink aan 50gr & 50.5gr S365 of dink jy ek speel verkeerde kant toe ?
CR
Re: QL vir 25-06
Posted: Mon Sep 24, 2012 9:03 am
by tripodmvr
As jy 2 elemente gelyktydig verander weet mens nie watter een het die verandering bewerkstellig nie. Hou jou TPL eers vas en dan kry ons optimum met lading. Nou doen jy die fyn verstellings met die TPL.
Ek gaan vir jou 'n uitdruk van QL per e-pos stuur. As jy nie e-pos op het nie sal ek jou eers 'n PM stuur. Let dat ek die TPL weer na 82mm verander het.
Re: QL vir 25-06
Posted: Wed Sep 26, 2012 11:11 am
by namhunt
Hallo
Ek het vir my 25 nou n nuwe loop laat opsit. Nou het ek so paar vrae.
1: Help met 'n lading asseblief.
Twist 1:10
Loop lengte 26.5
Kruit S365
Gr 48
Spoed 3300 fps
TPL 81.4
Case cap. 67.6
Koe?l 100gr SMK
2: Op 100m kry ek die groep.
Maar op 200m maak hy oop na omtrent 2 duim. Wat moet ek maak?
3: My free bore is baie kort. Op 'n TPL van 81.4 is ek al in die lands.

Tussen die dop en die lands is daar omtrent 1mm.
Moet ek nog dieper gaan met die seating?
Met die lading soos hy nou is, kry ek geen druk tekens nie.
Groete
Daan
Re: QL vir 25-06
Posted: Wed Sep 26, 2012 12:26 pm
by tripodmvr
Daan,
Die koe?l so naby aan die lande veroorsaak baie ekstra druk en daarom dat jy met so min kruit 'n baie ho? spoed gekry het. Toevallig is jy net oor die akkurate node en ek sal aanbeveel dat jy 47,5gr probeer vir 'n spoed van 3270vps. Kyk wat jy daarmee kan doen. Druk is by die piekdruk van die 25-06 en jy sal nie ho?r kan gaan nie.
Re: QL vir 25-06
Posted: Wed Sep 26, 2012 3:19 pm
by namhunt
Tripodmvr
As ek die lading laat sak na 47.5gr moet ek daarna nog dieper seat. Ek is bang om te diep te seat.
Groete
Daan
Re: QL vir 25-06
Posted: Wed Sep 26, 2012 4:37 pm
by tripodmvr
Los die ander veranderlikes vir eers net so. Jy kan later daar begin verstel. Skiet eers met 47,5 en al die ander afmetings soos by die eerste groep wat jy geskiet het.
Re: QL vir 25-06
Posted: Mon Nov 05, 2012 12:24 pm
by Wouter Roets
Daan
Wat se loop is dit wat jy op gesit het?
Groetnis
Wouter
Re: QL vir 25-06
Posted: Mon Nov 05, 2012 2:31 pm
by the kid
Sjoe ek sal wat wil ge vir so 100m groep.
Ek het ook al hieroor gewonder, dat hoe verder mens skiet die groep baie meer oop maak, behalwe vir al die groot tegniese verduidelikings, wonder ek of die scope vergroting en jou sig nie dalk 'n invloed het nie? Ek kan byvoorbeeld op 100m die kruishaar presies op die hoek van die blokkie sit, maar op 200m is dit glad nie meer so duidelik vir my nie. My groepe tussen 100m en 200m en 300m is nie in proporsie nie, bv. "n half duim op100m beteken nie dat ek 1 duim op 200m skiet nie, maar ek het maar net aangeneem dit is omdat ek nie die tyken so "crisp" kan sien soos op 200m nie? Maar dan het ek ook nog nie met 'n Nightforce of Swarofski geskiet nie.
Ek wonder maar net.
Sal graag wil hoor wat die slim manne hieroor te se het.
Re: QL vir 25-06
Posted: Mon Nov 05, 2012 3:08 pm
by namhunt
Wouter
Ek het 'n Krieger loop op. 1:10 twist
Groete
Daan
Re: QL vir 25-06
Posted: Mon Nov 05, 2012 6:35 pm
by Wouter Roets
Daan
Iets klop nie hier nie. Maak seker van die spoed want dit is ver uit van wat dit moet wees. Kyk of jy nie dit kan toets met n tweede crony nie.
Groetnis
Wouter
Re: QL vir 25-06
Posted: Tue Nov 06, 2012 9:39 am
by namhunt
Wouter
Ek sal laat weet sodra ek kans kry. Die naweke is redelik vol geboek.
Groete
Daan
Re: QL vir 25-06
Posted: Tue Jul 02, 2013 10:08 am
by namhunt
Manne.
Ek het die 47.5gr probeer maar dan maak die groep oop. 48gr 365 gee die beste groep. Spoed 3300, tpl 79.45.
My probleem is nou om 365 in die hande te kry. Watse lading kan ek gebruik met 355?
Twist 1:10
Loop lengte 26.5
Kruit S365
Gr 48
Spoed 3300 fps
TPL 97.45
Case cap. 67.6
Koe?l 100gr BT
My kamer is so 1mm korter as die standaard, dis die rede vir die min kruit en hoee spoed.
Groete
Daan