Page 1 of 1

Avontuur jag Namibie.

Posted: Sun May 23, 2010 12:10 pm
by tau
Het in die Karasburg distrik by skoonma gejag nadat ek paar dae bees gewerk het. Die plaas het vrystelling so ek kon darem kudu jag.
Die suide soos vanjulle weet het nie monster bulle soos die khomas area en Noorde nie. In teendeel die plaasbestuurder en my swaer het so innie mou gelag toe ek se ek wil 'n "groot" suide bul skiet.
Nie sulke reuse trofees nie, maar als op voet gejag met rugsakke met kos, slaapgoed, water etc en gewere.
Ek het so 14 km gestap agter die kudu aan en glo my ek was pap. Daar was 2 ons het besluit op die een met die kleiner horings met die dieper draaie. Hierdie ouens het ons sker vir 6km bekruip. Hy en sy makker is nie verniet so oud en mooi geraak nie. Die wind was reg die son en die veld bedekking, maar toe ek hulle die eerste keer so 600m vanaf ons sien het hulle klaar van ons geweet. Ons moes verby koeie met kalwers bekruip wat ons nie rerig opgelet het nie, maar die 2 groot bulle was amper te skerp vir ons. Ek het hom skuin teen berg op geskiet. Moes hom boonop hoog vanaf 'n berg afsleep oor rotse en deur slote.
Ek moet se dit was bitter lekker en glo my as jy moeg is wil die scope nie stil nie.
Image
swaar gelaai en nog nie moeg nie!!!!!
Image
Julle kan sien op die foto ek is vaal in die gesig en vrek moeg. Die bul was bitter taai nadat ek hom op 260m met die 7mmm rem mag geskiet het het ek eers gedink dis mis en dadelik weer geskiet aangesien ek gedink het hy gaan oor die berg hardloop.

Geen voertuig kon naby ons kom nie so dit verander nogals jou taktiek erg.
Image
Ek skiet glad nie kleinwild nie, maar op voet het ek besluit na die suksesvolle kudu jag dat as ek 'n mooi rammetjie sou kry sou ek 'n kans waag. 216m hy is gekuip en gesout maar nog nie gemeet nie. Ek is glad nie een vir mounts nie, maar e dink ek gaan die Klipspringer opstop as herhinnering aan die moe jag!!!

Re: Avontuur jag Namibie.

Posted: Sun May 23, 2010 12:35 pm
by Robert
Tau

Dit is mos nou jag!!!!!

Geluk met die sakkie.

Robert

Re: Avontuur jag Namibie.

Posted: Sun May 23, 2010 1:29 pm
by Tiny
Tau

Ek het nogal baie respek vir ouens wat so jag. Dit moes 'n hengse ervaring gewees het en dit klink baie lekker.
Baie geluk!!

Tiny

Re: Avontuur jag Namibie.

Posted: Mon May 24, 2010 9:07 pm
by tau
Dankie manne

Baie manne op die forum skiet seker meer wild in een aand as meeste mense in ,n leeftyd. Iemand soos ek wat ver van die plaas is geniet dit om so nou en dan te help uitskiet en bakkie vol te skiet, maar as ek min tyd het en ek is rerig keelvol vir die werk en al die stress verkies ek een of twee bokke op die harde manier maa lekker kop skoon en geniet net die veld.

Ek gaan darem laat junie weer SWA toe en dan sal ek gaan jakkies roep en bokke uitskiet.

Ek wil graag mense wat nie jag nader na die sport met die "Avontuur jag" ding.

Re: Avontuur jag Namibie.

Posted: Mon May 24, 2010 9:45 pm
by Francois Marais
Tau

Mooi man, LEKKER jag. Daai Klippie van jou is sommer n YSTER, so 10.5cm, miskien amper 11, behoort GOUD maklik te maak.

Mooi loop
Francois