Ok manne, n kort oorsiggie.
Ek het toe met die 30 nulkwes gaan jag - toe ek Vrydag gaan koels koop om in te skiet die dag, verneem ek daar is nou net 2 pakke .270 130 gr oor. Toe besluit ek maar op 150 gr vir my nulkwes. Ek was nie spyt nie hoor!
Ons het toe 3 uur Saterdagoggend opgestaan en begin pak vir die Spitzkoppe konsessie skiet. Dit was net ek en n pel van my wat nog nooit gejag het met sy 30-06 nie. Die PH wie se konsessie dit is kon nie saam ons gaan nie, hy moes inderhaas erens Noord met n klient gaan jag.
Ons het 5 uur uit SKP gery, Arandis Diesel volgemaak en was so 06:30 by die Spitzkoppe - net toe die son wil kop uitsteek en die veld wakker word. Dit was my eerste keer daar, en ek het nie geweet wat om te verwag nie.
Eers het ons die konsessie gids opgetel 06:30 en bietjie uitgevra, en toe met n skok agtergekom daar is ZERO koelamers of afslaggeriewe daar nie - ek weet nie hoe kan die konsessie-houer so werk en ons nie vooraf gewaarsku het nie.
Dit het beteken ons hele dag en jag strategie moes verander, ons sou nie al die bokke kon jag wat ons moes / wou nie. Ons sou net tot 11:00 am kon skiet en dan moes ons afslag (pense in veld uitgehaal alreeds) en die bokke pak wat ons gejag het en terugjaag Swakop toe om die bokke in koelkamers te kry.
Gelukkig was dit lekker koel tot so 9 uur, maar toe raak dit warm, hel warm - teen 11 uur die oggend was dit 34 grade alreeds en ons moes inderhaas die 7 bokke wat ons gekry het afslag en pak en druk vir SKP.
Dit was n gejaagde jagtrippie - met die dat daar geen koelkamers was nie was ons uiters beperk op tyd. En ja manne - daai konsessie bokke weet wat gaan gebeur as daar n bakkie aankom met mense agterop - en hulle het hulle beste tekkies Saterdag aangehaad. Ons het nie een skoot onder 350 m gekry nie - uit die 7 bokke wat ons geskiet het was die meerderheid 380 - 420 m. Ek het mos darem Vrydag my 30-06 gaan instel met 150 gr en op 300 gezero - so ek het gerus gevoel en so gejag ook. Dit het darem nie te sleg gegaan nie, my pel met sy virgin 30-06 het darem 2 bokkies gekry met 6 skote, wat my impress het want sy geweer was op 200 m ingestel. Ons moes vir die Hoofman 2 bokke gee en dus het ons 5 huistoe geneem.
Die PH (konsessie houer) het my gese ons sal die laaste naweek in September weer gaan - dan is hy by en dan moet die konsessie uitgeskiet word (nog so 39 bokke) Maar die bokke word net so gegee vir die PB's (Plaaslike bevolking) So ons hoef nie oor slag en koelkamers te worrie nie - dis die PB's se probleem.
Aangeheg is n paar fotos - merk op ons morderne slaggeriewe asseblief - ten misnste was dit in die skaduwee. Vergelyk die 'standaard' springbok se horings met die 'exeptional' een se fotos - dan sal julle n idee kry van daai horings op die bok - ek het nog nooit sulke horings op n sprinbok in my lewe gesien nie.
Die horings is by die Hoofman in die konsessie gelos - die PH sal dit die week meet en indien dit wel Rowland Ward kwalifiseer, sal hy dit registreer - goeie reklame vir hom, want dit is n bok gejag in sy konsessie.
Alhoewel ons nou weens gebrek aan geriewe ons dag moes kortknip en dinge bietjie gejaagd was en nie aan ons verwagtinge voldoen het nie, was ek BAIE bly ek kon vinning n paar bokke loop jag die dag, en dat ek in die veld was, eerder asom tuis te bly en te kyk hoe die ander Sprinbokke teen die Aussies pak gekry het...
